R800 000 ná vrou in mangat val

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

Maria du Plessis, ʼn 58-jarige vrou van Despatch naby Port Elizabeth, sal meer as R800 000 in skadevergoeding ontvang nadat sy in ʼn mangat geval en ernstige beserings opgedoen het.

Die hooggeregshof in Port Elizabeth het Vrydag die bevel uitgereik nadat Du Plessis, verteenwoordig deur adv. Pieter Mouton, en die Uitenhage- administratiewe eenheid van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, ʼn ooreenkoms bereik het.

Volgens hofdokumente het Du Plessis op 20 Maart 2013 op die sypaadjie in Mainweg in Despatch geloop toe sy in die onbedekte mangat geval het. Volgens die eis was die mangat nie gemerk nie en gevolglik ʼn gevaar en potensiële risiko vir voetgangers. Volgens die eis was die munisipaliteit nalatig omdat hy versuim het om voorsorgmaatreëls te tref om persone te beskerm wat op die sypaadjie loop.

Du Plessis het verskeie beserings opgedoen, waaronder skraapmerke aan haar elmboë, ʼn rugbesering, ʼn diep sny aan haar linkerknie en beserings aan albei haar bene. Volgens die eis het sy reeds R6 000 aan mediese onkoste spandeer, maar toekomstige mediese uitgawes beloop na beraming R150 000. Die verlies aan inkomste beloop ongeveer R400 000 en sy het ook algemene skade geëis, soos liggaamsgebrek, pyn en sielkundige lyding ter waarde van R350 000.

Die munisipaliteit het aanvanklik enige nalatigheid ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

REGINA ·

Welgedaan, waar daar n wil is, is daar n weg! Sulke nalatigheid kan nie ongestraf gelaat word nie! Uitstekend dat sy hul laat vervolg het tot by Oom Daantjie in die kalwerhok! Hul sal nie weer so n “foutjie” begaan nie!

Wat-ek-lees ·

Voor die MediClinic in Vereeniging is daar ook ‘n merske gat van sowat 1,5m diep. Nog soortgelyke gate is op ander plekke maar skynbaar maak dit nie veel indruk om reg te maak.

Edith Muller ·

Ekurheleni munisipaliteit laat na om water aansluiting oor te dra na huurder se naam nadat huurder aansluitingsgeld betaal is. Huurder ontvang dus geen rekening vir verbruik van water nie na aanleiding van nalatigheid van munisipaliteit. Nou word die eienaar aangeskryf vir die waterverbruik van die huurder deur die munisipaliteit se nalatigheid R17000 is nie n grap om te betaal vir ander se nalatigheid nie. Is dit n fout van die munisipaliteit of is dit tiperend van die onvermoe om verantwoordelikheid vir jou foute te neem.

André ·

Wat het die persone wat daarvoor verantwoordelik was, oorgekom. Van die toesighouer tot die werker behoort die bedrag as straf te betaal, al word dit oor n tydperk verhaal, sodat ander daaruit kan leer en verantwoordelikheid vir hul optredes aanvaar.

Charne ·

Ek stem saam Andre. N werknemer leer gou as jy aan sy salaris vat. Disiplinere stappe en aksies help deesdae MIN !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.