R800 000 vir Norma Gigaba se ‘inkopietogte’

Norma Gigaba, Malusi Gigaba se vrou, tydens die staatsrede by die parlement (Februarie 2017). Foto: GCIS

Belastingbetalers het meer as R800 000 opgedok vir oorsese reise wat Norma Gigaba, die vrou van Malusi Gigaba, voormalige minister van finansies, onderneem het.

Die DA het dié onthulling in ʼn verklaring op die party se webwerf gemaak. Volgens die DA is ʼn verbysterende R873 366 bestee aan wat die party bestempel as Norma se “interkontinentale inkopietogte”. Die geld is glo uitgegee terwyl Norma haar man op internasionale beleggersveldtogte vergesel het.

Die nasionale tesourie het pa gestaan vir die allemintige bedrag.

“Die voormalige minister van finansies, wat verantwoordelik was vir die instelling van kostebeperkingsmaatreëls en gereeld gemaan het vir verhoogde doeltreffendheid in die bestuur van openbare geld, moes ʼn voorbeeld gestel het wanneer dit kom by kostebesnoeiing in Suid-Afrika,” lui die verklaring.

Die DA sê dit het in ʼn antwoord op ʼn parlementêre vraag aan die lig gekom dat dié geld bestee is toe Norma vir Malusi na die finansiële hoofstede van die wêreld in China, die Verenigde Koninkryk en die VSA vergesel het.

“Die feit bly dat Norma Gigaba geen amptelike pligte by die beleggersveldtogte gehad het nie en dat belastingbetalers wat reeds deur belastingverhogings tot op die uiterste gedruk is, nooit behoort op te dok vir ʼn reeks interkontinentale inkopietogte nie.”

Die DA meen selfs al strook dié uitgawes met die riglyne soos in die ministeriële handboek uiteengesit, was dit verkeerd en “die minister moet die regte ding doen en die geld aan die nasionale tesourie terugbetaal”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Eish ·

Genade tog, mense vergaan van honger, werkloosheid tier so n rankplant voort en dan dit.
Ek gee in totaliteit op met die kankerbestuur.

Johann ·

Sies. Julle is lelik met haar. Syt iets anders verstaan toe sy gese is hulle is daar op n beleggings toer. Syt bloot gaan BELE… met ons hardverdiende belasting geld. En so is daar NOG feite teen die bevoegdheid van Gigaba… maar CR hou hom aan? Wat weet hy van wie om steeds n Minister te wees? ANC LEGACY van mags en geld vergrype sonder gevolge

KG ·

Dis wonderlik dat ons nou bewus is daarvan…..dit gaan ongelukkig net mooi niks verander of enige iets aan gedoen word nie.

hendrik ·

KG, daar kan maklik iets aan gedoen word. Hou op belasting betaal.

Blommie ·

Moenie vir my se daai stukkie lap wat sy aan het vorm deel van daai belaglike bedrag nie.
Terwyl daar mense is wat nie eers behoorlik van die hand tot die mond kan lewe nie.
Hierdie is n sefbehepte land met hand in eie boesem, de hel met jou mede mens.
Maar kan nie kwaai word nie. ons word dan geleer om te kry en te vat sonder om te betaal in die land. Met dit gese, kan ek wel se die wat dink grondonteiening sonder vergoeding gaan nie gebeur nie. Moet weer dink! daar is klaar n president geskep en om daai president te smeel gaan baie bloed kos!

Gustav ·

Wat ek nie verstaan nie die huidige swart elite gee niks terug aan hulle gemeenskap terug waar hulle vandaan kom nie, die staat kon al lankal werk geskep het met DRP huise, deur om die gemeenskap waar dit gebou word op te lui om huise te bou en hulle te betaal as om gebruik te maak van hulle maaitjies wat in elk geval nie n idee het hom om te bou nie

SjN ·

Voel niks vir die op voetsoolvlak wat sterf van die honger nie en dan word daar weer vir hulle gestem, kan hu oe nie oopgaan nie.

marous ·

En daar is geen woord van regerings kant af nie , want hoe kan die pot die ketel verwyt….

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit is onverskoonbaar en hy moet die geld terugbetaal. Sy het geen bydrae gelewer nie en die meneer met sy mooi kleertjies het ook geen gewete nie . Sommige mense word die pinkie gegee en dan gryp hulle die hand . Gigaba het buitendien vir die parlement gelieg en hy moes lankal in die pad gesteek gewees het . Korrup tot op die been.

Liza ·

Vrot van die wortels af! Die is nou ‘n voorbeeld van doen wat ek se en nie wat ek doen nie! Reels geld net vir sekere mense en as hulle daarmee kan wegkom is hulle baie gelukkig, net spyt as hulle gevang word! Sies! Pay back the MONEY!

Penellope Jones ·

Ek kan nou regtig nie sien hoekom ek vir haar kleertjies moet betaal nie, nog minder die duur vervoer om by die winkels uit te kom . . . . . . . . . .

Boerseun ·

Dat europeans must go back to their land and leave what they stole here, like Johnny Walker, Breitling, BMW, Merc-Benz and dat nice shopping malls called London and Paris.

BenaYaHU ·

As die “Goyim” maar tog net wil ophou kla en begin besef, en DAAROP REAGEER!, dat belasting onwetig (‘UNLAWFUL’) geimplementeer word (doen gerus ‘n eie studie/navorsing tov. “banking” and “money”), asook ophou om skuldig/vreesbevange te voel weens gemeenskapsdruk, en ook begin om die “Bybel” in konteks te verstaan/bewys (en besef dat dit wat deur hul valse leraars as hul “plig” as “gehoorsaame christene” en “goeie burgers” voorgehou word op verkeerde afleidings geskoei is) kan dit beslis die ‘status quo’ verander.. Diesulke verandering egter is nie iets wat “gehoorsame, goeie landsburgers” mos sommer so aanvaar of toepas nie .. veel eerder vreesbevange en vasgevang in hierdie matriks van slawerny .. met vele verskonings en redes om NIE tot optrede/aksie oor te gaan nie.
As die mensDOM tog maar net wil besef wat WERKLIK agter die skerms gebeur .. maar soos genoem, te moeilik .. tog veel makliker om te kla en aan te gaan soos gewoonte vereis.
Dit is egter NIE volhoubaar, veral op die Afrika-kontinent nie .. die emmer word slegs straataf geskop.
As mense eerder bewus kan raak van wat WARE anargisme werklik voorstaan/beteken (en nee, dit is NIE “chaos” of “geweld” nie — Etimologie is ‘n REAL EYE OPENER! )
Misleiding & verdraaiing dmv. woorde is alledaags! Tyd om te ontwaak en die rooi pil te sluk..
Groete

Uvonka ·

Ons belastingbetalers se geld word so verkwis en dan het hulle die vermetelheid om ons te blameer ondat hulle mense nie kos of woonplekke het nie. Regtig?????

AD ·

Julle maak ons dood met inkomste belasting, VAT en alles word gelig en dan besef mens 45% van die jaar werk jy vir hierdie mense wat dit vat en iets gaan doen wat jy nooit sal kan nie. Volgende besoek Hell?

Malva ·

Uitspattige spandabelheid is pervers en immoreel gegewe die 100 000de wat niks het!!!!

Laurika ·

Besef julle dat daai R880 000 ‘n volle maaltyd ter waarde van R44.00 elk kon gewees het vir 20 000 mense? 20 000 mense kon met ‘n vol maag gaan slaap het – maar die vrou wil eerder shop. Dis skokkend.

Toekie ·

I rest my case!!! Meer mense dink gelukkig so! Ek dankbaar en baie bly!!

Die Skim ·

Dit wil vir my al hoe meer voorkom dat die mense nie die waarde van geld ken nie .

FM ·

Ons en die opposisie moet maar net aanhou om aan te hou om die wurms uit die kas oop te flek. Ons moet alles wat julies en die anc aanvang internasionaal aan die groot klok hang. Mense wat redelik is, moet deur die opposisie ingelig word mbt die ekonomiese anargie wat deur veral julies en eff anargiste veroorsaak . word. Elke gebou, bus, vragmotor of motor wat uitgebrand word, veroorsaak verreikende nadelige gevolge vir SA. Intrenasionaal gaan SA die status as muishond van die wêreld kry. Hier kom n tweede zimbabwe.

Ella ·

Maroela skuif asb die “rapporteer” knoppie. Ek blaai links en tik dit telkemale raak. Ek wil niks en niemand ” rappoteer”

Oom Kalahari ·

Norma Gigaba se skoene lyk pragtig. Sy is seker afstammeling (familie) van Grace Mugabe. Betaal maar die geldjies terug aan die tesourier en wees darem ‘n eerlike landsburger.

Lana ·

Sjoe, die rokkie lyk maar min. R 800 000 was seker nie genoeg. Kolonialiste maak ook nie meer vandag ordentlik klere.

Geskok ·

Absolute sinnelose gesdrag en denke!! Dan staan die agbare voormalige minister van finansies in die parlement as botter nie in sy mond kan smelt nie. Selfvoldaan!!! en sy vrou jol met ons geld! SKANDE OP SKANDE!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.