R800 000 vir Norma Gigaba se ‘inkopietogte’

Norma Gigaba, Malusi Gigaba se vrou, tydens die staatsrede by die parlement (Februarie 2017). Foto: GCIS

Belastingbetalers het meer as R800 000 opgedok vir oorsese reise wat Norma Gigaba, die vrou van Malusi Gigaba, voormalige minister van finansies, onderneem het.

Die DA het dié onthulling in ʼn verklaring op die party se webwerf gemaak. Volgens die DA is ʼn verbysterende R873 366 bestee aan wat die party bestempel as Norma se “interkontinentale inkopietogte”. Die geld is glo uitgegee terwyl Norma haar man op internasionale beleggersveldtogte vergesel het.

Die nasionale tesourie het pa gestaan vir die allemintige bedrag.

“Die voormalige minister van finansies, wat verantwoordelik was vir die instelling van kostebeperkingsmaatreëls en gereeld gemaan het vir verhoogde doeltreffendheid in die bestuur van openbare geld, moes ʼn voorbeeld gestel het wanneer dit kom by kostebesnoeiing in Suid-Afrika,” lui die verklaring.

Die DA sê dit het in ʼn antwoord op ʼn parlementêre vraag aan die lig gekom dat dié geld bestee is toe Norma vir Malusi na die finansiële hoofstede van die wêreld in China, die Verenigde Koninkryk en die VSA vergesel het.

“Die feit bly dat Norma Gigaba geen amptelike pligte by die beleggersveldtogte gehad het nie en dat belastingbetalers wat reeds deur belastingverhogings tot op die uiterste gedruk is, nooit behoort op te dok vir ʼn reeks interkontinentale inkopietogte nie.”

Die DA meen selfs al strook dié uitgawes met die riglyne soos in die ministeriële handboek uiteengesit, was dit verkeerd en “die minister moet die regte ding doen en die geld aan die nasionale tesourie terugbetaal”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

29 Kommentare

jongste oudste gewildste
Eish

Genade tog, mense vergaan van honger, werkloosheid tier so n rankplant voort en dan dit.
Ek gee in totaliteit op met die kankerbestuur.

Johann

Sies. Julle is lelik met haar. Syt iets anders verstaan toe sy gese is hulle is daar op n beleggings toer. Syt bloot gaan BELE… met ons hardverdiende belasting geld. En so is daar NOG feite teen die bevoegdheid van Gigaba… maar CR hou hom aan? Wat weet hy van wie om steeds n Minister te wees? ANC LEGACY van mags en geld vergrype sonder gevolge

KG

Dis wonderlik dat ons nou bewus is daarvan…..dit gaan ongelukkig net mooi niks verander of enige iets aan gedoen word nie.

Blommie

Moenie vir my se daai stukkie lap wat sy aan het vorm deel van daai belaglike bedrag nie. Terwyl daar mense is wat nie eers behoorlik van die hand tot die mond kan lewe nie. Hierdie is n sefbehepte land met hand in eie boesem, de hel met jou mede mens. Maar kan nie kwaai word nie. ons word dan geleer om te kry en te vat sonder om te betaal in die land. Met dit gese, kan ek wel se die wat dink grondonteiening sonder vergoeding gaan nie gebeur nie. Moet weer dink! daar is klaar n president geskep… Lees meer »

Gustav

Wat ek nie verstaan nie die huidige swart elite gee niks terug aan hulle gemeenskap terug waar hulle vandaan kom nie, die staat kon al lankal werk geskep het met DRP huise, deur om die gemeenskap waar dit gebou word op te lui om huise te bou en hulle te betaal as om gebruik te maak van hulle maaitjies wat in elk geval nie n idee het hom om te bou nie