R85 miljoen se kokaïen by PE hawe gevind

Argieffoto: Pixabay.com

Owerhede het die afgelope naweek op meer as R85 miljoen se kokaïen beslag gelê wat in die panele van vriesgeriewe op skeepshouers in Port Elizabeth se hawe versteek was.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het Maandag gesê twee verdagte skeepshouers was op ʼn skeepsvrag wat die naweek uit Ecuador in Suid-Amerika by die Ngqura-hawe in die Baai aangekom het.

ʼn Intelligensiegedrewe en multidissiplinêre span het vermoed dat dwelms in dié houers versteek is en het die vrag by die hawe ingewag.

Die span het opdrag gegee dat die betrokke houers afgelaai en oopgemaak word. Die houers was vol piesangs wat na Kaapstad verskeep moes word.

Volgens Mogale is bokse piesangs binne en buite die houers nagegaan. Die vriesgeriewe van een van die houers is ondersoek en die span het op ʼn versteekte kompartement in ʼn vrieskas afgekom.

“Terwyl die span van die paneelwerk verwyder het, het hulle op pakkies in bruin kleefband toegedraai, afgekom. Die paneelwerk is verwyder en altesaam 40 pakkies, wat positief vir kokaïen getoets het, is in albei die houers ontdek,” het Mogale verduidelik.

Verdere ondersoek het daarop gedui dat nog twee houers met piesangs in dieselfde verpakking op dieselfde vrag as die eerste twee houers by die hawe aan land gekom het.

Mogale vertel dat ʼn snuffelhond Sondag omstreeks 01:00 positief op dieselfde tipe koelpanele as die vorige twee houers gereageer het.

Die span het gevolglik die panele verwyder en nog 45 pakkies wat in bruin kleefband toegedraai is, ontdek. Dit het ook positief vir kokaïen getoets.

Volgens Mogale is gedurende die klopjag op altesaam 85 pakkies met ʼn geraamde gewig van 85 kg en ʼn geskatte straatwaarde van R85 miljoen beslag gelê.

ʼn Ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

EKKE ·

Veels geluk aan die spanne wat so op en wakker was. Dink net hoeveel lewens sou hulle verwoes het met al daardie gemors.

Jan ·

Wat word van al die dwelms wat altyd so gekonfiskeer word? Iemand wat weet asb.

Pottie ·

Die ondersoek beamtes verkoop dit weer jy bly in suid afrika

Spark Plug ·

Nee maar dis “cool” dat hulle die dwelms in die vriesgeriewe kry.

Dan ·

Welgedaan.. Ek slaan my hande saam in Genade dat dit opgespoor word voordat dit nog lewens en gesinne/ families/ virende verwoes..

Jan, bly dit nie maar in die forensiese kantore waar alle ‘bewyse’ gebêre word nie? Dit is ‘n goeie vraag.. Weet dit word soms gebruik weer as lokaas vir toekomstige vastrekkings..

Magda ·

Mooi man – Baie dankie aan almal wat hier betrokke was – dit is wat ons wil lees. Hoop nou net daar sal arrestasies ook volg.

Gert van Wierdapark ·

Geluk met die dwelm-fonds!!! Piesangs moet ten alle koste mooi opgepas word, want dit kan in ons Republiek nog Suid-Afrika se nuwe “Bit-coin” = vasbyt-ruilmiddel, word!!

Dafer ·

Nou wil jy meer? Dit is duidelik misdaad hierdie, en hulle is gevang. Hoekom is hulle gevang, en so baie ander misdaad (korrupsie, ens.) vind in die land plaas, maar die skelms word nie gevang nie? Dit lyk vir my of die regering misdaad slegs beveg as hulle self nie betrokke is nie!

Blommie ·

Dan en Jan die word gebere tot die ondersoek afgehandel is en dan vernietig hulle dit onder polise toesig.

ProotGraat ·

Niks en niemand is gered nie, die volgende batch is al op pad …

Ewald Boyce ·

None of you seem to know how this works they give up the “small” mule to pull all the attention while the real prize gets through this bust is a small sacrifice for them to pay!

Isabel Lombard ·

Veels geluk … hou aan met jul goeie werk … dwelms vernietig ons jeug…

JR ·

Dit word weer herwin daarom kan hulle nie die dwelm probleme oplos nie want daar is nou al seker meer dwelms in ons land as wat daar mense is wonder maar net

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.