R9 miljoen-inspuiting vir Majakaneng

Betogings in Majakaneng, Noordwes (Februarie 2015) Foto: @trafficsa, Twitter

Betogings in Majakaneng, Noordwes (Februarie 2015) Foto: @trafficsa, Twitter

Altesaam R9 miljoen is opsy gesit vir die ontwikkeling van waterinfrastruktuur in Majakaneng in Noordwes.

“ʼn Kontrakteur was reeds op die perseel om seker te maak dat die watertoevoer teen die einde van volgende week herstel sal wees in Majakaneng,” het Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, Saterdag aan inwoners gesê. “Ons moet verenig bly as ʼn samelewing en ons energie fokus op versoening en om ons provinsie te vernuwe.”

Hy het die inwoners gemaan om met die kontrakteur saam te werk en gesê die proses sal in verskeie fases plaasvind: fase 1 behels die kontrakteur en fase 2 deur die R9 miljoen te allokeer. Hy het gesê sy kantoor werk saam met die departement van water en sanitasie, Magalies Water en Sedibeng Water.

Tegnici is Donderdag na Majakaneng gestuur om waterprobleme in die gebied op te los, na gewelddadige betogings die afgelope paar dae waartydens inwoners water en elektrisiteit geëis het. Betogers eis al jare lank water in die gebied. Een van die inwoners het verlede jaar gesê hulle het laas in 2005 water in die gebied gehad.

Betogers het Maandag twee uitlanders se winkels geplunder en ʼn bus aan die brand gesteek, en dele van die N4 versper. Sewe mense is in hegtenis geneem en staan moontlik tereg op aanklag van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

Mahumapelo se kantoor het gesê lede van die gemeenskap wat Saterdag se vergadering bygewoon het, word gemaan om leerlinge toe te laat om terug te keer skool toe, aangesien ʼn ontwrigting van skole nie ontwikkelend is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Wat ‘n grap!! Hulle het in 20 jaar nie gebodder om water aan te lê nie. Wat dink hulle gaan hulle met R9 miljoen kan doen. Die kontrakteur gaan ten eerste ten minste 70% in sy sak steek voordat een pyp vir water aangelê word. Vind ook eers uit wie die kontrakteur is.

Swanna ·

Net soos jy daar sè Christa. Maar die verskil is die kontrateur kry 70% van die geld voordat hy enige werk doen tot 80% daarvan. Dit is die norm hoe dit gedoen word. Dit gaan seker weer ‘n boetie van ‘n boetie wees wat die konrtak gaan ontvang soos ons nou al geleer het en dan word die werk net begin en woeps weg is die kontrakteur, niemand weet waar hy is nie.

ig ·

Nee wat,oor 6 maande is die helfte toerusting gesteel ,die konrakteur het pad gevat met sakke vol geld en die amptenare het weer lekker sakke vol gemaak.Watch this space.

JZ ·

Danksy die ANC se swak regering en bestuur verval alles.VIVA DIE ANC,!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.