R9 miljoen se perlemoen in Limpopo gevind

(Foto: SAPD Limpopo)

Die polisie in Limpopo het ʼn man Dinsdagoggend in hegtenis geneem en beslag gelê op perlemoen ter waarde van ongeveer R9 miljoen.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê misdaadintelligensie, die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), die plaaslike kriminele rekord-sentrum en reaksiedienste het inligting opgevolg oor onwettige aktiwiteite in en rondom Polokwane.

“Een verdagte is in hegtenis geneem toe die vragmotor wat hy bestuur het, op die N1-noord in die Westenburg-polisiëringsgebied, net ʼn paar kilometer buite die stad, voorgekeer is. Die span het die vragmotor deursoek en op 76 bokse perlemoen afgekom.”

Die beamptes het ook die vragmotor geskut.

“Die vonds is aan inspekteurs van die departement van landbou, bosbou en visserye oorhandig.”

Die 35-jarige man sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Polokwane verskyn. Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kokerboom ·

Die drywer is net koerier. Dwing info oor baasbreine uit hom uit en vang hulle

Samuel ·

Waarom word plaasaanvalle met soveel ywer opgevolg nie? Daar is dikwels inligting wat onmiddellik opgevolg kan word.

Marcello ·

As ek so ‘n berig lees. wonder ek altyd “Wat word van die Perlemoen wat dan afgevat word”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.