Foto’s: R9 miljoen se vervalste goedere gevind

Die klopjag in Bellville Foto: Wes-Kaapse Polisie (verskaf)

Die klopjag in Bellville Foto: Wes-Kaapse Polisie (verskaf)

Die polisie in Bellville, Kaapstad, het Donderdagoggend op die middestad toegeslaan en beslag gelê op vervalste goedere ter waarde van minstens R9 miljoen.

“Die polisie het ook beslag gelê op onwettige sigarette ter waarde van R500 000 en ses bokse Khat,” het kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Altesaam 20 onwettige immigrante is in hegtenis geneem.

“Twee mans van Ethiopië, onderskeidelik 28 en 29 jaar oud, is in hegtenis geneem in verband met die besit van dwelmmiddels en onwettige sigarette,” het hy bygevoeg.

Die afsper- en soek-operasie is gelei deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Beamptes van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, metropolisie, verkeersdienste, Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die departement van binnelandse sake en handelsmerkspesialiste het ook deelgeneem.

ʼn Soortgelyke operasie is in Parow uitgevoer en sewe persone is in hegtenis geneem in verband met gesteelde goedere, dwelmmiddels en vervalste goedere. “Die polisie het beslag gelê op vervalste goedere insluitend CD’s, skootrekenaars en kameras.”

Genl.maj. Thembisile Patekile, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die gesamentlike poging geprys. “Ons doel met die operasies is om wet en orde te herstel,” het Patekile gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

J.Z ·

!0/10 vir die polisie en almal wat gehelp het om die misdadigers aan tekeer.Fantasties.

THEA SWART ·

fantasties!!!!!! sal net graag wil weet wat maak hulle met hierdie goed wat hulle so konfiskeer?
beland dit op die ou einde van die dag in iemand se besit? of raak dit ook stelselmatig weg soos die wapens?

Eish! ·

Dink ek is dom. Die skootrekenaars? Vervals of gesteel? Ek vra want ek het nie een en begeer nog net een.

chris theron ·

Het nogal gewonder oor die “goedkoop” produkte tydens ons kuier in RSA..aptekers ware 60% goedkoper op straat as in winkels…die meeste uitlanders wat stalletjies bedryf .

JoeV ·

Knap gedaan. Wanneer raak dit onwettig om vervalste goedery te besit? As verbruikers aanhou om vervalste goedere te koop sal daar ‘n mark wees, net soos met dwelms. Saps kan maar al die “China malls” dagliks besoek, die wortel van ons ekonomie se toestand.

Sollie ·

JoeV en hul kan gerus al die anties wat so gereeld Bangkok toe vlieg se bagasie en bokse vrag deursoek – PROPVOL nagemaakte Nike, Billabong, ens ens… die anties kom verkoop hier, doen hul kombuise oor en so aan! Ek het so ‘n antie geken en geweier om by haar te koop!

Griet ·

Interessante inligting vir die ouens (soos ek) wat dit nie geweet het nie.
Khat (Catha edulis) is plant wat natuurlik voorkom in die sg. “Horing” van Afrika. (Djibouti, Eritrea, Ethiopië en Somalië) dit is ‘n amfetamien verwante stimulant, minder verslawend as Canabis, Alkohol en Nikotien en ook minder skadelik as al die voorgenoemde – aldus die WGO.
In sekere lande is dit ‘n beheerde middel (Kanada, Duitsland en die Verenigde Koningkryk). In sekere lande, (onder andere die lande waar die plant natuurlik voorkom) is dit wetting om dit te kweek, verkoop en te gebruik. in SA is dit ‘ n verbode middel.
Kort termyn effekte: wakkerheid (“alertness”), verhoog konsentrasie, veroorsaak hiperaktiwiteit, slaaploosheid, onderdruk eetlus, verhoog hartklop en bloeddruk.
Lang termyn effekte: depressie, verhoog die risiko van ‘n miokardiale infarksie (hartaanval), mondkanker.

pop ·

Thea moenie wonder wat word van die goedere nie, Die polisie gaan almal met nuwe klere pronk. Ek weet nie wat pla dit so as ulle vervalste klere verkoop nie. Ten minste breek ulle nie in en steel nie. Die dwelms is n ander saak, hulle verdien doodstraf daarvoor.

Griet ·

Kom ons probeer WEER:

Interessante inligting vir die ouens (soos ek) wat dit nie geweet het nie.
Khat (Catha edulis) is plant wat natuurlik voorkom in die sg. Horing van Afrika. (Djibouti, Eritrea, Ethiopië en Somalië) dit is ‘n amfetamien verwante stimulant, minder verslawend as Canabis, Alkohol en Nikotien en ook minder skadelik as al die voorgenoemde – aldus die WGO (Wêrel Gesondheids Organisasie).

In sekere lande is dit ‘n beheerde middel (Kanada, Duitsland en die Verenigde Koningkryk). In sekere lande, (onder andere die lande waar die plant natuurlik voorkom) is dit wetting om dit te kweek, verkoop en te gebruik. in SA is dit ‘ n verbode middel.

Kort termyn effekte: wakkerheid (“alertness”), verhoog konsentrasie, veroorsaak hiperaktiwiteit, slaaploosheid, onderdruk eetlus, verhoog hartklop en bloeddruk.
Lang termyn effekte: depressie, verhoog die risiko van ‘n miokardiale infarksie (hartaanval), mondkanker.

Elfie ·

Dankie Griet! Heel interessant. Dus is dit wel skadelik vir mens al wil sg eerstewêreldlande dit dan nie erken deur die gebruik daarvan toe te laat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.