R96.6 miljoen vir droogte-verligting

Argieffoto

Argieffoto

Die regering sal nog R96.6 miljoen beskikbaar stel om met droogteverligting landswyd te help, het Jeff Radebe, minister in die presidensie, Donderdag gesê.

“Dit sluit die aankope van 45 watertenkers vir die verspreiding van water aan betrokke gebiede, boorgate en rehabilitasie, waterbesparing en waterbronaanvullings in,” het Radebe aan verslaggewers gesê tydens ʼn tweeweeklikse kabinetsvergadering in Kaapstad.

Die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming sal ook die hervestiging van vee na staatsbeheerde grond toelaat, “waar daar steeds beter weiding beskikbaar is”.

Radebe het Suid-Afrikaners gemaan om ag te slaan op waterbesparingsmaatreëls. “Dit sluit waterbeperkings, prioritisering van waterlekke, om reënwater te versamel en die gebruik van gryswater vir besproeiing in.”

Pres. Jacob Zuma het Donderdag in die parlement gesê die droogte is nog nie ‘n nasionale ramp nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Daan Erasmus ·

Let mooi op. Nie n woord van voer of word van boere gepraat nie. Net water en tenkers.

HEVW ·

Mens wil nie negatief wees nie, maar daar moet gewaak word soos die stroompie van hulp vloei kan daar krane wees wat lek sodat die regmatige hoeveelheid sy eindbestemming nie bereik nie. Moet Agri forum nie maar in beheer van die droogtehulpskema geplaas word nie?

Rosa ·

45 water tenks vir verspryding na SEKERE gebiede…raai waar dit is, en dit is natuurlik as hulle gelukkig is om reën te kry vir die tenks. Niks genoem vir boere nie .

Aggie ·

wat van die veevoer en die boer wat die belasting betaal? Kry hy iets terug?

Johannes Meintjes ·

Gaan elke sent hiervan vir die regte (nie heeltemal duidelike) doel en resultaat aangewend word? Hoeveel gaan in ministers, amptenare en kontrakteurs se sakke verdwyn?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.