R967 miljoen vir historiese studieskuld verwelkom

naledi-pandor

Naledi Pandor. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die besluit van Naledi Pandor, minister van hoër onderwys en onderrig, om R967 miljoen te bewillig om historiese studieskuld van NSFAS-studente te vereffen, is deur verskeie rolspelers verwelkom.

Die National Education, Health, and Allied Workers’ Union (Nehawu), die Onderwysstigting vir Maatskaplike Geregtigheid (ESJF) en die Nasionale Jeugagentskap (Nyda) het almal die aankondiging verwelkom wat hulle meen studente sal help om hul studie in die beskikbare tydperk te voltooi.

Die departement van hoër onderwys en onderrig het Sondag aangekondig ʼn bykomende R967 miljoen sal aan die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) gegee word om die historiese studiegeld wat 52 514 NSFAS-studente aan universiteite skuld te betaal.

Die geld is spesifiek om studente te help wat deur die vorige befondsingskema van NSFAS befonds is, maar nie ingesluit is by die verbeterde befondsingsondersteuning wat in 2018 begin het nie.

Voorheen is daar van studente verwag om hul studiegeld gedeeltelik self te betaal en baie studente was nie finansieel hiertoe in staat nie. Dit het veroorsaak dat die studente met opgehoopte studieskuld gesit het ten spyte daarvan dat hulle deur NSFAS finansier is.

“Ons is bewus daarvan dat daar sommige studente is wat die universiteitstelsel binnegegaan het voordat die nuwe skema in 2018 geïmplementeer is en wat steeds op die pre-2018 befondsingsmodel gefinansier word. Hierdie studente het nog meer skuld in hul 2018 akademiese jaar opgegaar indien hul fondse meer as die NSFAS-perk was,” het Pandor gesê.

Sy sê daar word verwag dat alle studente wat deur die ou skema gefinansier is, wat nog gegrond was op ʼn gesinsinkomstedrempel van R122 000, sal teen 2022 die universiteitstelsel verlaat.

Die ESJF het Pandor geloof vir dié besluit om aandag te gee aan studente se historiese studieskuld en dié las van studente se skouers te haal. “Ons het al lankal ʼn beroep op die regering gedoen om historiese skuld en registrasiefooie te skrap. Die besluit van me. Pandor bevestig ons oortuiging dat die enigste oplossing vir die uitdagings wat studente in die gesig staar is om die skuldlas te verwyder,” sê die stigting in ʼn verklaring.

“Nooit weer moet ʼn huishulp se kind weerhou word van verdere onderrig weens ʼn onvermoë om te betaal nie.”

Nehawu het op sy beurt gesê Pandor se besluit is ʼn stap in die regte rigting om die uitsluiting van arm en werkersklas studente van tersiêre onderrig te beëindig. “Hoewel ons dié ingryping deur die departement verwelkom, is ons steeds van mening dat daar dringend ʼn gesprek oor die NSFAS-model gehou moet word, aangesien dié model gekarakteriseer word deur bestuur en beleid wat ooreenstem met ʼn leningskema wat heeltemal teenstrydig is met ʼn gratis onderwysfiliaalskema.”

Sifiso Mtsweni, voorsitter van Nyda, het gesê die organisasie glo dié besluit sal studente se kans op toegang en suksesvolle voltooiing van studies verbeter en hul lewens ten goede verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Ella ·

Waar kom al hierdie geld vandaan?
Daar is dan n kwansuis n tekort op inkomstebelasting vordering?
Dis skrikwekkend hoe die regering geld uitgee…

Dries ·

Lekker man, lekker…

Van kindsbeen wou my oom n predikant word. Oupa het egter as bosbouer te min verdien om dit te laat realiseer. Toe my oom 40 jaar oud word (40 jaar gelede), begin hy uiteindelik sy studies. Dit na hy jare vooraf, n soort van eie biografie oor sy kinderjare, van deur tot deur verkoop het vir fondse.

Hy het uiteindelik (op sy eie) sy studies suksesvol voltooi!

honourable member ·

Hierdie mense kan darem hierdie geldmorsery fancy name gee, nogals historiese studiegeld. Die belastingbetaler gaan weer gerook word om dit te betaal. Beteken dit nou dat hierdie mense nog altyd hulle studies gratis kry…….????

Michael ·

Hey !!!!!! Dit is verkiesing tyd.Lekker om geld te mors en ons betaal belasting deur ons ore. Sien ons betaal vir hulle veldtog.

Eben ·

Stem 100% saam. Die ANC gebruik elke departement en die land se fondse om stemme te werf van kiesers. Belastingbetalers moet in opstand kom teen die vermorsing van fiskalekapitaal. Die ANC het geen benul van wat spaarsamigheid is nie. Geen wonder dat ons rommel status het.

leser ·

So wat gebeur met my kinders se studielenings by Stellenbosch en al die banklenings ook vir studiegeld?
Gaan hulle dit ook betaal?

GM ·

Wat kon ek nie als met die geld gemaak het wat ek aan universiteitskostes gespandeer het nie? As jy nie kon betaal nie, moes jy maar jou studies staak. Daarom moes baie van ons lenings aangaan en dan ook studentewerkies gaan doen om ekstra geld te maak om te oorleef. Plaas ons ook maar gaan toi-toi het.
Wat leer ‘n kind wat net als verniet kry?
Wie se skuld is hul ouers se beroepskeuses? Vir 25 jaar gaan dit oor kleur en nie meriete nie, so hoekom nie ander werk kry nie?
En wat is fout met die ‘studente’ dat hul nie kan werk en studeer nie? (Dit hoef nie voltydse werk te wees nie). Meng dit dalk in met hul kuiertyd?

De Villiers ·

GM, goed gestel. Die probleem hiermee is dat die regering weereens vir die swart studente leer dat hulle niks vir iets hoef te betaal terwyl hulle studeer nie. Dan kom hulle na hul studies in die werksplek, en is die dinge anders omdat jy nou jou eie potjie moet krap met jou eie geld. Die voorbeeld wat die studente van ander studente gekry het is geweldadige optogte as jy nie jou sin kry nie. As die salaris nie hoog genoeg is nie, gaan baie besighede ongelukkig met hierdie probleem sit.
Die ander probleem is dat daar ‘n verband is tussen die KOSTE van iets en KWALITEIT: Hoe goedkoper iets is, hoe laer is die kwaliteit. Gratis onderwys kan nie vir jou hoë kwaliteit onderrig gee nie, en ek hoop die regering besef dit. Jy kan nie ‘n Porche se werkverrigting uit ‘n mini-enjin kry nie.

Dries Moolman ·

Dis verkiesingstyd! Wonder wat se verrassings (en verassings) wag nog op ons voor 8 Mei. Wens iemand wil vir my ook kom ietsie uitdeel in ruil vir my kruisie.

Johann cb ·

Bedank gerus die belastingpligtige Suid-Afrikaners ook!

Netso ·

Nou sal nie een siel ooit weer skuld betaal vir studies nie ! Gan darem nou te lekker né?

Wilma ·

Nou wonder ons wat is die %studente wie geslaag het. Dalk 15%

fred ·

lees dat 26% n 3 jaar graad klaar maak en 40% n 4 jaar graad………40% maak nooit klaar nie….nu dat iedereen universiteit toe gaan sal hierdie persentage seker nog sak..

ne ·

Pleks hulle die skade betaal wat hulle aanrig, nou word hulle betaal om nog meer skade aan te rig. Volgende kry hulle seker voertuie om by die universiteit te kom! Lekkkeerr man!

Andrea van Vuren ·

Nog miljoene rande word in die water gegooi. Word daar ooit rekord gehou van die “studente” se prestasies en of julle die geld gaan terugbetaal as hulle nie slaag nie>

Magaretha van heerden ·

Baie interessant om te hoor n land wat nie geld het vir elektrisiteit nie kan geld vermors op studente sodat hulle kan jol. In my dae moes jy maar betaal om te studeer.As jy gelukkig was sou jy op meriete n beurs kry of jy moes n kursus doen wat betaal terwyl jy ook werk.

fred ·

my ouers het nie geld gehad vir my studies…ek het toen vir 4 jare na ure gestudeer….toen my dogter studeer het ek borg gestaan vir haar studente lening wat sy terugbetaal het….hoeveel van hulle gaan die eerste jaar klaarmaak?hulle beskou dit seker maar n jaar lank vakansie op koste van belastingsbetalers…..baie lekkerder dan in n township rond te lê

willem Botha ·

Dit is beslis n verkiesings foefie die anc baklei nou hard vir stemme .

Irest Mycase ·

Lyk of geld lekker uitgedeel word aan studente, ESKOM, SAL en ander. Geen wonder staatsamptenare gaan 11% vehoging eis nie, daar is mos baie geld!

Stripes ·

Let wel, dit is net swart studente wie se studieskuld afgeskryf is want Blankes kan nie by NSFAS aansoek doen vir studielenings nie. Daai geld kom van die belasting af wat betaal word, hoe dan nou anders.

Diklizzy ·

My dogter is tans in haar vierde jaar danksy NSFAS en sy is MELKWIT.

O so ·

Van wanneer af kos dit meer as 18RM per student om te studeer?

James ·

Ek betaal nou nog my studies af van jare terug. Gaan ek ook gehelp word, seker nie te bleek…

Miems Heyman ·

Wag maar die ander gaan ook nou bakhand staan. Dit gaan al te lekker.

Mari ·

Ek is verlam maar sukkel om daagliks te werk..al is dit in ‘n loop raam . . Dit gaan finansieel baie moeilik om as enkel ouer vir my kind se studies te betaal. Wens daar is ‘n welgestelde persoon wat kan help . Ons blankes kry glad nie beurse nie en ek het nou al wat ‘n lening is gebruik.

Dries du Toit ·

Mari, probeer uitvind by Akademia. Sterkte. Bid vir jou

wraggies ·

Moontlik kom die geld vanaf die brandstof heffings, gaan definitief nie na die paaie toe nie.

Elna ·

Ek stem saam. Waar kry hulle nou so skielik so baie geld? Laat mens wonder.

Piet parys ·

Wonder as die swart studente nou eendag werk of hulle gaan belasting betaal . Gaan hulle ook dan se tax must fall. En dit is die gepeupel wat die land moet vorentoe vat . ?

Michael ·

Alles verniet he Morew gaan hulle staak om dat die (Goverment) nie vir hulle dink nie. Hulle moet ontslae raak van die houding GOVERMENT MUST GIVE. Mens werk vir jou goed of is daar ander maniere?

Elna ·

Ek stem saam. Waar kry hulle nou so skielik so baie geld? Laat mens wonder.

alwyn burger ·

Historiese skuld!!?. Alle skuld is histories. Weer ñ voorbeeld van ANC ” woordvlotheid” en stemkopery!

Sakkie ·

Sit en wonder ek of daardie briljante blanke leerder wat in blanke plakkers kamp bly ook gehelp sal word— eendag

Gert ·

Ek glo die nuus word wel deur sommiges verwelkom, definitief nie deur my nie. Eerstens kom dit maar weereens uit my sak uit as belastingbetaler, terwyl belangrike dinge soos dienslewering, infrastruktuur, ens weer net nie gedoen gaan word nie. Tweedens verstaan hierdie spul nie die vrye mark nie: Daar is net soveel werk vir gegradueerdes. Dit help nie jy stuur almal universiteit toe nie, hulle gaan dan net werkloos wees as hulle hulle graad het. Die vraag vir gegradueerdes word gegenereer deur ‘n voorspoedige privaatsektor, iets wat ons vir jare nie meer het nie, weens belaglike wette en korrupsie.

Gert van Wierdapark ·

Hier kom kompetisie vir NSFAS (National Students Financial Aid Scheme). Kom ons stig die National Broke Parents Money Supplier (NB-PMS). Enige “historiese skuld aan’ ‘n universiteit, stadsraad, die Ontvanger ens. Is wensdenkery – geen genade word ontvang nie. Met die OBK wat sowat 2 Triljoen Rand onder sy vlerk het, behoort’ n goeie voorlegging via die regte Con-takte, seker vir ons so R950 miljoen te in. Ek meen as hul meer as R4 miljard kon spandeer/mors op een of ander technologies se oorprysde aandele toe hul die hele boksomdaais wat aangebied is, (sonder goeie finansiele redes) opgeraap het , staan NB-PMS seker ook n goeie kans om sy regmatige aandeel te kry. In SA is niks te vergesog nie!

Koos de Meyer. ·

Hulle sal mos nou aanhou om nie te betaal nie, hulle sal verwag dat dit elke keer af geskryf word.

Trol ·

R184 000 per student so om en by. Ek sal sê as die bloedsuiers werk moet hulle betaal of dubbel belas word totdat hulle studieskuld gedelg is. Ek het my studieskuld aan nsfas in drie jaar klaarbetaal. Hulle kan ook.

JO,ANDRI ·

Kan daardie gelde nie eerder gebruik word vir die regmaak van slaggate in paaie en infrastruktuur, dit kos die landsmense derduisende rande om bande en rims reg te maak. Asook gelde aan Eskom.te gee waar dit meer nodig is. Ons land is sondet water met slaggate en sonder krag, maar dis onbelangrik.
Aggenee dink meer daaroor groot asseblief.

JO,ANDRI ·

Ons is self werkloos, daar Is Net Nie Werk nie. Sonder kos. Wie help ons.
Die staat nee hulle weier ons Sassa.

Allen ·

dus hoe jy student kry om vir jou te stem……..of hulle in die donker sit of nie.

Estelle ·

ek wou my kinders ook universiteit toe gestuur het, maar het nie die geld gehad nie. dit is maar hoe ons grootgeword het, as jy iets nie kan bekostig nie, kan jy dit nie kry nie!!

Bietjie baie ·

Ons kan nie meer n woord glo oor ESKOM se delemma nie.
Maar aan die anderkant weet die regering werklik niks van Begrotings af nie.
Hoe kan hulle se daar is nie geld om ESKOM, SABC, ens ens van ondergang te red nie en eweskielik is daar n woord soos “historiese studieskuld”
Waar op aarde kom die woord vandaan? Ons het glo nie geld nie, maar help ander Arika lande met miljoene waarmee Amerika en Europa ons gehelp het.
Jy gee nie geld uit wat jy nie het nie, jy gaan studeer nie sonder geld nie. Hierdie is weer rassisme in die vorm van sekere mense se studieskuld gaan betaal word en anders’n nie.

Anita ·

Almal wil alles vir niks h ê , die belastingbetalers in dividue is ongeveer 5 miljoen, dan is daar maatskappye, en die BTW, 80duisend onwettige inwoners, almal dring aan op verniet huise, water, ligte, medies, en studie, ook wil Simbabwe ook hand oop hou, waar moet die geld vandaan kom, ons belastingbetalers , kan nie meer nie. Alles wat iemand vir niks ontvang word nooit waardeer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.