Raad beslis in offisier se guns wat honde aan diens onttrek

Foto ter illustrasie van die SAPD se honde-eenheid.

Solidariteit het aangekondig die bedingingsraad vir die veiligheid-en-sekuriteitsektor (SSSBC) het Woensdag in sy guns beslis in die saak waarin hy ʼn lid van die polisie se honde-eenheid in Kaapstad verteenwoordig het.

Kol. Ivan Myers is vroeër onregmatig en sonder vergoeding geskors omdat hy geweier het om opdragte uit te voer wat hom skuldig sou maak aan dieremishandeling.

Volgens Ettienne Pio, Solidariteit-prosedeerder in Bellville, was Myers die afgelope 19 jaar die eenheid se bevelvoerder en ʼn geakkrediteerde patrolliehondhanteerder. “Solidariteit het ʼn geskil oor onbillike arbeidspraktyk aanhangig gemaak oor die dissiplinêre stappe wat gedoen is toe Myers sonder vergoeding vir ʼn tydperk van een maand geskors is op grond van ʼn aantal klagte wat daarmee verband hou dat hy geweier het om ou en sieklike honde weer operasioneel te ontplooi,” sê Pio.

Die SSSBC het beslis Myers se besluit om die honde aan diens te onttrek was geregverdig en redelik en dit was duidelik uit die mediese verslae dat al die honde uiteindelik “onttrek” is op grond van hul ouderdom en mediese toestande wat met ouderdom geassosieer word.

Volgens Pio het Myers in 2018 herhaaldelik sy kommer teenoor die polisie uitgespreek oor sewe honde wat nie meer vir diens geskik was nie.

“Dit is nie die eerste keer dat Myers sy loopbaan op die spel plaas vir die welstand van sy honde nie. Hierdie klagte is maar een voorbeeld van die talle beroepsnadele waaraan hy onderwerp is,” sê Pio.

Myers is in ʼn interne dissiplinêre verhoor vrygespreek en die voorsitter het bevind dat die klagte teen Myers moontlik die gevolg van kwaadwillige en wraaksugtige optrede van die klaer was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Liz ·

Dankie dat jy ook aan honde dink, hulle kan nie praat nie, hulke het hul diens gedoen .
Dankie Honnekinders????????????????

Honneman ·

Hierdie Kol Ivan Meyers verdien n medalje EN n rang bevordering omdat hy opgestaan het teen dieremishandeling en dankie aan Solidariteit dat julle hom gehelp het om weereens n gek te maak van sekere mense in bestuursposte wat onwettige besluite neem en nogal gedink het hulle gaan weereens daarmee wegkom.

Dis seker voor die handliggend wie hom onregmatig en sonder vergoeding geskors het MAAR weereens het hulle totale onkunde oor diere gemaak dat hulle weereens uit die bus uitgeval het .

Ek hoop hierdie Kol Meyers dagvaar alle hel uit hierdie spul wat betrokke is by sy onwettige skorsing

Jána vd Merwe ·

KOLONEL IVAN MEYERS IS N HELD!!!
GODDANK VIR MENSE SOOS HY WAT NOG DIE VERSKIL TUSSEN DIE WERKLIKHEID EN GESKREWE SNERT KAN ONDERSKEI!!!!

Liz ·

Dankie dat jy ook aan honde dink, hulle kan nie praat nie, hulle het hul diens gedoen.

Huh ·

Hoop hy sit ‘n stewige siviele eis in. SAP sal nooit regkom nie, groot sirkus

wilma ·

Dankie, kol. Myers vir jou empatie met die honde. Dankie ook aan Solidariteit.

Heksie ·

Jy is ‘n HERO in my oë!!!! Dankie dat jy praat vir die woefs wat nie kan praat nie!!!!
SAPS word wakker, julle behandel jul K-9’s soos gemors.

Angeline ·

Stem volkome saam. Breek mens se hart om te sien dat n polisielid nogals aan diens die polisie voertuig voor n winkelsentrum of eetplek en eers gaan shop of eet terwyl sy K9 in die bloedige hitte vasgehok is in die waentjie of selfs in die motor en die hond vrek van die hitte en dit het ook al gebeur. Sulke polisie lede moet geensins K9 in hul besit he of hanteer nie – die hond lei daaronder. Weereens n geval van onmenslikheid en selfsug (the evil trinity: me, myself and i)

Goeie vraag ·

Die klaer verdien on aangekla en sonder vergoeding geskors te word. Moet n witmam wees anders sou hy met volle vergoeding geskors gewees het. Ander diener tronkstraf uit met volle vergoeding en voordele.

Basie ·

“Klap” gou die klaer vir verlies van sy inkomste – behoort volgende knaap te laat dink voordat hy sommer kwaadwillig aanklae!

Lee ·

Great vir hom. Die ander nasie voel net mooi vere vir diere en glo my hulle ken nie die verskil tussen ‘n siek en ‘n gesonde hond nie. So bly Myers is in beheer en doen so baie. Dankie daarvoor.

Nettie ·

100% reg Lee, want Oubaas Namba Wan het mos gesê dat – om honde aan te hou – die witmense se gewoonte is. Nou dit moet daaruit voortspruit, dat die “klaer” nie in ag geneem het dat ‘n ou, sieklike hond nie diens KAN doen nie, omdat die “klaer” se mense bekend is daarvoor dat diereregte vir hulle niks beteken nie. Gaan kyk maar hoe gaan dit in informele woonkampe, hoe sleg sommige diere daar uitsien. Dan sal julle weet waarvan ons praat.

Angeline ·

Nettie jy het die waarheid perfek uiteen gesit. 100% die waarheid.

Anoniem ·

Gee die ou ‘n medalje en ‘n verhoging! Dankie Kol. Myers dat jy jou diere eerste stel, dit gebeur min en ja, mense verstaan nie dat ‘n hond soms meer as ‘n dier is, hy kan ‘n sielsgenoot word.

Adel ·

Baie dankie vir jou liefde en omgee vir hierdie diere wat nie vir hulle self kan praat nie!!!

Well done!!

Sandy ·

Hulle se daar kom altyd engele op ‘n mens se pad wat partymaal nie erkenning kry nie. Ek dink jy is ‘n engel Kolonel Myers dat jy jou loopbaan op die spel geplaas het om die honde ‘n goeie gesonde aftrede te besorg. Jy sal mildelik nog vergoed word. God bless.

HPV ·

Bevoeg, opbouer! Mens hoop maar net die afbrekers en plunderaars leer iets by iets by Ivan Myers.

Johanna ·

Baie dankbaar vir hierdie besluit. Tyd vir die honde om te rus. hulle het hulle werk gedoen!

Martin ·

Nou moet die klaeer aangekla word van onbillike opdragte asook diere mishandling

Amanda ·

Hierdie kolonel verdien ‘n medalje, ek bewonder jou moed. Dit getuig van ware liefde vir honde!! Hoop hy dagvaar die wat hom afgedank het!!

HOBBO ·

Lyk my Solidariteit kry meer en meer werk. Onregmatige skorsing sonder vergoeding en afdankings??? Hier is n ding aan die broei………… Hier moet julle vasstaan! Dis die hoeveelste saak wat verloor word deur die werkgewer.

Leon ·

‘n Ware honde liefhebber. Hy verdien ‘n medale. Give him a Bells.

Er ·

Dit is tyd dat die NSPCA en SPCA die polisie se honde eenheid onder ‘n vergrootglas bring. Nee korreksie, dit was al lankal tyd. Daar moet gereeld inspeksies gehou word ??!! Dankie Kol. Myers, mense soos jy gee ons hoop. Ons staan agter jou.

Tessa ·

Dankie dankie vir jou wat so dapper “speak for those cannot speak” en vreesloos vir dié diere opstaan…geseënd is jy????

Rika ·

Dankie ek haal my hoed af vir jou jy is die beste dat jy na jou diere gekyk het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.