Raad hou valkoog op 2015-matriekeindeksamen

Mafu Rakometsi, uitvoerende hoof van Umalusi. Foto: ANA

Mafu Rakometsi, uitvoerende hoof van Umalusi. Foto: ANA

Umalusi, die raad vir gehalte­versekering in algemene onderwys en opleiding, het gesê hy werk hard om te verseker dat daar geen ongerymdhede met vanjaar se matriekeindeksamen gaan wees nie.

Mafu Rakometsi, Umalusi se uitvoerende hoof, het Woensdag tydens ʼn nuuskonferensie by die Universiteit van Johannesburg se Bunting-kampus in Aucklandpark gewaarsku dat geen ongerymdhede geduld sal word nie en dat daar drasties teen skuldiges opgetree gaan word.

Die uitspraak volg nadat dit aan die lig gekom het dat grootskaalse kullery in 2014 in verskeie provinsies plaasgevind het.

“Ons doelwit vanjaar is om te verseker dit nie weer gebeur nie,” het Rakometsi gesê.

Rakometsi het gesê Umalusi het sy kontrolemaatreëls vir die eksamens opgeskerp. Umalusi het ook 105 ekstra kontroleerders aangestel.

Die raad het opgemerk dat daar nie genoeg personeel is om kontrole-administrasie te behartig nie. Die raad het ook opgemerk dat daar ʼn tekort is aan nasieners vir geskiedenis, wiskundige geletterdheid, lewenswetenskappe en tale, weens die geweldige omvang van leerders wat dié vakke neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.