‘Raad moet afname in ANC-steun ondersoek’

Argieffoto

Argieffoto

Die burgerorganisasie Sanco het gesê ʼn politieke raad, saamgestel uit ’n drieparty-alliansie,  moet dringend byeengeroep word om ondersoek in te stel na die afname in steun vir die ANC tydens die afgelope munisipale verkiesing.

Skhumbuzo Mpanza, Sanco se sekretaris-generaal, het die afgelope naweek sleutelbesluite wat tydens die onlangse samekoms van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) buite Pretoria gemaak is, aangekondig.

Volgens Mpanza moet die ANC nou reeds begin voorberei vir die algemene verkiesing in 2019 deur te reageer op kwessies wat gemeenskappe raak. “Die kwessies waaroor gemeenskappe ontevrede is en wat daartoe gelei het dat hulle nie tydens die afgelope verkiesing vir die ANC gestem het nie, moet sonder verdere uitstel aangespreek en opgelos word.”

Mpanza het gesê volgens ʼn eerlike en kragtige ontleding van die uitslae van die munisipale verkiesing, is dit duidelik dat die massa ʼn sterk boodskap uitgestuur het. “As die ANC nie meer aan bewind is nie, sal juis die arm gemeenskappe in Suid-Afrika ly onder beleidsrigtings wat nie ten gunste van armes is nie.”

Hy het ʼn beroep op alliansie-leiers gedoen om te besef wat gedoen moet word om die “nasionale demokratiese revolusie” te red. “Ons het die prys betaal vir die arrogansie en korrupsie wat ons daadwerklik moes aanspreek en nie voor teruggedeins het nie. Dit is nou tyd om van rat te verander.”

Mpanza het ook gepraat oor die NUK se kommer oor die stryd tussen die Valke en Pravin Gordhan, die minister van finansies. Volgens Mpanza is die kwessie nie in die belang van die land se ekonomiese herstelplan nie en sal ʼn verdere kredietstatusafgradering die armes benadeel.

“Hoewel ons die beginsel van gelykheid voor die gereg ondersteun en glo dat Gordhan se tekort aan samewerking ʼn slegte presedent kan skep, glo ons dat verkeerde inligting en ʼn ondersoek wat deur die media gedoen word, vertroulikheid, samewerkende regering en professionaliteit ondermyn. Ons doen ʼn beroep dat die korrekte prosedure gevolg word en dat die minister sy samewerking gee in die ondersoek,” het Mpanza gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johannes van Rooyen ·

Dis nie nodig vir ñ raad nie ek sal hulle verniet vir hulle sê ZUMA KORRUPSIE AROGANSIE KADERS EN STEEL

Adam. Boshoff ·

Dis nie nodig om n raad aan te stel nie Raak ontslae van Zuma en sy meelopers en alles is opgelos Sy tentakels is in elke moontlike geldpot en verhoed vooruitgang

Koos ·

Dit is maklik
Korrupsie
Onbevoegde werkers in sleutel posisie
No 1

Spreek hierdie probleme aan en jaag nr 1 weg

Johann swart ·

Ek glo nie wat ek lees nie. ‘n Drieparty alliansie moet die ANC se afname in steun ondersoek? Ek het in my lewe nog nie sulke arrogansie en ‘n gebrek aan begrip teëgekom nie. Hulle het totaal kontak met hulle ondersteuners verloor, maar die ironie is, hulle besef dit nie want hulle is te besig met die “self”.

Alida ·

As hulle van 1994 reg opgetree het en die land behoorlik regeer het dan was dit nie nodig nie. Nou dat alles in duie gestort het en al die geld gesteel is nou skrik hulle wakker. Hulle kiesers is nie almal dom nie.

Kan jy nou meer? ·

Niemand so blind soos dié wat nié wil sien en so dom soos dié wat nié wil leer nie. Net nog onnodige spandabelrigheid op ‘n probleem wat so duidelik is. Laat anc uit hul persoonlike sakke vir dié ondersoeke betaal. Dis net speel vir tyd sodat zuma sy hande op als kan lê.

Tiger ·

Die rede is voor die hand liggend – almal is nie so onnosel soos die trop narre in bestuur posisies nie.

Liewe heksie ·

Raad hiehie sorry ek dog dit is n aprilgrap hiehie al’ raad’wat ek het is raak ontslae van die wat nie hul hande uit die sweets bottel kan hou nie ‘ raad’ really hiehie

Irene ·

Wil nou alles doen vir2019 na die tyd dan verval alles weer

JWM ·

“nie tgvd armes nie”? Vergelyk die omvang van plakkerskampe vandag met 1994 is daar mos meer armoede geskep! Hoeveel van die destydse armes se toestande is wel verbeter?

Jcwf ·

Die armes in die ou Ciskei verklaar nou dat hul lewe onder Lennox Sebe beter was en dit word in die Sowetan gerapporteer…

Maar daar begin ‘n bietjie die besef deur te dring dat hulle nie net die probleme kan ontken of die skuld aan byvoorbeeld die Sowetan en die res van die media kan gee nie, soos die nuwe burgemeester van Ekurhuleni gedoen het. Maar dié in die ANC wat dit kan / wil sien het ‘n gigantiese probleem: Zuma. So lank as hy die mag oor die party hou, kan die party nie hervorm nie. Daardeur is die ANC soos die Titanic net ná die ysberg. Dit sink ‘n bietjie. Net ‘n bietjie vandag.

Popeye ·

Ek verkneukel my aan die inploffing en elke beenbrekende hou wat hierdie arrogante, mistastende ,vryheidsbeweging kry. Hulle het ‘n ideale kans gehad om soveel meer goed as sleg te doen. Ons sien maar te goed wat hulle keuse van rigting was en nog steeds is! Dit sou lekker wees om net een oggend op te staan en te hoor hulle is soos die Guptas net “weg”

Carel ·

Kan ek vinnig help met geldige redes vir dir agteruitgang? Zuma!

Joann ·

Geagte Mnr.die voorsitter,dames en here,gun my die minuut om u probleem gratis vir u optelos. Zuma must fall. Dankie

Jan maak n plan ·

Die oplossing is voorhandliggend. #PAYBACTHEMONEYTHATTHEANCSTOLE!!!

Jan Koos Willemse ·

Ondersoek seker nog op belastingbetaler se geld ook. Fout kan tog sekerlik nie by Zuma le nie? Hy’s dan ‘n smart ou met ‘n grand huis. Kiesers verstaan hom seker net nie?

Jan Jooste ·

SANCO kan begin skoonmaak deur te openbaar hoeveel befondsing hulle van REDISA ontvang. Daardie geld word by armstes gesteel. Die ANC se SEB en korrupsie veroorsaak dat Eskom se tariewe moontlik reeds 30% hoër is as wat dit onder effektiewe bestuur sou wees. Dít is hoe armes besteel word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.