Raad van Kerke wil dagga die stryd aansê ná hofuitspraak

Biskop Malusi Mpumlwana, sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke. Foto: SACC

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) sê ondanks die konstitusionele hof se onlangse besluit om die private gebruik van dagga te wettig, beskou dié raad dagga steeds as “ʼn maatskaplike euwel” en sal hy alles in sy vermoë doen om ʼn stokkie hiervoor te steek.

Verteenwoordigers van die SARK se 36 lede, waaronder die NG Kerk, het verlede week oor die hofuitspraak beraadslaag. “Dis totaal onaanvaarbaar vir die Liggaam van Christus,” is die gevolgtrekking waartoe hulle gekom het.

Die raad raadpleeg nou sy regsverteenwoordigers oor gepaste maniere om die saak weer voor die konstitusionele hof te bring, “want die hof moet ontvanklik wees om sommige van die teenstrydighede in sy uitspraak te heroorweeg”.

Die SARK sê hy wil sy eie “wetenskaplike navorsing” laat doen om te bepaal of dagga regtig nuttige medisinale eienskappe het soos tydens die hofverrigtinge aangevoer is. “As dit wel die geval is, glo ons daar is ʼn moontlike teenstrydigheid tussen die vergunning vir private gebruik en die oorwegings van die kommersialisering van cannabis vir medisinale gebruik, wat nie in die hof se uitspraak met mekaar in verband gebring word nie.”

Die raad sê al die maatskaplike euwels en pastorale gevolge wat die hof se beslissing inhou vir gesinne, veral mindergegoede mense, soos bejaardes wat saam met problematiese kleinkinders woon, bedroef hulle.

“Dagga, tesame met drank en ander dwelmkonkoksies, is ʼn vername bron van die maatskaplike euwels in ons samelewing,” sê die raad in ʼn verklaring na aanleiding van sy vergadering. “As dit onbeheersd toegelaat word, sal ons samelewing moreel selfs verder verval.”

Die raad sê sy regslui sal in die volgende twee weke beskikbare wetenskaplike navorsing bymekaarmaak, wat voorgelê sal word aan die volgende raadgewende vergadering van die SARK op Donderdag 8 November in die Rhema-Bybelkerk in Randburg, Gauteng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Ek dink ·

Hoekom kan dagga nie net soos ander medikasie hanteer word nie? Dit lyk tog asof dit vir sekere siekte toestande kan help. Dan kan medisinale dagga, net soos mirfien en ander verslawende middels, deur n mediese persoon voorgeskryf word indien nodig. Ek dink om dit vir almal beskikbaar te stel, is baie gevaarlik en onverantwoordelik. Hoeveel misdade word nie gepleeg terwyl mense onder die invloed van dagga is nie? Wat van onderwysers en ouers wat vir kinders verantwoordelik is? Of dokters wat moet opereer? En so kan ek aangaan. Ek hoop die Raad van Kerke is suksesvol, vur ons almal se onthalwe.

OMG ·

Don’t like weed, don’ smoke it. Don’t like gay marriage, don’t get one, don’t like whatever don’t do it….Live and let live!

Ek dink ·

Hoekom kan dagga nie net soos ander medikasie hanteer word nie? Dit lyk tog asof dit vir sekere siekte toestande kan help. Dan kan medisinale dagga, net soos mirfien en ander verslawende middels, deur n mediese persoon voorgeskryf word indien nodig. Ek dink om dit vir almal beskikbaar te stel, is baie gevaarlik en onverantwoordelik. Hoeveel misdade word nie gepleeg terwyl mense onder die invloed van dagga is nie? Wat van onderwysers en ouers wat vir kinders verantwoordelik is? Of dokters wat moet opereer? En so kan ek aangaan. Ek hoop die Raad van Kerke is suksesvol, vir ons almal se onthalwe.

Irma ·

Saam met dit is die toekoms van vele studente wat by kampusse sit met die doel om hulle vir ‘n toekoms te bekwaam net om dan id eindelose sirkel van drank en dwelms te beland. Kinders met potensiaal wat na hul ‘studente lewe’ met probleme en leë oë deur die lewe gaan. Vol hartseer en ‘n afhanklike bestaan. Finansieël afhanklik van ander omdat hulle nie verstaan het daardie gewoontes nie deel van ‘n suksesvolle lewe nie. Daardie ouers wat die beste vir hul kind wou hê sit met die seer en teleurstelling. Mense se oē moet oopgaan. Dis nie maanskyn en rose nie. Alles behalwe. Skuld en jare se seerkry wat moeilik verander kan word.

V ·

Dankie SARK. Ek stem nie altyd saam met julle nie… Maar soos Alexander Hamilton sê: If you don’t stand for something, you’ll fall for anything. Dis ‘n goeie begin…

Anli ·

Oh please Allie! Baie dankie SARK! Julle het my ondersteuning !

Hendrik ·

Dokters sonder grense het ook die hof se dagga uitspraak gekritiseer. Met mediese feite.

Lew ·

Dagga het my lewe handomkeer verander. Ek moes 36 pille 3 maal per dag drink vir my kondisie. Neem dit in…108 pille per dag. Kan julle dink wat het van my lewer en niere geword. Dan praat ek nie eers oor my geestestoestand nie. En nog minder van die kostes daaraan verbonde. Ek het 3jaar terug begin om ‘n pinkienael groote stukkie dagga te rook, een keer per dag. Ek gebruik niks meer pille nie, en my kondisie is 100% onder beheer. Dit is Ulseratiewe Kolitis, wat ongeneeslik is. Ek was 25-30 keer per dag in die toilet, en dit het hoofsaaklik uit bloed uit bestaan, daarmee saam het ek 45kg verloor in 4maande. Dit was in die tyd van al die pille wat ek moes drink. En nou…nou leef ek normaal, met normale gewoontes, en ‘n normale gewig. Ek gebruik dit met respek, en dit affekteer niemand in my huishouding nie. Ek gebruik dit slegs wanneer almal gaan slaap het. Ek het nog nooit ‘n behoefte gehad om enige iets anders te gebruik nie, en ek kan almal verseker dat ek nog nooit ontrekkingsimptome gehad het nie, want dit is nie verslawend nie. So hierdie groep kan dit probeer stop, feit bly staan, vir my is dit ‘n wondermiddel, en ek gaan aanhou om dit te gebruik, ongeag van die wettige implikasies daarvan. Ek sal enige iemand uitdaag om my verkeerd te bewys, want ek weet wat het dit vir my gedoen.

Blaarman ·

Ek is bly dit het vir jou verligting gebring!

Ek self het ook mense naby my wat dit gebruik het om die newe-effekte van chemoterapie, chirurgie, en bestraling suksesvol te help bestuur.

Diegene soos die SARK wat hulleself opperheerser probeer hou oor almal onder illusies van moraliteit moet pasop! Elke keer as iemand handoek ingooi met hulle chemo behandelings, omrede die chemo ondraaglik geraak het, gaan die SARK bloed op sy hande hê!

Indien jy mense wil DWING om te doen wat JY DINK reg is vir hulle, het jy die pad byster geraak, en het jy reeds misluk om werklike bekering by mense te bewerkstellig!

Niel ·

interresant! dankie vir die stukkie. Ek self het nog nooit gebruik en ek’s op daai punt dat ek kyk na hoe daggatee presies gebruik word dat ek die medisiniale gebruik daarvan kan gebruik.

Mahdokt ·

So is ek en vele ander ook genees deur cannabis dankie Vader. Cannabis is NIE VERSLAWEND nie. Borsmelk bevat THC en CBD. Pleks die kerke hul eerder bekommer oor alkohol wat vele lewens daagliks vernietig. Voeg dan daarby al die ander sondes wat goedgekeur word selah

DeVill ·

Rook al vir amper 15 jaar dagga…julle het geen idee wat die plant is en wat dit doen nie. Ek is nie sieklik nie, loop ‘n stel trappe dat sal jy moet

Sigarette is veel meer skadelik en verslawend, dit veroorsook ‘n legio van kankers, maar die Raad van Kerke het NIKS hieroor te sê nie. Geen veldtog nie en geen uitsprake teen dit nie!
Drank het al miljoene mense en gesinne se lewens verwoes maar die Raad van Kerke wil nie ‘n stokkie hiervoor steek nie. Mense kan maar voort drink!
Mense gebruik anti-biotika heeltemal verkeerd, wat gaan versoorsaak dat iemand van ‘n infeksie sal dood gaan, die Raad van Kerke het niks te sê hieroor nie.

Sal ek aangaan….?

Wie weet ·

Die daga storie raak nou afgesaag Die land is in sy pekie wat maak dit nou regtig saak of dit wetig of onwetig is rook gaan hulle rook Drugs rock and role Ons poliesie is te sleg om op te tree plaasmoorde ryp diefstal al hierdie goed loop hand aan hand met drugs en in my oe is dagga n drug dit begin met dagga en eindig by herowien

Braam ·

Hulle gaan die stryd teen drank ook moet aansê. Dis eienaardig hoe mense ander veroordeel met ‘n “brannas” in die hand. Siek… Nog nooit iemand ontmoet wat alles verloor het of sy werk verloor het agv dagga nie.

t ·

Jy het nog veel mense ontmoet nie nê? Ek werk amper 40 jaar en in daai tyd het hordes mense ontmoet wat alles weens dagga en dwelms alles verloor het. Dit begin by die “onskuldige” trek langs ‘n braaivleisvuur. Later is dit die een ding op ‘n ander en as jy jou oë uitvee is die geld op want harde dwelms kos baie. Werk verloor want ons konsentreer nie meer nie en ons kom laat of gladnie werk toe nie. Raak agter met skuld, Uit vrou en kinders uit. Nie almal wat ‘n trekkie vat eindig daar nie, maar om te sê dit gebeur nie is ondeurdag.

AmY ·

Verbied eerder suiker.
Dis baie meer ongesond, en veroorsaak allerhande siektes soos diabetes, en hartsiektes en beroertes.
Suiker is baie slegter vir die liggaam.

Jonathan ·

Tipies van die kerke raad om so iets aan te vat. Plaas hou hulle hulself besig met hul skapies en die los die res van ons uit. Dis tyd dat kerke hulle hou by dit waarvan hulle weet. Nie almal in die Land is Christene nie. Jy mag ook nie oordeel nie so gaan bid in stilte en los die ander uit.

Donderstorm ·

Daars n verskil tussen medesionele dagga en ander dagga maar met gewone straat dagga begin hul met dagga en gaan dan oor na sterker drugs dit is ss drank een word twee en twee drie ens ….dagga vir sekere siektes sal ek nog se is reg

linda limbo ·

plaas hou die kerk hom besig om die Woord te verkondig en
al die siele te red as om hulle te judge
as daai kerk mense kanker, chrohns disease, graves disease, Cushings disease het
sal hy my baie vinnig bel vir olie
dit bly jou keuse of jy te veel neem vir plesier of genoeg om jou lewe aan die gang te hou!
ek stem saam verban SUIKER!~
:-)
vivaDagga#

jakes ·

Dat dagga dalk medisinale eienskappe het is seker waar. Maar dit sal moet onder baie streng voorwaardes beheer moet word. N baie bekende manier om dagga nog n groter skop te gee is om mandrax tablette fyn te maak en dit saam met die zol te draai. Dagga het verskillende uitwerkings op mense . Misdaad gaan beslis meer word so ek is total gekant daarteen om dit te wettig. As dit streng beheer kan word miskien dan.

Ohhh Please ·

As ek kan uitvind wat die beste manier is om dagga te gebruik, begin ek vandag nog!
Ek is n paar jaar gelede gediagnoseer met Bipolar, Angs, BPD, en, en.
Pille sluk is mens se daaglike roetiene, amper erger, want jy kan n maaltyd oorslaan, maar nie jou medikasie nie!
Ek wil ook n normale lewe lei, en dit gaan beslis nie gebeur terwyl ek klomp pille moet sluk nie.

En nou? ·

@Ohhh Please – Ek stel voor jy kry die olie! Pal, dit werk soos ‘n bom! Jy sal nie kan glo jy het so lank gewag nie!

Blaarman ·

Verbeel jou ‘n groep imams (moslem dominees vir die wat nie weet nie) wil vir die res van die populasie voorsê hoe hulle moet leef en nie leef nie gebaseer op hulle geloofsoortuigings! En dit nogal deur wetgewing!

Nou wil die SARK dieselfde doen!

Bepaal julle by die verspreiding van die woord van God – nie die onderdrukking van die individu se regte en vryheid van keuse nie! Julle het lankal die plot verloor!

Reinhardt ·

Jesus het dan water in wyn verander (aangesien dit ook genoem word saam met dagga). Hoe kan dit dan n euwel wees?

Jodi ·

Maar hle laat owerspel en gay huwelike toe .wat in di bybel duidelik as n gruwel in God se oë gesien word.dubbele standaarde?

Msp ·

Ag asb. Konsentreer eerder op die krimenele toestand van moord, diefstal en verkragting in Suid Afrika. Ek werk jare lank met mense wat dagga rook en nog nooit ń probleem met hulle gehad nie maar ń ou wat dronk by die werk kom is ń probleem. Ek rook nou nie so sal dit nie probeer rook nie maar gaan verseker probeer tee maak daarvan en in verskillende salwe inmeng en kyk of dit nie vir iets help nie. :-)

Fred ·

Kerke, moet ophou om hul neuse in te druk waar dit nie hoort nie. Die meeste kerke is soos politieke partye wat die Bybel as hul toevlug gebruik terwyl hul self nie so onskuldig is nie. Dagga is ‘n plant wat deur God op die aarde gesit is vir medisinale gebruik. So nou wil die kerke God se werk bevraag teken.

Jaco ·

gedurende die apartheidsjare was die SARK voor in die koor met klagtes oor die sonde van apartheid wat so verskriklik onmenslik en onderdrukkend is. Die NG Kerk het later ook ob dieselfde “apartheid is sonde” bandwagon gespring. Uiteindelik was apartheid toe verby en het ons ons mooi “non-racial” demokrasie gekry. En nou doen daardie sogenaamde non-racial regering goed waarvan die SARK nie hou nie. Vreemd. Baie vreemd. Dis dan die regering wat hulle so graag wou gehad het.

Haan ·

Ek het etlike jare lank elke dag gerook. Dit het my verhoudings met die mense rondom my ernstig geskend. Dit het my selfbeeld geknou en my persoonlikheid drasties laat verander. Ek het gedink “aag wat dis net n plant” “mense wat sê dis verkeerd is stupid” ens.
Het dit geplant/geëet /verkoop… Alles
Of julle met my saamstem of nie. Ek kén dagga. Beter as enige iemand hier. Ons gaan n toename in dwelm misbruik (veral onder jongmense) sien. Verhoudings tussen mense gaan versleg. Werksetiek gaan afneem. Sonde gaan toeneem.
Die land juig oor die nuwe lekkerny, maar díe wat verstaan en werklik glo is met goeie rede baie bekommerd.
Die Griekse woord daarvoor is “pharmakeia” en beteken letterlik toordery.
Om jou inhibisies te verloor en jouself bloot te stel aan booshede.
Laat die ongelowiges doen wat hul vlees begeer,maar die ware Christen gesin moet ernstig begin bid teen die hedendaagse toename in alles wat verkeerd is.

En nou? ·

@Haan – Ek dink jy praat ‘n pot vol snot!
Dalk verskil dit van mens tot mens…
Of zol nou wettig was of nie, dis nog al die jare gebruik! Wil jy vir my se dat dit nou wettig gemaak is, gaan daar meer misdaad wees?
BTW – Dagga maak my ‘n beter mens, dit kalmeer my en my verhoudings met my familie kan nie beter nie!

Sê ook ma net ·

Skoon dagga self is nie ‘n probleem nie. Die probleem kom in by die feit dat sommige mense dit nie agv die uitwerking op hulle moet rook nie of meng met ander tipe dwelms. Een groot problem bly die jeug. Ongelukkig is dagga ‘n gateway drug. So daar is voordele en nadele verbonde aan die nuwe wet oor dagga, en al die voordele gaan afhang van hoe goed die mense die nadele benader en hanteer.

En nou? ·

Ek dink dit verskil van mens tot mens!
Ek het ‘n verslafende persoonlikheid!
Ek sal moet se kokaïen was my gateway drug!
Ek het elkedag 3 gram gebruik vir omtrent 5 jaar.
Die enigste ding wat my laat ophou kokaïen gebruik het, was dagga! Ek het alles probeer en begin moed opgee! Todat ek die pragtige groen blaar ontdek het!

Vaalknapie ·

Kom ons vergelyk tog nou eens en vir altyd appels met appels.
Laat iemand wat net cannabis rook dit los vir n week en laat iemand wie elke dag so min as tien sigarette rook op dieselfde dag ophou vir ‘n week. Gaan bly saam met albei in een huis en jy sal sien met wie jy kan saamleef.

My oupa het geleef tot op die ouderdom van 96jaar. Nie oor hy dagga gerook het nie, maar oor hy geweet het hoe om sy neus uit ander mense se sake te hou. SARK neem asb kennis.

frikkie ·

Die raad van kerke verloor hulle houvas op mense , daarom staan die gebruik van dagga in hulle pad. Ek rook nie dagga nie, maar is pro dagga wat die medisinale waarde aanbetref. Volop dagga sal dwelmverwante moorde afbring want die dwelm geveg gaan oor verkoop en beheer daarvan . neem beheer weg en moorde sal verminder

Nic ·

Hier is baie mense wat die klok hoor lui het en nie weet waar dit hang nie. Die regering sal nooit wette instel teen drank nie want almal van hulle gebruik dit en is n lekker melkkoei. Dagga as medisinaal is die beste ding wat kon gebeur soos leu gese het dit het baie pille vervang wat uiters skadelik vir jou liggaam is. Ek kan getuig van die goeie in die plant en al verbied hulle dit daar sal altyd iemand wees waar jy dit kan kry. Die wat so lekker gesels mense julle het nog nie iets soos kanker ervaar nie . Die farmaseutiese mense sal nie dagga goedpraat of goedkeur nie want hoekom sal hulle hul eie kele afsny en nie meer so lekker geld verdien nie.Hoeveel mense neem daagliks medikasie vir griep en verkoue maar 3 kruie wat beskikbaar is orals trek dit en jou verkoue is op n einde. Dokters sal dit ook nie goedpraat nie want hulle is vasgevang in hierdie medisyne euwel.

Vra maar net ·

Is die werk van die Kerk nie om die woord te verkondig nie?
Elke dan en wan wanneer dit hulle pas, bring hulle so snert storie op.
Bepaal julle by waarvoor julle daar is asb.
Verkondig wat daar is om te verkondig, en los dit wat ons Vader in die grond vir ons geplant het vir ons om te doen wat ons wil.
Die kerke is besig om ‘n grap te raak, hoekom raak hulle nie meer betrokke met iets wat meer vir die samelewing gaan beteken nie?
Spandeer julle tyd meer op mense leer van stories van die Bybel (rerig, ek en ek glo nie een persoon wat ek ken, ken ‘n derde van “die Bybel stories” nie)
Soos Daniel en die leeukuil, Noag se ark, Simson ens… daar is baie stories maar dit is mos makliker om te kan beoordeel oor wat is verkeerd en wat is reg.
Kom aan Kerke, skrik wakker en stel ‘n voorbeeld!

Santie ·

Niemand sal kla as dagga vir medisinale doeleindes gebruik word nie. Maar dan moet dit deur ‘n geneesheer voorgeskryf word. Dit dien absoluut sy doel.

Maar om dagga sommer so vir die lekkerte gebruik, lees ons duidelik van mense wat uit eie ondervinding, waarsku van die skade wat hulle later ondervind het, en dit duidelik afraai om te gebruik. Die dag as die pôpô die fan slaan, en hulle moet die gevolge dra of sien hoe hul kinders as gevolg hiervan ly, dan sal dit hulle wees wat eerste sal wil weet hoekom daar nie behoorlike navorsing gedoen is, en niemand die wettiging gekeer het nie. Nee ek stem saam met die Biskop.

Blaarman ·

Santie

Daar is heelwat voorbeelde van gevalle waar die mediese en psigiatriese fakulteite skadelik,oneffektief, agter die tyd en selfs net barbaars was. Net ‘n paar dekades terug, byvoorbeeld, was dit algemene praktyk om geestes siekes ‘n hersen operasie (lobotomy) toe te dien, dikwels ook terwyl die pasiënt misdiagnoseer was.

So is daar ook talle ander flaters wat as heilige koeie deur meeste mediese lui beskou was – onder andere tov dieetkunde, kankerbehandeling, depressiebehandeling en meer.

Ek sê dit met baie respek teenoor hierdie beroepe en die mense wat dit beoefen, want hulle het ook groot suksesse behaal.

Volgens jou argument wil jy mense die vryheid ontneem om self besluite oor hulle eie lewens te neem. Dit is gebaseer op die arrogante siening dat jy weet wat die beste is vir ander mense, of, alternatiewelik, dat jy nie omgee dat siek mense nou nog ontneem word van hulle vryheid van keuse en moontlik ook die regte behandeling vir hulle toestand nie.

Dokters het ‘n waardevolle funksie om te speel in die samelewing, maar ek glo nie dit is om god te speel oor mense wat nog helder vir hulleself kan dink nie. Nog minder is dit die regering se plek.

Phillip ·

Maar julle laat alle ander ON GODEKIKHEDE toe.Julle gaan aan soos regte Fariseers.Van buite blink maar van binne vrot.Bemoei jull met jul sake en maak dit eers reg voor jul probeer krap aan iets wat jul geen idee van het nie.Kry jul eie huis sake in orde voor jul begin rond kyk asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.