Raad van Kerke wil dagga die stryd aansê ná hofuitspraak

Biskop Malusi Mpumlwana, sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke. Foto: SACC

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) sê ondanks die konstitusionele hof se onlangse besluit om die private gebruik van dagga te wettig, beskou dié raad dagga steeds as “ʼn maatskaplike euwel” en sal hy alles in sy vermoë doen om ʼn stokkie hiervoor te steek.

Verteenwoordigers van die SARK se 36 lede, waaronder die NG Kerk, het verlede week oor die hofuitspraak beraadslaag. “Dis totaal onaanvaarbaar vir die Liggaam van Christus,” is die gevolgtrekking waartoe hulle gekom het.

Die raad raadpleeg nou sy regsverteenwoordigers oor gepaste maniere om die saak weer voor die konstitusionele hof te bring, “want die hof moet ontvanklik wees om sommige van die teenstrydighede in sy uitspraak te heroorweeg”.

Die SARK sê hy wil sy eie “wetenskaplike navorsing” laat doen om te bepaal of dagga regtig nuttige medisinale eienskappe het soos tydens die hofverrigtinge aangevoer is. “As dit wel die geval is, glo ons daar is ʼn moontlike teenstrydigheid tussen die vergunning vir private gebruik en die oorwegings van die kommersialisering van cannabis vir medisinale gebruik, wat nie in die hof se uitspraak met mekaar in verband gebring word nie.”

Die raad sê al die maatskaplike euwels en pastorale gevolge wat die hof se beslissing inhou vir gesinne, veral mindergegoede mense, soos bejaardes wat saam met problematiese kleinkinders woon, bedroef hulle.

“Dagga, tesame met drank en ander dwelmkonkoksies, is ʼn vername bron van die maatskaplike euwels in ons samelewing,” sê die raad in ʼn verklaring na aanleiding van sy vergadering. “As dit onbeheersd toegelaat word, sal ons samelewing moreel selfs verder verval.”

Die raad sê sy regslui sal in die volgende twee weke beskikbare wetenskaplike navorsing bymekaarmaak, wat voorgelê sal word aan die volgende raadgewende vergadering van die SARK op Donderdag 8 November in die Rhema-Bybelkerk in Randburg, Gauteng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

46 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ek dink

Hoekom kan dagga nie net soos ander medikasie hanteer word nie? Dit lyk tog asof dit vir sekere siekte toestande kan help. Dan kan medisinale dagga, net soos mirfien en ander verslawende middels, deur n mediese persoon voorgeskryf word indien nodig. Ek dink om dit vir almal beskikbaar te stel, is baie gevaarlik en onverantwoordelik. Hoeveel misdade word nie gepleeg terwyl mense onder die invloed van dagga is nie? Wat van onderwysers en ouers wat vir kinders verantwoordelik is? Of dokters wat moet opereer? En so kan ek aangaan. Ek hoop die Raad van Kerke is suksesvol, vur ons almal… Lees meer »

OMG

Don’t like weed, don’ smoke it. Don’t like gay marriage, don’t get one, don’t like whatever don’t do it….Live and let live!

Ek dink

Hoekom kan dagga nie net soos ander medikasie hanteer word nie? Dit lyk tog asof dit vir sekere siekte toestande kan help. Dan kan medisinale dagga, net soos mirfien en ander verslawende middels, deur n mediese persoon voorgeskryf word indien nodig. Ek dink om dit vir almal beskikbaar te stel, is baie gevaarlik en onverantwoordelik. Hoeveel misdade word nie gepleeg terwyl mense onder die invloed van dagga is nie? Wat van onderwysers en ouers wat vir kinders verantwoordelik is? Of dokters wat moet opereer? En so kan ek aangaan. Ek hoop die Raad van Kerke is suksesvol, vir ons almal… Lees meer »

Irma

Saam met dit is die toekoms van vele studente wat by kampusse sit met die doel om hulle vir ‘n toekoms te bekwaam net om dan id eindelose sirkel van drank en dwelms te beland. Kinders met potensiaal wat na hul ‘studente lewe’ met probleme en leë oë deur die lewe gaan. Vol hartseer en ‘n afhanklike bestaan. Finansieël afhanklik van ander omdat hulle nie verstaan het daardie gewoontes nie deel van ‘n suksesvolle lewe nie. Daardie ouers wat die beste vir hul kind wou hê sit met die seer en teleurstelling. Mense se oē moet oopgaan. Dis nie maanskyn… Lees meer »

V

Dankie SARK. Ek stem nie altyd saam met julle nie… Maar soos Alexander Hamilton sê: If you don’t stand for something, you’ll fall for anything. Dis ‘n goeie begin…