Raad verduidelik oor ‘SEB-vereistes’ vir uitvoere

In die geval waar ʼn kliënt nie ʼn SEB-sertifikaat het nie, kan hy dit eenvoudig só aandui of die voorgeskrewe verklaring invul indien sy omset minder as R10 miljoen per jaar is. (Argieffoto: Unsplash)

Die raad van toesig oor die uitvoer van bederfbare produkte (PPECB) het meer duidelikheid verskaf oor ʼn versoek dat al sy kliënte ʼn bewys van hul breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging-sertifisering (BB-SEB) indien.

Maroela Media het vroeër berig die landbouorganisasie Saai het onder meer sy diepe kommer te kenne gegee oor die vereistes en gesê dit gaan ʼn knou vir veral familieboerderye wees. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai, het gesê “dit is onduidelik hoe die departement verwag dat familieboere aan swart ekonomiese bemagtigingsvoorwaardes moet voldoen, veral wanneer dit by kwessies soos mede-eienaarskap en medebestuur kom”.

Die raad het intussen verduidelik dat die versoek in ooreenstemming met die Agri SEB-toepassingsriglyn wat in 2018 reeds gepubliseer is en wat in dié geval die PPECB verplig om die vlak van voldoening van sy kliënte te bepaal.

Die raad sê die doel van die indiening van sertifikate is om die vlak van voldoening in die sektor as ʼn geheel te bepaal en nié die voldoening van individue nie.

“Geen name van individue of entiteite is nodig vir hierdie verslag nie.”

Die PPECB vereis ook nie van sy kliënte om ʼn B-BBEE-registrasie te hê, of dat hulle ʼn spesifieke B-BBEE-status moet behaal nie.

In die geval waar ʼn kliënt nie ʼn SEB-sertifikaat het nie, kan hy dit eenvoudig só aandui of die voorgeskrewe verklaring invul indien sy omset minder as R10 miljoen per jaar is.

Die indiening van die sertifikaat geld ook net vir mense of entiteite wat regstreeks met die PPECB sake doen, dus as hy ʼn rekening by die PPECB het. Die sertifikaat moet teen 1 Desember ingedien word.

“Indien die PPECB nie regstreeks ʼn diens aan ʼn produsent lewer nie, hoef ʼn sertifikaat dus nie ingedien te word nie. Die PPECB sal teen die einde van sy finansiële jaar in Maart 2022 ʼn generiese verslag van voldoening by die betrokke departement indien.”

Die raad het die bedryf ook verseker dat geen kliënte se diens geraak gaan word weens hul bemagtigingstatus nie en maatskappye kan soos gewoonlik met uitvoere voortgaan.

Geen voldoeningsbepaling is nog vir die bedryf gestel nie, maar die departement van handel, nywerheid en mededinging kan oorweeg om sekere teikens te stel tydens die hersiening van B-BBEE-kodes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Bernard ·

Nadersluipende rasmalheid. Die buitelandse mark koop by wie hy wil.

Papsak ·

O liewe tyd hulle wil ook orals in wees gesien wees en gehoor word ons druk ons nie orals by hulle goed in nie

Parmantige samaritaan ·

Stop die boerdery. Brand die plase af tot op die grond. Los niks vir hierdie rampokkers nie.

Ferryman ·

Dit sal veroorsaak dat Suid Afrika glad nie meer beskou sal word as kwaliteit uitvoerder van vars produkte nie. Mense wil kwaliteit koop en stel glad nie belang wat die ras van die produsent is nie.
Suid Afrika skiet homself in die voet hier en die besluit saal die prys van vars produkte nadelig beinvloed soos wat kopers na ander markte sal soek.

JN ·

Rassisties bly rassisties…Die lot tans is erger as wat die vorige regering was!! Passes please!

Nici ·

Begin die duiwel nie altyd so nie? ‘Al wat ons wil he is om welkom te voel’ en voor jy jou oe uitvee is dit nie net meer die pinkie nie, dis sommer albei hande en voete ook en dan wonder almal ‘hoe het ons tot hier gekom?’

Anoniem ·

So hulle stel slegs belang in die groot geld bo 10 miljoen rand? Produsente kan in ieder geval nie swak produkte uitvoer nie, want hulle moet hengse kostes betaal om dit te laat “dump” en loop ook die risiko dat hulle produkte nie weer sal verkoop nie. Die rade is net middelmanne wat wil geld skep, want hulle dra weinig of geen risiko nie. Skaf die goed af.

Pieter ·

Los ouer people laat die anc vir hulle kos gee n kommunis bly maar net n gemors

Cryptogruppe ·

Siek tot in hulle gebeentes- en dan nogal Trots Suid-Afrikaans

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.