Raad wil ‘Bok’ se standbeeld verwyder

Die standbeeld van Willem Eduard Bok by die Boksburg-munisipale kantore. (Foto: Verskaf)

Die Ekurhuleni-metroraad aan die Oos-Rand wil die borsbeeld van Willem Eduard Bok skuif van waar dit tans langs die ererol in die Boksburg- munisipale kantoor se raadsaal staan.

Dit nadat ʼn mosie deur die EFF voor die raad gebring en deur die ANC gesteun is. Bok is ’n baie belangrike figuur in die geskiedenis van die Oos-Rand in Gauteng en die stad Boksburg is na hom vernoem. Die EFF steun op die argument dat Bok kwansuis een van die oorspronklike outeurs van apartheid was. Bok is in 1904 oorlede, 44 jaar voor die instelling van apartheidswetgewing.

Hy het in 1876 uit Nederland na Suid-Afrika verhuis, waar hy op verskeie vlakke van die regering gedien het.

Met die onafhanklikheidsverklaring is hy as die eerste staatsekretaris van die Suid-Afrikaanse Republiek benoem. ’n Pos wat hy vir byna ’n dekade sou beklee. Daarna is hy as regeringskommissaris in Johannesburg aangestel. In sy hoedanigheid as staatsekretaris het Bok die goudeise in die Oos-Rand-gebied van Transvaal geregistreer. Bokstraat in die Johannesburgse middestad is ook na hom vernoem.

Die mosie is in April reeds aanvaar, maar die provinsiale erfenisraad moet die besluit nog bekragtig. Die plan is glo om die standbeeld na die Germiston-museum te skuif.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het die besluit veroordeel. “Geen openbaredeelnameproses is tot op hede gedoen nie en daar is nie ’n erfenisplan in plek nie. Dit op sigself wys op ’n swak ondeurdagte besluit wat die raad inderhaas geneem het,” het Gerhard Pretorius, kommunikasiebestuurder van die FAK, gesê. Hy sê dit is ontstellend dat die raad die beeld na Germiston wil verskuif, aangesien Bok nie iets met Germiston te doen gehad het nie.

“Dit is weereens nog ’n bewys van die aanval op die Afrikaner se erfenis en kultuur en die FAK sal dit nie duld nie.”

Dié organisasie het nou ʼn petisie teen die verskuiwing van die borsbeeld van stapel gestuur.

Bok is deur die Franse Republiek vereer met ’n ridderskap in die Legioen van Eer en deur die Portugese regering met ’n ridderskap in die Orde van Our Lady of Immaculate Conception van Vila Viçosa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dries ·

Ek was raadslid en o/burgemeester van Boksburg. Ek het baie voor daai beeld gestaan en dankie geseê vir Willem Bok se bydrae in die totstandkoming van Boksburg. Maar laat die klomp doen wat hulle wil. Daardie stadsraad wat ein die verlede ons Empire was is nou so n gemors dat ek nie my voete daar wil sit nie. Disgrace is n under statement

annie ·

Die EFF en sy grootbaas is mos vreeslik lief vir Zimbabwe en sy uitskieters hierheen. Hou moed, binnekort prys ‘n standbeeld van Malema ook iewers in sy homeland veral oor sy hulp om SA land gelykmakend af te te plat vir maklik deurstap deur die Limpopo. Die Zim-dollar is glo te begeer vir kul-jou-hier-kul-jou-daar-waarde.

Jr ·

Dis hoekom Suid Afrika n hool is want tensy om die stad op te hewer maak ons boere hulle nog steeds bang en senuweeragtig. Hy Bok het dit opgebou en die gemors het dit disfunktioneel gemaak. Nou voel hulle minderwaardig en nou moet hulle viktim speel

Kenny ·

Agtog sit asseblieftog net n ou standbeeld van Malema se gat daarneer dan sal hulle ook tog sekerlik tevrede wees en meer bekommerd wees oor dienslewering

Nie Verbaas ·

Hulle moet eerder n beeld van Mal Emma êrens in n duiwehok oprig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.