Raad wil Motsoeneng glo weer aanstel

Argieffoto

Argieffoto

Die DA het die raad van die SAUK tot Maandag tyd gegee om te reageer op die stand van Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die openbare uitsaaier, se posisie by die korporasie nadat sy aanstelling deur die appèlhof ter syde gestel is.

Dit volg op gerugte wat die ronde doen dat die raad oorweeg om Motsoeneng weer as bedryfshoof aan te stel. The Times het Donderdag berig ʼn konsepresolusie waarin Faith Muthambi, minister van kommunikasie, gevra word om Motsoeneng in waarnemende hoedanigheid aan te stel, sal in Oktober tydens ʼn raadsvergadering voorgelê word vir bekragtiging.

Volgens die koerant is die resolusie Maandag aan raadslede gestuur vir goedkeuring.

Die DA het die SAUK gevra om Motsoeneng se posisie by die uitsaaier te bevestig, asook wanneer hy aangestel is. Die party het ook gevra of iemand anders aangestel is om as bedryfshoof waar te neem en wie daardie persoon is.

“Die SAUK is tyd gegee tot Maandag 26 September om op ons versoek te reageer. Motsoeneng en die SAUK moet nou gehoor gee aan die uitspraak van die Wes-Kaapse hooggeregshof. Indien hulle versuim om dit te doen, sal die DA geen ander keuse hê as om die saak verder te neem nie,” het James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende komitee, gesê.

Motsoeneng het glo Dinsdag “as ʼn gewone werknemer” vir werk aangemeld ná die appèlhof se uitspraak. Zola Majavu, sy prokureur, het gesê die raad moet besluit wat om met Motsoeneng te doen en sy kliënt sal nie verdere regstappe in die verband neem nie.

Regter Dennis Davies het verlede jaar in die Wes-Kaapse hooggeregshof beveel dat gegewe die negatiewe bevindings in ʼn ondersoek deur Thuli Madonsela, openbare beskermer, dit irrasioneel van Muthambi was om Motsoeneng permanent as bedryfshoof van die SAUK aan te stel.

Volgens Davies was Muthambi nie in die posisie om ʼn rasionele besluit te neem nie, aangesien die inligting voor haar “vaag en onduidelik” was. Madonsela het aanbeveel dat ʼn dissiplinêre proses teen Motsoeneng begin word nadat hy oor sy kwalifikasies gelieg het en onregmatig sy salaris verhoog het.

Volgens die DA, wat aanvanklik die aansoek gebring het, het die SAUK nou geen ander keuse as om Motsoeneng af te dank nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

tom ·

Hier kom n tweede zuma geval hierdie land is in sy ……………..in!!!

Pappapiet ·

Hoe op dees aarde kon die man in die eerste plek in die pos beland het? Hy weet duidelik niks van enigiets af nie! Waar is die demokratiese proses van werwing, aansoekdoening, sifting, ens. ens.? Hy is nog ‘n groter verleentheid as nr.1, as dit moontlik is!

Johan ·

Hy gaan soos zuma aangaan net soos hy wil terwyl Faith die minister is….as hy afgedank gaan word gaan hy ook een helse goue handdruk kry……….en verder ons belasting geld steel….hy gaan wen en die beslating betaler gaan weer verloor…

William ·

Tom jy so reg. Die land is dubbel en dwars in sy …… in. Met so no 1, al hierdie mense wat aangestel word in hoë posisies kan dit nie anders wees nie.

My opinie ·

Hoe arrogant en dikvellig kan sommige mense nog wees?! Die hooggeregshof moet mag gegee word om onbillike en onregmatige aanstellings ter syde te stel wanneer korrupsie en bedrog gepleeg is om sodanige posaanstelling te verkry. Dis die enigste manier om van ongewenste elemente en bedrieërs wat diktator wil speel ontslae te raak.

C ·

Hy verstaan nie eens wat hul hom in die hooggeregshof prober verduidelik het nie, hoe te meer kan hy dan nog verstaan wat in sy eie werksplek aangaan. Hierdie rooi-oogie lyk my is soos ‘n neut, hy klou daar waar hy sit. Miskien moet iemand maar ‘n vuurpyl onder sy stoel vasmaak!! Die skade wat aan die dak aangebring word kan ons belasting betalers sekerlik bekostig om weer te herste.

henk ·

HOEKOM het die DA dan nog nie strafregtelike klagtes van bedrog teen motsoeneng ingedien nie?

Ben ·

Ons vergeet baie gou.So ‘n “paar” jaar terug was drie dinge op elke grootmens se tong. Dit was die ” Rooi Gevaar ” , toe word dit die ” Swart Gevaar ” en toe word dit die ” Nuwe Wêreld Orde” ! Van die eerste twee het daar nie veel gekom nie. Kommunisme se nek is behoorlik gebreek – nog net so klompie in ons land wat vergeet dit is 2016 en nog steeds hulle kamerade Stalin en Lenin aanhang. In teendeel ek twyfel of hulle weet wie die ouens was. Die “Swart Gevaar” is aangeblaas met stories oor die Mau-Mau en die ” Nag van die Lang messe”. Hiervan het daar ook nie veel gekom behalwe dreigemente en ongelukkige plaas moorde nie. Baie van die moorde word in elk geval gepleeg deur kriminele uit buurlande.
Die derde gevaar bestaan en gaan nie net sommer weggaan nie.Die strategie van hierdie gevaar is om morele standaarde af te breek. Wanneer die mens dan ‘n punt bereik waar alles aanvaarbaar raak en die mense weerloos raak neem hierdie orde oor. Die Satan wag geduldig.

Kyk net hoe gaan dit in die topstruktuur van ons regering. Lieg, bedrieg, bedrog is aan die orde van die dag. Motsoeneng kan nooit deur die SAUK afgedank word nie. Hy weet dit dalk nie maar die rol wat hy vervul binne die SABC pas baie mooi in by die nuwe orde se strategie. Gaan kyk terug in die geskiedenis en besluit self of mens kwalifikasies nodig het om ‘n gevaarlik te wees.

Piet ·

Ben, ek veroordeel nie jou skrywe nie maar stem ook nie daarmee saam nie. Dis seker ons reg om te verskil. Persoonlik dink ek die rooi gevaar, swart gevaar en die nag van die lang messe is alles gevare wat steeds die blanke mense van Suid Afrika bedreig. As jy Karl Marx se “comunist manifesto” gelees het sal jy sien dit is gegrond op 3 bene nl. “Om godsdiens te verniettig, om alle eiendom te nasionaliseer, en om familie strukture af te breek (want die staat is jou ma en jou pa)”. Die selfde heidense magte waarna jy verwys was altyd en sal altyd sy werk aanhou doen. Ongelukkig het almal gedink toe die muur in Berlyn in 1989 val, het kommunisme ook geval. Die probleem is dat hulle nie weet wat kommunisme is nie.

Justice ·

En met elke appel wat aangeteken word, word die vonnis omgekeer tot ten laaste in die konstitionele hof vir ‘n finale beslissing – die regslui lag al die pad bank toe en die arm onskuldige persoon maak dit nie eens verby die eerste hof nie weens die onbekostigbare kostes van goeie regslui. Die regstelsel bevoordeel die met geld – al is hy so skuldig as kan kom want hy bly net appeleer tot ‘n regter in een van die howe in sy guns beslis of die klaer opgee weens ‘n tekort aan fondse.

Hasie ·

Johanna, ek hoop nie hierdie ou word weer as hoof van die SAUK aangestel nie, want ek hoor hy gaan die doodsvonnis inbring vir mense wat nie sy tv-lisenie betaal nie.

snoefie ·

aangemeld as n gewone werker maar steeds met uitvoerende hoof se salaris. wat van tugstappe teen faith mathambi?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.