Raad wil Puk-verslag oor ontgroening eers verder bekyk

Hoofhek van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus Foto: TimesLive

Hoofhek van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus Foto: TimesLive

Die Raad van die Noordwes-Universiteit (NWU) het Woensdag na afloop van ‘n spesiale vergadering bevestig dat hy nog tyd benodig voordat ʼn finale verslag oor ontgroening by die Potchefstroom-kampus aan Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, gestuur kan word.

Die raad het Woensdag ‘n spesiale vergadering gehou waartydens die verslag aan raadslede voorgelê is. Die verslag bevat die bevindings van ‘n ondersoek deur ‘n onafhanklike taakspan oor beweerde ontgroeningspraktyke op die kampusse van die NWU.

Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, sê die raad het ooreengekom dat hulle meer tyd nodig het om die inhoud en aanbevelings van die verslag te bestudeer waarna ‘n finale verslag aan die minister beskikbaar gemaak sal word.

Jacobs sê die voorsitter van die raad sal die besluit aan die minister kommunikeer. “Die raad sal op 19 en 20 Junie ‘n opvolgvergadering hou waartydens die verslag bespreek sal word.”

Peet van der Walt, voorsitter van die raad, het op versoek van minister Nzimande ‘n deeglike ondersoek van stapel gestuur na onder meer ontgroeningspraktyke op die PUK-kampus. Dit het gekom na berigte dat die Nazi-saluut op dié kampus gebruik is.

‘n Spesiale taakspan onder leiding van dr. Leon Wessels is vir die doel van die ondersoek aangestel. Die ondersoek is op 4 Maart van stapel gestuur en die raad moes teen vandag (4 Junie) terugvoer gee aan die minister.

Die taakspan se mandaat was onder meer om vas te stel of daar ‘n “kultuur van intimidasie, teistering, vrees en verwerping is” teen personeel en studente by die universiteit wat probeer om ‘n standpunt teen ontgroeningspraktyke in te neem. Die taakspan moes ook die onderskeie verwelkoming- en inlywingsprogramme by al die universiteit se kampusse ondersoek en aanbevelings maak oor hoe dit moontlik geherstruktureer kan word.

Lees ook:
NWU-klag teen dagblad teruggetrek; transformasie by Puk bespoedig
Voorstelle van internasionale ondersoekspan by NWU belemmer multi-kulturele inslag
Puk: Engels moet gelyk met Afrikaans, sê verslag
Theuns Eloff tree uit met roerende afskeidsboodskap
NWU dien klag in by Persombudsman teen dagblad
Puk-ondersoekspan bekend gemaak
Puk-koshuise: Ondersoek afgehandel
Puk-raadsvergadering: Eloff tree uit; ondersoek van stapel gestuur
Puk-groet: Raad besluit oor Puk se pad vorentoe
Zuma reageer op Puk-groet
Regshulp vir geskorste Puk-HK-lede
Oud-student bedank Puk vir balans
Video: Hitler se reaksie op Puk-groet
Basson se roekelose joernalistiek
Video: pukke moet transformeer – departement
Puk-studente begin met eie veldtog
Video: Puk-studente stap uit tydens Nazi-video
Solidariteit v. Beeld lok vurige reaksie uit
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: “Ons sal nie menseregteskendings duld nie”
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet ‘n g*tslag vir Afrikaans
Puk-rektor sê oor Nazi-saluut

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.