Raadslede dalk ondersoek oor Zuma-plakkaat

Die "Zuma must fall"-plakkaat wat op 15 Januarie 2016 in Kaapstad opgerig is Foto: Twitter

Die “Zuma must fall”-plakkaat wat op 15 Januarie 2016 in Kaapstad opgerig is Foto: Twitter

Die DA-speaker van die stad Kaapstad het Dinsdag gesê hy het begin met ʼn ondersoek oor die gedrag van raadslede wat glo oor die naweek betrokke was toe ANC-ondersteuners ʼn yslike “Zuma must fall”-plakkaat afgeskeur het.

“Na aanleiding van berigte deur die stad Kaapstad en die media, word daar ondersoek ingestel oor die gedrag van raadslede wat moontlik deel was van ʼn groep persone wat onwettig die plakkaat verwyder het wat teen ʼn gebou in Kaapstad se middestad opgerig is,” het Dirk Smit gesê.

Smit sal onder andere beeldmateriaal van die voorval ondersoek en, indien nodig, ook met getuies praat.

“Ek sal daarna besluit of die saak na die tugkomitee verwys moet word. Indien die raadslede die gedragskode oortree het, sal hulle voor die komitee moet verskyn,” het Smit bygevoeg. Hy het gesê indien raadslede die wet oortree het, sal klagtes by die polisie aanhangig gemaak word.

Terwyl die gemoedere hoog was, het ANC-LP Bongani Mkongi op Facebook gesê die Overbeek-woonstelblok, waarop die plakkaat aangebring is, moet afgebrand word. Hy het intussen om verskoning gevra en die ANC beplan nie enige stappe teen hom nie.

Maroela Media het vroeër berig die plakkaat is onwettig teen die woonstelblok, wat geleë is op die besige kruising waar Lang-, Kloof- en Oranjestraat bymekaarkom, aangebring. Die stad het die saak aan die vervolgingsgesag oorhandig, aangesien die grootte van die plakkaat die stad se bouregulasies oortree.

Smit het gesê die maatskappy, Independent Outdoor Media, het versuim om die nodige toestemming te bekom om die plakkaat op te rig.

Die saak het intussen ʼn politieke stryd tussen die ANC en die DA geword.

Lees alle vorige berigte oor “Zuma must fall” op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Marko Miladinovic ·

Mooi so DA, meer bewys van julle verhouding met die ANC. Geniet julle “Vark vreet vark op” politiek!

Elmarie ·

En nou moet ons ‘n verklaring onder teken as ons DA wil stem! Wat ‘n grap, groetnis DA julle sien my nie weer nie.

Henri ·

Die eienaar van IOM het die banier, asook die vlag, op sy koste aangebring, ek salueer hom daarvoor!
Die DA doen wat hulle veronderstel is om te doen, te opponeer waneer nodig. Elmarie, jy kan DA stem, slegs as jy as lid wil aansluit moet ‘n verklaring afgele word. Die verlaring is in lyn met die beleid wat se dat hulle alle vorme van rassisme teenstaan en nie sal duld nie maw swart teen wit, wit teen swart, maak nie saak nie. maimane se verklarings moet egter meer aandgtig gelees word as Mashaba s’n (op News 24) , hy druk die beginsels duideliker uit.
Sommige opskrifte op hul eie is baiekeer al klaar verwarrent.

Klaas ·

Jy kan nie n verkeerd met n verkeerd regmaak ni. So kla die ANC aan van moedswillige saak beskadiging.

Berhalet Beukes ·

Ek sekondeer, die ANC van saakbeskading aan. Ons almal weet al sou hulle toestemming gevra het om die plakkaat op te sit, sou dit nie toegestaan word nie.

DPJ ·

Die hele saak word nou skoon uit berband geruk vir politieke gewin. Wie gaan die meeste daar uit wen?

Vicus ·

Ek gaan nou ook iets lelik se, om verskoning vra en dan moet hulle my los!

Ai, jai jai!! ·

Ek dink Bongani Mkongi, ANC-LP, se uitlating (met verskoning en al), is BAIE erger asa Gareth Cliff se uitlating (met verskoning en al), dat “mense nie vryheid van spraak” verstaan nie. Bongani se “straf” moet eintlik baie erger as Cliff s’n wees! Ai, jai, jai!!!

Martin ·

Nou oortree hulle weer die bou-regulasies deur ‘n ewe groot landsvlag daar op te sit. In elk geval dit is te laat – die boodskap was duidelik.

Henri ·

Duidelik wat? Martin, IMO is die boodskap Zuma en al sy maaitjies, maw die ANC moet val voordat land SA (vlag is die simbool daarvan) weer sal opstaan. Ek sien dit as wat die een persoon wat beide opgesit het uit sy eie sak, daarmee wil se.

Henri ·

Alweer? Mag nie verwarring probeer voorkom nie? Dankie Maroela

Hein ·

Ek gaan nie stem nie! Ek gee my geld vir Afriforum en hulle kry baie meer reg as enige politieke party. Afriforum het Kaapstad Metro (DA) gehelp om hul rioolstortingsprobleem in Houtbaai op te los. Onthou in DA beheerde stadsrade is daar nog steeds BEE, regstellende aksie en die DA ondersteun hierdie beleide. Bewys my verkeerd.

Christo Pienaar ·

Onthou mense, as jy ‘n ANC lid is het NET die ANC die reg tot vryheid van spraak. Die Orania inwoners lag seker hulle g*tte af vir ons plebs wat gedink het die NSA gaan Utopia wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.