Raadslede raak handgemeen oor nuwe DA-lid

Rdl. Lutho Sokudela (23, links) vervang die gewese DA-raadslid Victor Manyati in Nelson Mandelabaai se metroraad nadat hy buite stemming gebly het toe die DA-speaker verwyder is. Foto: ANA

ʼn Chaos het Dinsdagoggend in Nelson Mandelabaai se raadsvergadering geheers toe DA-raadslede geweier het dat hul nuwe kollega uit die raad verwyder word.

Die drama het ontstaan kort nadat die stadsbestuurder, Johan Mettler, die onlangse uitspraak in die hooggeregshof in Port Elizabeth oor Victor Manyati se DA-lidmaatskap aangehaal het.

Mettler het gesê die uitspraak het dit duidelik gestel dat Manyati as raadslid moet aanbly tot die DA se tugproses teen hom afgehandel word.

Manyati het op 24 Augustus buite stemming gebly toe Jonathan Lawack van die DA as speaker onthef is. Net daarna is Athol Trollip as burgemeester uitgestem en deur Mongameli Bobani van die UDM vervang. Hy is eenparig verkies nadat die DA-koalisie die raadsaal verlaat het.

Tydens Dinsdagoggend se onstuimige vergadering het Werner Senekal van die DA gesê die partyprosesse teen Manyati is afgehandel; volgens dié party is hy nie langer ʼn raadslid nie.

“Wat hier gebeur, gaan my verstand te bowe,” het Senekal met verwysing na Manyati gesê.

Die nuwe speaker, Buyelwa Mafaya, het toe gelas dat die voornemende DA-raadslid, Lutho Sokudela, die raadsaal verlaat.

ʼn Skreegeveg het losgebars waartydens DA-raadslede ʼn menseketting om Sokudela gevorm het. Hulle het daarop aangedring dat hul nuwe raadslid nie die saal sou verlaat nie.

Mafaya het toe opdrag gegee dat munisipale veiligheidsbeamptes Sokudela verwyder. Metropolisiebeamptes en veiligheidswagte het die raadsaal binnegekom, waarna ʼn stoeiery ontstaan het.

Die DA en sy koalisievennote, Cope en die ACDP, het hulle verlede week tot die hooggeregshof gewend om die besluite op verlede maand se raadsvergadering te hersien of ongeldig te verklaar, maar die aansoek het misluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johan ·

En toe Manyati ewe kordaat homself tussen die ANC raadslede geplaas het, het die speaker niks gedoen nie.
Die ANC kan net een ding goed doen – dit is om niks te doen nie.
Die EFF kan net een ding goed doen – dit is om chaos te saai.
En dit som die kern van ons land se probleme op.

Lerato ·

Spot on Johan. Die EFF is die grootste bedreiging vir die land

Marianne Lotter ·

Sjoe! Dis verwarrend om te sien hoe volwasse leiers te kere gaan!
Die geskree en gejou… en dai kwaai gesigte is totaal swak en geen voorbeeld vir enige persoon.
Dis jammer dat ons belastingbetalers moet betaal vir hierdie soort gedrag

Afrikaanse Knaap ·

Die UDM het my teleur gestel met hulle gedrag in hierdie saak.

Theresa ·

Is 23 nie ‘n verspotte jong ouderdom om hierdie tipe “werk” te doen nie?

Adam ·

Nee wat, met die standaard van die politiek wat tans bedryf word is kleuters oud genoeg.

Hendrik van George ·

Stem. Nat agter die ore. Kon die DA nie ‘n meer geskikte persoon kry nie – dié party is ook besig om km ‘n sirkus te verander.

Wilma ·

Manyati seke baie betaal om buite stemming te bly. Oe opregte eerlike mense raak al skaarser ini wereld..sies vi mense wie omkoopbaar is en ook die wie bereid is om te betaal
Sies sies sies

Mrs H ·

Met hierdie soort gedrag, is dit moeilik om die kalliber “kinder-leiding” te vertrou met die leiding van ons land, finansies, ekonomie en vooruitsigte van SA burgers. Die skande skaal weeg nou erg skeef teenoor die leiers met geen skandes en korrupsie, bv VF+! Jutte DA kan amper aangekla word vir “minor slavery”, of het hulle aspris gesorg dat hulle dit net-net vryspring? Grapie…

Oom Kalahari ·

Politiek bly maar ‘n skaakspel waar korrupsie, omkopery ens hoogty vier. Daar is natuurlik 02 radikale groepe (Rooi pette en swart T-shirt groep) wat met alle geweld saam die cANCer groep sal werk om hul agendas te bereik. Athol Trollip was maar die teiken weens sy gelaatskleur en daarom moet alle strategiese beplanning gedoen word om hom te sink. Korripsie en omkoperye het maar die algehele struktuur geword. Die melkkoei sal nog leegloop. Dankie VF+ vir jul respek en integriteit om nie deel te wees van sulke swak optredes nie. Mag jul en Afriforum net groei in jul sterk beginsels.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.