Raadslid, 3 ander vas oor Limpopo-betogings

Beskadigde skoolgeboue in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) (Foto: ANA)

Beskadigde skoolgeboue in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) (Foto: ANA)

Nog vier mense, onder wie ʼn raadslid, is in hegtenis geneem in verband met die betogings in Vuwani, Hlanganani en Levubu in Limpopo die afgelope twee weke waartydens talle skole, geboue en voertuie aan die brand gesteek en beskadig is.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê altesaam 21 mense is tot op hede in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

“Die raadslid van die Makhado-distriksmunisipaliteit is Saterdagmiddag laat in hegtenis geneem toe hy ʼn spesiale gebedsessie in Mashau bygewoon het,” het Otto gesê. “Die gebedsessie is gereël om te bid vir ʼn einde aan die geweld in die gebied.”

Volgens Otto sal die vier mense wat oor die naweek in hegtenis geneem is Maandag in die Malamulele-landdroshof verskyn. Die ander 17 verdagtes sal Maandag en Dinsdag vir die tweede keer in howe in Malamulele en Thohoyandou verskyn om vir borgtog aansoek te doen.

Maroela Media het vroeër berig Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het gesê dit sal die regering honderde miljoene rande kos om die skole te herbou wat tydens die betogings in die Vuwani-gebied aan die brand gesteek is. Intussen probeer die regering inderhaas planne maak vir die duisende leerlinge wie se skoolloopbaan onbepaald onderbreek is nadat betogers hulle skole heeltemal afgebrand of beskadig het en die skole moes sluit weens die geweld in die gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Koos ·

Straf hulle deur hulle die skole te herbou, dit gaan nie help om hulle net toe te sluit nie

Daan ·

Raadslid van watter party. Is hy weer verkiesbaar. Want dan streun sy party hom mos

Hannes ·

Rommel status. Dit is waar ons geagte dept van onderwys hom bevind. Ook die polisie, weermag en die politisie wat dit nie kon keer nie

Magrieta de Beer ·

Die land was in opstand en miljoene is spandeer oor die president se vermorsing van staatsgeld, wat gaan met die krimenele gebeur wat ons skole afbrand en so geld vermors? Hulle ontneem wets gehoorsame kinders die reg om te leer en verbrand ander se rekords waarvoor huĺe hard gewerk het. Ek stel voor huĺle reg tot stemreg moet hulle ontneem word. Die wat net afbreek en verwoes behoort nie n reg te he om te stem nie.

Oupa Hen ·

Dit gaan die regering nie ń sent kos om die kriminele se skade te herstel nie. Dit kom uit die belasting betaler (dws. ek en jy) se sak.

Frederik ·

Angie is die minister van onderwys, maar ek het twyfel oor haar rekenkunde. Volgens haar berekeninge vroeër die week sal dit R 30miljoen+ kos om ‘n afgebrande skool te herbou. Die meeste van die afgebrande skole het bestaan uit twee klaskamers, twee kantore en twee toilette. Hoogstens R3 miljoen per skool of is hier ‘n wapentransaksie op pad?

Bruno Stef ·

My g!!t se deksel is hoe kan jy persoonlik die geweld en plundering aanstook en dan omdraai en ewe vroom bid dat die geweld moet ophou.

Buitestaander ·

Ek stem saam m et Magrieta de Beer almal wat stuldig bevind word se stem moet weg geneem word.
Laat hulle met hul eie hande geboue herbou, met hulle voete geboei sodat hul nie kan ontsnap nie. Met so ‘n voorbeeld sal hul twee maal dink.
Skuldiges mag nooit weer in ‘n openbare amp staan nie. Want dit is net ‘n voorbeeld vir ander om dieselfde te doen.

anne ·

Limpopo, nie te moeilik om te raai van watter party die raadslid is nie ??

Annette ·

Vir my te “wonderlik” hoe almalnou skarrel & berekeninge maak vir die skoolkinders wat nie kan skooltoe gaan, maar wat van die besighede (wat werk skep vir die inwoners) wat nie hul deure mag oopmaak nou al vir amper 3 weke!?!? Wie gaan hul vergoed vir die DUISENDE rande se skade gely agv die klomp idiote????

neelsie ·

Dit is die beeld van Suid Afrika!!
Met groot dankbaarheid aan Zuma en die Anc.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.