Raadslid, 3 ander vas oor N2-betoging voor Paasnaweek

Só het die verkeer op die N2 naby Thornhill in die Oos-Kaap gelyk nadat betogers die snelweg met brandende bande versper het (29 Maart 2018) Foto: Facebook

Nog vier verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ʼn betoging op die N2 kort voor Paasnaweek nadat dié verdagtes op beeldmateriaal van die betoging geïdentifiseer is.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê twee verdagtes is Sondag in hegtenis geneem en nog twee verdagtes vroeg vanoggend. Volgens Nkohli is een van dié verdagtes ʼn plaaslike raadslid.

“Twee van die mans, onderskeidelik 42 en 46 jaar oud, is Sondag in hegtenis geneem nadat beeldmateriaal wat tydens die betoging geneem is die aksies van die twee mans gewys het,” het Nkohli gesê. Die ander twee verdagtes, onderskeidelik 31 en 32 jaar oud, is vanoggend vasgetrek.

Nkohli het gesê die vier verdagtes sal Dinsdag in onderskeidelik die Patensie-landdroshof en die Hankey-landdroshof verskyn op aanklag van beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur.

“Die polisie kan bevestig dat ʼn paar ander mense ook binnekort in hegtenis geneem sal word,” het Nkohli gesê.

Die inhegtenisnemings kom nadat ʼn groep van ongeveer 200 betogers die dag voor Goeie Vrydag amok op die N2 naby Thornhill gesaai het deur die snelweg met brandende bande, sementblokke en takke te versper. Die betoging het tot erge verkeersvertragings in die gebied gelei.

Bongani David (31) en Nkululeko Komna (43) is nog dieselfde dag in hegtenis geneem. Hulle het intussen in die Hankey-landdroshof verskyn waar hulle op borgtog van R500 elk vrygelaat is. David en Komna sal op 17 Mei weer in die hof verskyn.

 Kol. Simon Swarts, bevelvoerder van die Humansdorp-polisiegroepering, het betogers gewaarsku dat die brand van bande op openbare paaie ʼn kriminele oortreding is wat tot lang tronkstraf of ʼn boete van miljoene rande kan lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tammy ·

n Raadslid wat infrastruktuur beskadig en chaos saai is mos n misdadiger. Kyk hoe lyk die mense wat tans regeer, dis n skande. Ek hoop hulle kry die hoogste moontlike straf. Wie betaal vir die infrastruktuur in hierdie land, die klomp melkkoeie ons, die belastingbetalers.

marous ·

Waarom nie dadelik 200 gearresteer nie ? Want hulle mag nie !

snoefie ·

“Kol. Simon Swarts, bevelvoerder van die Humansdorp-polisiegroepering, het betogers gewaarsku dat die brand van bande op openbare paaie ʼn kriminele oortreding is wat tot lang tronkstraf of ʼn boete van miljoene rande kan lei.”
kol. swarts stuur asb die inligring na alle polisiestasies in SA. jou kollegas akyn onbewus nan die feit te wees.

schalk ·

Dis nie die raadslid se skuld nie maar onverantwoordelike kiesers wat hom daar gestel het.Kiesers moet verantwoordelikheid aanvaar .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.