Raadslid ernstig beseer ná petrolbomaanval

Argieffoto

ʼn Gautengse raadslid het veelvuldige beserings opgedoen nadat sy huis in Randfontein Sondag in die vroeë oggendure met petrolbomme bestook is.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, sê die 58-jarige raadslid het in sy huis in Mohlakeng geslaap toe die voorval gebeur het. Lede van die polisie se plofstofeenheid het hulle tussen 04:00 en 05:00 na die toneel gehaas nadat hulle berigte van ʼn brandstigtingsvoorval ontvang het.

“Hoewel die omstandighede van die voorval nog vasgestel moet word, kan ons in dié stadium bevestig minstens drie ongebruikte petrolbomme is op die toneel gevind,” het Makhubele gesê. “Ons voorlopige ondersoek na die omvang van die skade aan die huis bevestig die moontlikheid dat ander plofstowwe behalwe petrolbomme ook deur die verdagtes gebruik is.”

Makhubele sê die raadslid het ernstige beserings aan sy bolyf opgedoen en is na ʼn hospitaal gehaas.

Die polisiebestuur in Gauteng het die voorval ten sterkste veroordeel en ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om na vore te kom met inligting wat die polisie kan help om die skuldiges vas te trek.

Die motief vir die aanval op die raadslid se huis is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Philip ·

Dis siek. Kani verstaan dat hulle niks omgee om lewens te neem nie. Weet nie eintlik wat die oplossing is nie. Gelukkig is die man nie dood nie.

James ·

Maar julle het dan met julle vote mense soos hy gekies en nog verkies.

Philip ·

Hoe weet jy wat ek gestem het? Die daad is onmenslik en my kommentaar het niks met politiek te doen nie. Ek kyk van ‘n Christilike vertrek punt. Jammer as jy dit nie insien of verstaan nie

Philip ·

Hoe weet jy wat ek gestem het? My kommentaar gaan nie oor politiek nie maar van ‘n Christelike punt gesien. Dit sal jammer weer as jy nie dit verstaan of insien nie.

Renè Dames ·

Genade wat bekommer julle oor politiek. Die is n mens wat aangeval is ongeag watter party hy verteenwoordig. Dis elkeen se reg om aan ‘n party van sy keuse te behoort en nogtans in vrede te leef

Chris Ws ·

Dis tyd dat die SAP wakkerskrik.’n Beloning hoort aangebied te word om mense aan temoedig om inligting aan hulle te veskaf.Dis die enigste manier.Brandstigters is potensiele moordenaars en moet as sulks deur die howe getraf te word en vir lewenslanktronk toe gestuur te word..Maar hulle word oor die vingers getik en gese “jy moet dit nou nie weer doen gehoor”

Michelle ·

Maak nou nie saak wie stem vir wie nie of vir wat nie Ramaposa homself het gese almal sal ‘n regverdige verkiesing en stem reg hê maar oral is daar verwoesting gesaai skole gebrand en die soort insidente die mense moet toegesluit word elkeen het ‘n reg. Die mense word opgesteek om die dinge te doen dit is ‘n lafaard hy hoort in die tronk agter tralies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.