ʼn Gautengse raadslid het veelvuldige beserings opgedoen nadat sy huis in Randfontein Sondag in die vroeë oggendure met petrolbomme bestook is.
Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, sê die 58-jarige raadslid het in sy huis in Mohlakeng geslaap toe die voorval gebeur het. Lede van die polisie se plofstofeenheid het hulle tussen 04:00 en 05:00 na die toneel gehaas nadat hulle berigte van ʼn brandstigtingsvoorval ontvang het.
“Hoewel die omstandighede van die voorval nog vasgestel moet word, kan ons in dié stadium bevestig minstens drie ongebruikte petrolbomme is op die toneel gevind,” het Makhubele gesê. “Ons voorlopige ondersoek na die omvang van die skade aan die huis bevestig die moontlikheid dat ander plofstowwe behalwe petrolbomme ook deur die verdagtes gebruik is.”
Makhubele sê die raadslid het ernstige beserings aan sy bolyf opgedoen en is na ʼn hospitaal gehaas.
Die polisiebestuur in Gauteng het die voorval ten sterkste veroordeel en ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om na vore te kom met inligting wat die polisie kan help om die skuldiges vas te trek.
Die motief vir die aanval op die raadslid se huis is nog nie bekend nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Dis siek. Kani verstaan dat hulle niks omgee om lewens te neem nie. Weet nie eintlik wat die oplossing is nie. Gelukkig is die man nie dood nie.
Maar julle het dan met julle vote mense soos hy gekies en nog verkies.
Die poppe sal hierdie week begin dans
Van watter party is jy?
Genade wat bekommer julle oor politiek. Die is n mens wat aangeval is ongeag watter party hy verteenwoordig. Dis elkeen se reg om aan ‘n party van sy keuse te behoort en nogtans in vrede te leef