Raadslid, GPF-lede hoor hul lot ná moord

hof-hamer

Argieffoto.

Sewe mans, onder wie ’n voormalige raadslid van Dr. JS Moroka-munisipaliteit en twee voormalige gemeenskapspolisiëringsforumlede, sal vandag in die Pretoria-hooggeregshof gevonnis word ná ’n man ontvoer en vermoor is.

Oupa Mtshweni (36), Elias Msiza (60), Joseph Baloyi (57) en hul vyf makkers het glo op 26 Augustus 2015 vir Jacob Buti Mahlangu (32) ontvoer en vermoor.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het omstreeks 21:00 ’n wenk ontvang dat ’n groep lede van die gemeenskap ’n man in Siyabuswa in Mpumalanga langs ʼn sportterrein aanrand.

“Hulle het hulle na die toneel gehaas en Mahlangu, wat daarvan beskuldig is dat hy batterye gesteel het, gered. Paramedici is ontbied, maar Mahlangu is ongelukkig op die toneel dood,” het Sedibe gesê.

’n Saak van moord en ontvoering is aanhangig gemaak. Mtshweni, Msiza, Baloyi en hul makkers, Petros Mtshweni (36), Thoko Skosana (34), Ivy Masombuka (31), Bongani Masilela (27) en Senzo Mhlanga (27), is gevolglik in hegtenis geneem.

Hulle is elk borgtog van R3 000 toegestaan voor hulle skuldig bevind is op 4 April 2017.

“Die polisie glo dat die saak as ʼn voorbeeld sal dien en ander sal keer om sulke misdade te pleeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Vinkie ·

Dit vat SEWE ‘mans’ om slegs EEN witman dood te maak …. lafaards!

Stephanus ·

Lees weer, hulle het nie ‘n witman doodgemaak nie!!!!

t ·

…en uit kom die raskaart.
RAS HET NIKS UIT TE WAAI AS MENSE SOOS DIERE OPTREE NIE!

Chrisjan ·

Vinkie dit vat net een man om roekeloos of nalatig te wees. Die reel is eenvoudig, moenie jouselfn teiken maak nie.

Martin ·

En wat dan oor 6 maande loop hulle weer vry rond en die belasting betaler het hom gesponser

anton ·

Dit verstom my dat mense n berig lees maar eintelik nie regtig lees wat daar staan nie!
Volgens my is ”Jacob, Buti Mahlangu” nie n blanke persoon nie, indien wel, eet ek my hoed op.

Tanya ·

Ek stem Anton. Dit is asof hulle sit en soek na die woord moord in die berig en dan sommer klaar self (verkeerde) afleidings maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.