Raadslid hoor sy lot ná geweld by vergadering

Gamalihleli Maqula is Maandag vrygesrpeek van die aanklagte teen hom. Argieffoto: ANA

Gamalihleli Maqula (28), die ANC-raadslid van die Nelson Mandelabaai-metro wat teregstaan op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, is Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof vrygespreek van die aanklagte teen hom.

Maqula is daarvan verdink dat hy Werner Senekal, die DA se hoofsweep van die raad, op 27 Oktober 2016 tydens ʼn skermutseling by ʼn raadsvergadering met ʼn skerp voorwerp in die rug gesteek het.

Maqula is vrygespreek nadat die staat sy saak afgesluit het en sy regsverteenwoorder, Luthando Ngqakayi, ʼn aansoek om ontslag ingevolge artikel 174 van die Strafproseswet ingedien het.

Ingevolge dié artikel kan die hof die ontslag van ʼn beskuldigde gelas indien die hof van mening is dat daar geen getuienis is waarop ʼn skuldigbevinding rederlikerwys kan plaasvind nie.

Landdros Morne Cannon het in sy uitspraak gesê daar is geen bewyse voor die hof om Maqula skuldig te bevind nie. Hy het gesê ʼn video wat deur ʼn omstander gemaak is, dra nie veel gewig nie.

“In my siening is die video nie veel van ʼn bewys of hy [Maqula] vir Senekal gesteek of beseer het nie. In die video is dit duidelik dat hy [Maqula] ongewapen is,” het Cannon gesê.

Cannon het gesê selfs met Senekal se getuienis het Senekal gesukkel om homself in die video te identifiseer. Senekal het ook toegegee dat hy nie weet wanneer, waar of wie hom gesteek het nie.

Cannon het gesê ʼn dokter se getuie het slegs bevestig dat Senekal ʼn besering opgedoen het, maar volgens mediese bewyse was dit waarskynlik nie deur ʼn mes veroorsaak nie.

Andile Lungisa (39), wat na bewering tydens die chaotiese vergadering ʼn glaskruik oor Rano Kayser, burgemeesterskomiteelid vir vervoer gebreek het, moet nog geroep word om te getuig.

Lees die vorige berigte oor die voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Manie Strydom ·

Watter opgevoede volwassene doen so iets ,dan is hy nog n raadslid kan net dink hoe sy kinders is met so n rolmodel.

Phillip ·

As dit nou wit was wat swart gesteek het , het die vido getel en n hof stuk geword

TJOL ·

JANEE weer geweet hy gaan niks oorkom as hy van die regte party is nie. Neewat hierdie stories van die ou word vervolg en daai ou is VAS het ek nou al gesien is alles tjol. Hulle loop vry anderkant uit en lag vir die slagoffer, by die volgende sitting doen hy weer dieselfde. Daar is nooit genoegsame ‘getuienis’ teen hierdie mense nie .. almal raak skielik blind en doof en die video word of nie gebruik nie of is nie ‘duidelik’ genoeg nie .. en hy lag lekker. Dis JUSTICE in Suid Afrika as jy vir die ‘verkeerde’ party stem.

PIPPIE LANGKOUS ·

Kyk aan watse party behoort hulle dan sal jy verstaan…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.