Raadslid in hof oor moord op tienerseun

court-hammer_thumbʼn Raadslid van die Madibeng-munisipaliteit in Noordwes het Donderdag saam met haar seun en nog ʼn verdagte in die Ga-Rankuwa-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn tienerseun.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, sê die 44-jarige raadslid, haar 19-jarige seun en hul 25-jarige buurman is vrygelaat hangende verdere ondersoek. “Die hof het meer inligting versoek, aangesien dit ʼn geval van bende-geregtigheid was,” het hy gesê.

Die raadslid, haar seun en hulle buurman het glo die 17-jarige seun aangerand nadat hy glo iemand in Brits wou verkrag. “Daar word beweer die verdagtes het die seun gestamp dat hy op die grond val en hom geskop. Hy is na ʼn hospitaal geneem waar hy later dood is.”

Ngubane sê die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.