Raadslid in Pretoria doodgeskiet

Siphiwe Montlha. Foto: Verskaf.

Siphiwe Montlha (41), ʼn ANC-raadslid van wyk 37 in Soshanguve, noord van Pretoria, is Dinsdagaand doodgeskiet.

Die ANC het intussen sy hartseer oor dié voorval uitgespreek. Teboho Joala, die ANC se streekswoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die moord het omstreeks 22:00 Dinsdag in Shoshanguve plaasgevind. “Hy was saam met iemand by ʼn bouperseel en hulle is deur twee mans genader. Hy is doodgeskiet en die ander man in die been gewond.”

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale woordvoerder van die polisie, het dié feite aan Maroela Media bevestig en gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord.

Dlamini het gesê niks is tydens die voorval by die oorledene of beseerde gesteel nie. “Die aanvallers het net geskiet en toe gevlug.”

Joala het gesê Montlha was distriksvoorsitter van die Jong Kommunisteliga, sekretaris van die subdistrik van die SAKP, takvoorsitter van die ANC, asook taksekretaris van die ANC. Hy is in 2011 deur die gemeenskap en die ANC gevra om vir wykraadslid te staan en is in 2016 herverkies.

“Sy dood sal ʼn reuseleemte laat in die harte van dié wat saam met hom in die raad gedien het. ANC-hoofsweep in die raad, Aaron Malulele, het gesê hy is werklik hartseer gelaat deur hierdie tragiese verlies van een van ons eie. Ek bid tot die Here dat Hy vir ons krag en moed sal gee om deur hierdie moeilike tyd te kom,” het Joala gesê.

Die ANC het ook sy medelye aan Montlha se familie en vriende betuig.

Begrafnisreëlings sal nog bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

jakes ·

Moord en doodslag is mos die nuwe stokperdjie in SA. Die lewe van n mens is nikswerd hier nie.

Michael ·

Liewe vader mense kan die ANC nie sien wat in die land aan gaan nie. Waneer gaan hulle wakker word slaap hulle dan so vas?

zis ·

O! Nee, die grote CR is nou Staats president,hy voel vere vir die land se mense,plaas laat hy regkom en werk maak daarvan, al wat op die brein is, is grond onteiening.

Pieter ·

Het iemand vir Lindiwe met haar denail houding hiervan laat weet.

GM ·

Tien uur die aand by ‘n bouperseel? Saketransaksies wat nie vir ander se oë of ore bedoel was nie?

Chris du preez ·

Die ander ou in die been geskiet. Dit is duidelik soos daglig hy is deel van hierdie plan

Koos de Meyer. ·

Nee, sy is sienen de blind en hoorinde doof. Ons land het in ‘n moord en kriminele paradys ont aard. Wet en orde bestaan net vir ons blankes. Baie hartseer.

Alida ·

Koos hoekom nou weer ‘n kleur daaraan koppel. Ek stem saam dat die reg teen ons is maar hier is ‘n man dood wat ouers, vrou en kinders het. Ai man.

Casper Labuschagne ·

Stappie vir stappie volg ons in die spore van sosialistiese Venezuela waar die opskrifte vandag lyk soos enkele jare gelede se opskrifte in Venezuela.

kat ·

ja ne dit wys jou ne as jy nie wil werk vir jou geld nie word n raadslid maar ai die n gevaarlike beroep in ons ou landjie is die een agter die loop die oorwinnaar ai tog sterke aan sy familie in die land van ons is n mens se lewe niks werd nie

Eddie ·

Daar was ook vanoggend n helse geskietery in brakpan. Is nog steeds aan die gang. My dogter se daar lyke naby haar huis. Die dorp is glo in rep en roer blykbaar oor taxi geweld.

honourable member ·

Dis gaan net erger word want daar is mos lankal nie meer n afskrikmiddel vir moord nie. Die tronke het mos nou hotelle geword vir hierdie mense so hulle gee glad nie om om daar te wees nie. Hier is ook geen wet en orde mee in hierdie land nie. Nee ou Cyril jy beteken ook nie veel vir hierdie land nie. Niks het die afgelope 100 dae wat jy in beheer is verbeter nie, in teendeel alles word net erger.

Alida ·

Natuurlik gaan nou niks gebeur nie. As CR en Cele nou hul vuiste bal verloor hulle stemme in 2019. Dit maak sin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.