Raadslid met baksteen geslaan by beraad

Die saal waar die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan- (GOP-) beraad in Midrand gehou is nadat die geweld uitgebreek het (18 April 2017). Foto: Verskaf

Die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan- (GOP-) beraad wat Dinsdagaand in Midrand gehou is, het in chaos ontaard nadat geweld uitgebreek het waartydens ʼn raadslid met ʼn baksteen teen die kop geslaan en nog ʼn raadslid ʼn groot sny aan sy kop opgedoen het.

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het gesê hy sal nou strafregtelike aanklagte teen die skuldiges aanhangig maak.

“Gisteraand het die ANC die GOP-beraad, wat by Midrand High School gehou is, met geweld ontwrig. ʼn Aantal mense is beseer, waaronder ʼn lid van die EFF wat ʼn sny aan sy kop opgedoen het. Andrew Osmond, voorsitter van wyk 112, is so hard met ʼn baksteen teen die kop geslaan dat hy harsingskudding opgedoen het en hospitaal toe geneem moes word,” het Mashaba gesê.

Mashaba, wat ʼn lid van die DA is, het gesê die “aanval op ons demokrasie” is deur ANC-raadslede gelei. Hy het gesê hy word met geen ander keuse gelaat as om strafregtelike aanklagte aanhangig te maak nie.

Die saal waar die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan- (GOP-) beraad in Midrand gehou is nadat die geweld uitgebreek het (18 April 2017). Foto: Verskaf

Volgens Mashaba is die geweld georkestreer deur ANC-raadslede. “Ek doen weereens ʼn beroep op Paul Mashatile, die ANC se provinsiale voorsitter, om dringend dissiplinêre stappe teen hierdie mense te doen,” het hy gesê.

“Ongeag die ANC se pogings om te verhoed dat die openbare gesprekke voortgaan, het beamptes van die Stad en lede van die gemeenskap by die saal gebly en verseker dat die werk, om verandering vir die mense van Johannesburg te bring, voortgaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Theresa B ·

Alles moet altyd met geweld gedoen word. Niemand kan meer soos beskaafde mense ‘n vergadering hou nie. En alles is afdraande………………………..

Uvonka ·

TIPIES! Dit is mos die gedrag waaraan ons noual gewoond is.

pieter ·

Tipies ANC alles met geweld gemaak dan kry hulle niks reg nie. PATETIES

bogale ya mpya ·

Die party van skurke, ook genoem die ANC, kan blykbaar eenvoudig nie met hulle onderskeie een en een halwe breinselle kan aanvaar dat hulle besig is om te verloor nie.

Andre ·

Lekker man. Is dit die “demokratiese vryheid” waarna ons land streef? Dis beslis waarheen ons oppad is…

Awie ·

Warom kom jy met n baksteen na n vergadering toe as jy nie wil nonsens aanjaag nie? Wetteloosheid in die politiek is skrikwekkend. Demokrasie beteken niks en klaarblyklik word dit gladnie verstaan nie.

Magda ·

Ai tog gaan met ‘n baksteen na ‘n raadsvergadering. Ek sal maar elke oggend ‘n paar klippe in my handsak moet sit.

Charmaine Coetzee ·

how kan hulle nie eers in vrede byeenkom dis baie sleg watse voorbeeld shame on you anc !!

Elizabeth ·

Dit is hoe die anc hul probleme oplos van hul ontstaan ñ 100+ jaar terug. Alles met geweld, ñ vuurhouttjie en brandstof, bakstene, klippe en wapens, daar word nie onderhandel nie, geweld sal gebruik word! Mens sien dit daagliks in die sogenaamde “Mob justice”, kleinkindertjies gooi saam klip, dans saam met die ma om die brandende liggaam! Die ANC is geweld, geweld is die ANC. Ons kan vir onsself dink wat gaan gebeur as die ANC die 2019 verkiesing gaan verloor………

Nel ·

Hulle sien politieke vryheid as die vernietiging van die ordelike beginsels van ‘n beskaafde samelewing.

Koos1 ·

En moenie van die bomme vergeet nie. Gewoonlik word sagte teikens ook gekies.
DIT is ‘n skandvlek op ons land se naam, maar neem in ag dat die ANC op die verloorpad is met sy huidige leier, en dit AL manier is hoe hulle weet hulle kan wen!
Ons land is voor 1994 gekonfronteer met ‘n burgeroorlog wat God sy dank nie gebeur het nie, maar lyk my ons is weer op daai pad, met rolskaatse aan, op ys!

Charmaine Griffiths ·

Elizabeth jy is die enigste op die oomblik wat aanmerkings aanbetref wat die meeste insig het oor gebeure. Kry almal asseblief DVD “Tainted Heroes” vanaf Afriforum en betaal en kry sommer nog vir aanstuur na vriende en kennisse oorsee.

Koos B ·

Dit is nou ware Afrika demokrasie As jy nie na my pype dans nie gaan ek jou seermaak,vermoor,
verkrag,martel en nog meer.

Hendrik ·

Waar kry ‘n mens los bakstene wat in die raadsaal rondle? Kan die sekurititeit nie gekyk het wat mense in hulle hande het as hulle die saal binnekom nie. Nee hierdie demokrasie is sommer ‘n stink spul van die begin af en dit gaan so bly totdat die paadjies skei….

MissDemeanor ·

Liewe hel! Waar bly ons? Is die persoon wat die slaanwerk gedoen het n raadslid? Het hy ‘n verstands ouderdom van ‘n 2jarige kind? Skors die blikskottel.

Ossewa ·

Whaaaaaaaaahahahaha dit is nou classy. Die mense wat ons land en ons munisipaliteite moet beheer en bestuur neuk mekaar met bakstene oor die kop .. die bloed vloei, geweld, moor, roof, brandsteek, slaan, skop, veg. Lyk my die struggle is nog lank nie verby nie, nou struggle hulle net met mekaar.

w ·

Is Domokratiese Regering nie dalk net vir beskaafde mense nie. Maar moeilik vi die ANC dat hul nie kan hanteer hul het vani Metros verloor nie. Kan mens n barbaar opvoed?nee ek glo beslis nie

F ·

Laat dink my terug aan die lekker ou dae toe die Natte en Sappe mekaar met tamaties en skoolsaal stoele bygekom het.

PJ ·

Wonder wat gaan gebeur sou die anc uit die kussings gelig word in 2019 hulle sal nie mag opgee

Jaco Grobler ·

Die keer darem nie kolonialisme se skuld nie, maar wel die Turke, hulle moes beter geweet het toe hulle bakstene begin maak het duisende jare terug!

Violet ·

Sal nou moet vra vir dangerpay voor jy na n vergadering toe gaan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.