Raadslid vas ná korrupsie-lokval

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn Raadslid van die Polokwane-munisipaliteit is in hegtenis geneem nadat sy omkoopgeld van mense wat desperaat was vir werk aanvaar het.

Kapt. Matimba Malulele, woordvoerder van die Valke, het gesê die 35-jarige raadslid is vasgetrek nadat daar ʼn lokval vir haar gestel is en R2 000 se “omkoopgeld” aan haar betaal is deur ʼn geheime beampte van die Valke.

Die raadslid sal binnekort in die Polokwane-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie.

In ʼn ander onverwante saak is Irene Pienaar, 55,  Woensdag R2 000 borgtog toegestaan deur die Tzaneen-landdroshof nadat sy glo kliënte se geld na haar eie bankrekening herlei het.

Haar werkgewer, Johan Steyn Attorneys, het glo onreëlmatighede opgemerk ná ʼn oudit op die firma gedoen is en het dit by die Valke aangemeld, waarna Pienaar in hegtenis geneem is.

Sy staan tereg op 91 klagtes van bedrog en sal 7 Desember weer in die Tzaneen-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Callie ·

Hoekom word die ou kleintjies aangekla. Gaan lees Paauw se boek. Zuma en sy trawante steel openlik triljoene en niks gebeur nie. Almal leef in n droomwereld wat glo daar is nog n regbank met waardes in die land. Net die Zuma bondgenote het regte

Basjan ·

Ja ou Callie. Dit is my vraag ook. Dit laat ‘n mens wonder.

Leahim ·

Ons weet nou van die Pienaar vrou maar wie is die raadslid?

Lizza ·

Die “raadslid” se naam word nie genoem nie maar Irene Pienaar sin wel.

MarieM ·

Lizza, haar naam sal genoem word, want sy het klaar in die hof verskyn.

Heng ·

R2000 is darem maar te min om jou naam voor weg te gooi eish. R2000 borgtog is ook hopeloos te min vir iemand wie baie groter bedra as dit gesteel het….ons het darem maar ‘n deurmekaar “demo-kasie”.

snoefie ·

“mense desperaat vir werk,” wat kan bekostig om R2000 bribes te betaal moet ook aangekla word. almal weet immers jy koop nie werk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.