Raadslid wat glo in afsondering partytjie hou, wéér in die sop

‘n Skermskoot uit die video op Twitter.

Die ANC-raadslid van Limpopo wat na bewering partytjie gehou het tydens die streng afsonderingstydperk, is die naweek in hegtenis geneem nadat sy na bewering dronk bestuur het.

Tebogo Mamorobela, ’n raadslid by die Makhado-munisipaliteit, is Saterdag op Louis Trichardt op aanklagte van dronk- en roekelose bestuur in hegtenis geneem nadat sy met haar wit Ford Ranger teen ’n muur en ’n ander voertuig gebots het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Mamorobela is oor die naweek op waarskuwing vrygelaat en beveel om Maandag in die plaaslike landdroshof te verskyn. Dit het egter nie gebeur nie aangesien die saak nooit op die hofrol geplaas is nie.

“Die staatsaanklaer het na die dossier gekyk en gevra dat die polisie meer inligting inwin voordat die saak aangehoor kan word,” het Mojapelo gesê.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Limpopo, het op haar beurt gesê die NVG kan nie vervolg indien daar geen elemente van die oortreding of bewyse is wat die verdagte aan die beweerde oortreding verbind nie.

Jacques Smalle, DA-leier in Limpopo, sê dit lyk nou of daar van vertragingstaktiek gebruik gemaak word. “Ongeag wie dit is, só ’n persoon moet by regte in ’n hof verskyn en dit het nie gebeur nie.

“Ons vra dat daar strenger teenoor Mamorobela opgetree word. Dit is duidelik dat sy ’n probleem het om by regulasies en die etiese kode van raadslede te bly.”

Maroela Media het vroeër berig Mamorobela is in April vanjaar ook in hegtenis geneem nadat ’n video aan die lig gekom het wat wys hoe sy in Louis Trichardt langs ’n tafel vol drank dans terwyl haar vriende toekyk. Die partytjie is glo op 12 April gehou om die raadslid se verjaardag te vier.

Sy het later saam met twee medebeskuldigdes in die landdroshof waar hulle elkeen op borgtog van R1 000 vrygelaat is.

Mamorobela is destyds beveel om haar onmiddellik te onttrek aan die munisipaliteit se aktiwiteite totdat die saak in ’n hof beslis is. Mamorobela sou ook ’n maand se salaris verloor.

Volgens Smalle se wete het Mamorobela nog nie voor ’n etiese komitee vir haar gedrag in die video verskyn nie.

Maroela Media het ’n navraag aan Malabi-Dzhangi gerig rakende die aanklagte wat spruit uit die video en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Termiet ·

anc untouchables. Wette en regulasies geld nie vir hulle nie. Hiervan gaan niks kom nie. As dit ek was wat dronk bestuur het, het ek sekerlik nou nog gesit.

Nie Verbaas ·

En die wereld word net meer en meer bewus van ANC sirkus en pogings om kaders te beskerm. ANC is al verby die laagste graad van mislukking.

Jr ·

Weereens stuur na FILE 13 at LETHULI HOUSE. PUT IT AT THE BOTTOM OF THE PILE SO IT DOESN’T COME OUT

Anel ·

Op waarskuwing nogal! Dronkbestuur, roekeloos en nalatige bestuur plus ongeluk met ander voertuig! En ‘n muur! Wonder wie was in die ander motor? Kan raai, maar mag nie sê nie. Ek dit ek was het ek nogsteeds gesit of dalk borg gekry na klomp weke en dan sou dit dalk duisende rande wees.

Mallie ·

Dank haar onmiddelik af. Sy is n verleensheid vir Suid Afrika.

Hendrik ·

“Die staatsaanklaer het na die dossier gekyk en gevra dat die polisie meer inligting inwin voordat die saak aangehoor kan word,” het Mojapelo gesê.
Is ons reg en geregtigheid en howe ook gekaap??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.