‘Raaisel’ agter plaasmoorde bekyk

Lorraine Claasen. Foto: Verskaf

Lorraine Claasen. Foto: Verskaf

’n Omvattende studie gaan gedoen word in ʼn poging om antwoorde te vind op die raaisel agter plaasmoorde.

AfriForum het Maandag aangekondig hy het ʼn navorser aangestel om die studie te behartig wat meer as 100 gevallestudies dwarsoor Suid-Afrika sal insluit. Die burgerregte-organisasie het ook ’n beroep op die publiek gedoen om hom te nader as hulle self deur ’n plaasaanval geraak is of enige inligting het wat vir die studie van waarde kan wees.

“Daar is te veel vrae waarop daar nog nie antwoorde is nie,” het Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum gesê. “Ons wil vasstel of tendense in hierdie aanvalle vasgestel kan word. Die debat oor die motief agter plaasmoorde verdien ook verdere ondersoek. Dan is daar ook vrae oor hoe gereeld plaasaanvalle deur buitelanders gepleeg word, hoe gereeld dit die gevolg van arbeidsgeskille tussen boere en werkers is en watter veiligheidsmaatreëls die doeltreffendste is om plaasaanvalle te voorkom.”

Die studie sal deur Lorraine Claasen, ’n deskundige in plaasaanvalle gedoen word. Claasen gaan, met die hulp van AfriForum se plaaslike strukture, gevallestudies van dwarsoor die land behartig. Onderhoude sal gevoer word met slagoffers wat plaasaanvalle oorleef het, geliefdes van persone wat op plase vermoor is, plaaswerkers en veroordeelde plaasmoordenaars.

Onderwerpe wat deur die studie gedek sal word sluit die volgende in:

• die doeltreffendheid van bepaalde veiligheidsmaatreëls;
• die samestelling van verskillende statistieke wat met plaasaanvalle verband hou;
• die koste-implikasie van ’n plaasmoord;
• die sielkundige impak van ’n plaasaanval of -moord op slagoffers;
• die impak op plaaswerkers;
• die doeltreffendheid van polisie-ondersoeke na plaasmoorde; en
• die impak wat haatspraak en politieke opstokery het.

AfriForum het die publiek aangemoedig om enige inligting oor plaasaanvalle of -moorde onder hul aandag te bring sodat dit deel van die studie kan vorm. “Geen inligting is te onbelangrik om onder ons aandag te bring nie,” het Claasen gesê.

• Mense wat inligting wil deel kan AfriForum e-pos by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

sarie ·

Ek is ook ‘n nommer van ‘n kind watse ma vermoor is, sy is op Jamestown in die Ooskaap vermoor. Deur 2 on opgevoede mense. Een was ‘n ontsnapte, die ander een was maar seker net terloops op die toneel. My Ma was 70jr, haar moordenaars was 27 + 29jr. Die een wat ontsnap het, was reeds in tronk vir moord op ou dame. Hulle het haar vermoor vir R20.00, ek vertel maar alles net kortliks. My neef wat op daai stadium in die SAP was, en wat die toneel besoek het, het ook sy eie lewe geneem. Die toneel was vir hom te grusaam. My ma is met 303 geskiet van die boer wat hulle by ingebreek het. Sy was Chrissie Petronella Jansen van Vuuren van Molteno. Haar vriend was Mnr. Naude, van die Jamestown distrik. Dankie, dat ek my storie net kortliks met julle deel. Dankie! Hulle is in Jhb gearristeer, maar glo hulle is seker alweer iewers in ons strate, gereed vir volgende proei. Sarie Greeff

Angie ·

Sarie, woorde het ek nie meer nie, kan jou net baie sterkte toewens.

HEVW ·

Wat van n spionasiediens om agter die kap van die byl te kom. Sodat hulle agter die skerms uitgelig kan word. Baie moontlik sit hul in die parlement.Moontlik is daar nog buitelandse faksies betrokke.Die uiteindelike doel is dat die blanke in SA n uitfaserende faktor is.

Sjert ·

Dat Maroela die raaisel in aanhalingstekens plaas, is veelseggend en in die kol.

Daar kan weinig twyfel bestaan dat plaasaanvalle ten doel het om die wittes van landbougrond af te verdryf… Soos in Zimpapwe.

Kriminaliteit en kriminele is bloot ‘n rookskerm wat deur diesulkes wat die aanvalle aanspoor, aangewend word om die uiteindelike doel te bereik – om wittes met minimum-koste en -moeite te verdryf…Soos in Zimpapwe

Om die aanstigters te soek, mag dit die moeite loon om na die ou MK geledere te koekeloer. Die War Wetterins…Soos in Zimpapwe.

Bloot enkele gedagtes oor die talle ooreenkomste wat ons droewe land met gebeure in Zimpapwe oor die afgelope aantal jare toon.

UT Mijnhardt ·

As jy wil weet wie instgeer iets , soos beplan n oorlog edm , kyk aan wie behoort alles na die tyd . Wie wil alles beheer ? Z ? Nee nie daardie Z nie , die Z.. J….Daniel 11:43″ En hy sal mag hê oor die skatte van goud en silwer en oor al die kosbaarhede van Egipte, terwyl die Líbiërs en die Kusiete sy voetstappe volg.” Meer duidelik – die Libiers en Kusiete sal sy voetsoldate wees . Z..J.. doen niks self nie .Wie sou , met n staandemag van 40 of wat miljoen ? Hierdie keer is ook dan die derde probeerslag om alles hier te besit , Boere oorlog , Vat land , Depressie , boer verlaat grond gaan werk vir Z..J.. in die myn . Nou , party boere verkoop plaas , woon nou in stad en word net n verbruiker , ander word vermoor , ander weer gee in grondeise . Z..J.. moet alle vaste eiendom besit om te verseker dat almal sy slawe is ,hy die alleen eienaar is en beheer oor alles het . Die “raaisel” word slegs opgelos as ons verby die ooglopende , die voetsoldate , kyk . Daniel 11:39″ So sal hy dan optree teen die versterkte vestings met behulp van ‘n vreemde god; diegene wat hy erken, sal hy baie eer en hulle oor baie laat heers en grond as beloning uitdeel.” Moet lees god van kragte (god of forces) . Wie aanbid die god? Wie werk so n bietjie saam met die “grondgrypers” ? Wie se familie plase was nie afgebrand die vorige keer nie? Wie het n plasie bygekry na die oorlog ? Mooifontein is nou Doemvlakte en nou kry n iemand dit .

Carel ·

Lorraine – kyk of jy kan uitvind waarom/hoekom kon plaasmoorde gedurende die 2010 wereld beker gestop word?

Sover ek verstaan/onthou het die regering gevra dat daar geen plaas moorde gedurende die tydperk moet plaasvind nie en dit was dan ook so – ek dink n week na die afloop van die toernooi is n man(boer tussen Ventersdorp/Potch aangeval – hoe is dit moontlik dat dit gestop kon word?

rissiepit ·

Carel,indien dit wat jy daar beweer werklik die waarheid is…kan ek net noem dit spreek meer as boekdele.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.