Raaisel oor gesteelde ambulans

Foto word met vergunning van Jacobus Myburgh, Krugersdorp Nuus, geplaas.

Foto word met vergunning van Jacobus Myburgh, Krugersdorp Nuus, geplaas.

Die polisie en eienaar van ʼn privaat ambulansdiens probeer nog steeds bepaal wie ʼn ambulans sou steel, berig Krugersdorp Nuus.

Jacobus Myburgh van Krugersdorp Nuus berig die ambulans, wat Roodepoort, Honeydew, Randburg en Krugersdorp bedien het, is op 23 Maart van die ambulansdiens se perseel gesteel.

Eric Nicholls, eienaar van Vitalmed, het aan Krugerdorp Nuus gesê die waarde van die ambulans beloop meer as R800 000. “Die ambulans het by ons perseel parkeer gestaan. Ons het ʼn oproep ontvang van ʼn voertuigongeluk op die hoek van Blueberryrylaan en Hendrik Potgieterweg en is dadelik na die toneel,” het Nicholls verduidelik. Die beseerdes is egter reeds deur ander mediese dienste behandel en hulle het na die perseel teruggekeer. “Ons het omstreeks 18:30 teruggekeer, en ontdek ons is beroof. Die hek is oopgebreek, daar is met die slotte gepeuter en die ambulans was skoonveld.”

Volgens Nicholls is niks anders gesteel nie. Die ambulans het ʼn opsporingstelsel en is verseker.

Karen Jacobs, woordvoerder vir die Honeydew-polisiestasie, het aan Krugersdorp Nuus bevestig ʼn saak van diefstal is oopgemaak. Enigiemand met meer inligting word versoek om Nicholls by 083 488 9989 te skakel.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Grassie ·

Die polisie en eienaars wonder wie nou `n ambulans sou steel. In watter land dink hulle woon hulle?

Slim Daan ·

Eenvoudig. Die ding staan gestal onder n afdak by die Nkandla-kliniek.

alet ·

Hulle gebruik hom seker vir n lykswa of taxi wat nog steel moet hulle kan nie verstaan hulle kry alles verniet

jakes ·

Kyk by taxi rank en ondersoek polisielede- dom vraag: Hoekom het eienaar ambulans op perseel gelos toe hul na ongelukstoneel was??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.