Raaisel oor ma, dogter se liggame in Durbanville-huis

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Die liggaam van ’n ma en dogter is Maandagoggend in ’n huis in Durbanville in die Wes-Kaap ontdek.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die dogter dalk selfdood gepleeg het. Dit volg nadat die polisie ’n selfdoodbrief op die toneel gevind het. Die ma is dalk vermoor.

Volgens kapt. Marchelle Rhode, polisiewoordvoerder, is die vrouens se liggame in ’n huis in Die Goue Akker-kompleks in Gladstone-straat, Durbanville, gevind. Die polisie kon in hierdie stadium nog nie hul name bekendmaak nie.

“Die opsigter van die kompleks het die twee vroue se liggame in die huis ontdek,” bevestig Rhode.

Volgens Rhode is ’n vrou, iets in haar 60’s, se liggaam in ’n kamer gevind. Sy het ’n skietwond aan haar ken gehad. Sy het ook ’n vuurwapen in haar hand gehad.

“Die vrou se ma, in haar 90’s, se liggaam was in ’n ander kamer aangetref. Daar is twee leë 9 kg-gasbottels in die kamer saam met haar gevind.”

Albei vroue is op die toneel dood verklaar.

“Die polisie ondersoek ’n saak van moord en selfdood.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.