Raaisel oor verlore hond met juweliersware om nek

'n Afrikanus-kruising is in 'n straat in Milnerton aan 'n paal vasgemaak met dié juweliersware aan haar halsbandjie. (Foto: Facebook)

‘n Africanus-kruising is in ‘n straat in Milnerton aan ‘n paal vasgemaak met dié juweliersware aan haar halsbandjie. (Foto: Facebook)

Cheryl Lyn Potgieter, ʼn diereredder van Milnerton in die Wes-Kaap, krap kop oor ʼn hond wat met ʼn duur hangertjie en ring wat aan haar halsband vasgemaak is, na ʼn diereskuiling in dié voorstad gebring is.

Volgens Potgieter, eienaar van die Cheryl Lyn Rescue Organisation, is dié hond, ʼn Africanus-kruising, deur ʼn vrou in ʼn straat in Milnerton gevind waar sy aan ʼn paal vasgemaak was.

“Die vrou het die hond na die Tafelsig-dierekliniek geneem waarna sy deur die Fallen Angels-groep na my organisasie gebring is om te probeer uitpluis aan wie die hond behoort,” vertel Potgieter aan Maroela Media.

“Die ring wat aan die halsbandjie vasgemaak is, is nie ʼn egte diamantring nie, maar lyk steeds asof dit goeie juweliersware is. Die hangertjie is beslis ʼn stuk juweliersware van baie goeie gehalte en dit is wat die storie so vreemd maak,” sê Potgieter.

Dié ring is saam met 'n hangertjie aan die hond se halsband vasgemaak. (Foto: Facebook)

Dié ring is saam met ‘n hangertjie aan die hond se halsband vasgemaak. (Foto: Facebook)

Sy sê sy het reeds twee wenke gekry oor die hond se moontlike eienaar. “Iemand het my uit Rondebosch gebel en gesê sy lyk presies soos ʼn hond wat daar op ʼn vermis-plakkaat pryk en iemand anders het my laat weet die hond behoort aan ʼn boemelaar in Milnerton. Dit is vir ons egter baie moeilik om te sê, maar ek kan aanvoel dat daar iets baie vreemd aan die storie is.”

Sy voeg by dat hulle desperaat is vir inligting en dat hulle die hond uiteraard so gou moontlik aan haar regte eienaar wil terugbesorg. “As enigiemand inligting het oor die hond, moet hulle asseblief nie skroom om my te kontak nie.”

Bel Potgieter by 082 770 2667.

Die hondjie wat aan die paal vasgemaak is. (Foto: Verskaf)

Die hondjie wat aan die paal vasgemaak is. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

35 Kommentare

jongste oudste gewildste
EKhouVANVRAE

Dalk ‘n meisie wat haar kerel gelos het en dit op so manier gedoen het?
Ek hoop haar mense kry haar…..

Magda

Baie interessant. Gaan beslis hierdie storie volg :-)

Alta Schutte

Siesstog..ek hoop die eienaar word opgespoor!

Ounooi jy is ‘n beauty

Pragtige Ounooi ek hoop jy is gou weer veilig en warm in jou eie bed met ‘n vol maag by jou eie huis.

Willie

Seker weer n siek person wat die ander persoon wil verpes. Arme dier… mense is wreed teenoor diere… God slaap nie..