Raaisel oor vrou se verbrande liggaam langs grondpad

plaas-polisie-veld

(Argieffoto)

Die Bethelsdorp-polisie het die publiek se hulp ingeroep nadat die liggaam van ʼn vrou langs ʼn pad in Booysenspark by Port Elizabeth aangetref is.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, sê ʼn verbyganger het ʼn lid van die publiek wat rommel wou gaan weggooi Vrydag omstreeks 14:00 op die grondpad tussen Bethelsdorp en Greenbushes voorgekeer en ingelig oor ʼn gebrande liggaam in ʼn oop stuk veld daar naby.

Die polisie is na die toneel ontbied en hulle het ʼn vrou se liggaam daar aangetref.

“Die liggaam was in ʼn gevorderde stadium van ontbinding. Die polisie vermoed die liggaam lê al tussen drie en vier weke op die stortingsterrein,” sê Naidu.

“Haar arms en rug was bedek met swart roet. Haar swart hare het ook gedeeltelik gebrand. Haar gesig is onherkenbaar en sy het ʼn blou top aangehad.”

Naidu sê die slagoffer is vermoedelik ʼn bruin vrou tussen 20 en 30 jaar oud. Sy het ʼn tatoe van ʼn blom op haar regterskouer.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en het enigiemand met inligting oor die vrou se identiteit, of wat weet van ʼn vrou wat al geruime tyd vermis is, gevra om lt.kol. Allan Stuurman van die Bethelsdorp-polisie te skakel by 071 608 1641.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kokerboom

Ons het ‘n wrede ongenaakbare land geword!!

Alp

Geen respek vir ‘n mense lewe nie.