Raaisel verdiep ná jong egpaar saam sterf

Jacques en Sunita van Dyk. Foto: facebook

Sunita van Dyk, wie se liggaam verlede maand langs dié van haar man in hul halfgebrande plaashuis gevind is, het volgens ’n lykskouing nekbeserings gehad.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie. Sunita en haar man, Jacques, se liggame is op 10 Mei omstreeks 03:15 in hul plaashuis buite Wellington gevind nadat die polisie daarheen ontbied is en die vlamme wat besig was om hul huis te verswelg geblus is.

Jacques het as ʼn voorman gewerk op ʼn plaas in Voor-Groenberg buite Wellington. Sunita was ’n onderwyseres aan die Laerskool Paarl Gimnasium. Die egpaar sou kort ná hul dood hul vyfde huweliksherdenking gevier het.

“Die forensiese verslag is steeds uitstaande,” het Rwexana gesê in antwoord op ’n vraag oor die oorsaak van die brand. Sy het wel bevestig die nadoodse ondersoek het getoon Sunita het nekbeserings gehad. Dis in dié stadium egter nie duidelik wat tot die beserings gelei het nie.

Volgens Rwexana is Sunita en Jacques aan rookinaseming dood. Hul liggame is in die badkamer aangetref. Die egpaar se hond, Skollie, is ook dood in die badkamer aangetref. “Die polisie is steeds besig met ’n geregtelike doodsondersoek,” het Rwexana gesê.

Intussen is daar steeds talle onbeantwoorde vrae, soos hoekom die egpaar nie daarin kon slaag om uit die huis te ontsnap nie en of die brand moontlik deur ’n kaggel veroorsaak is. Die vrae kom ook te midde van bewerings dat Sunita ’n buite-egtelike verhouding gehad het.

’n Troosdiens is op 16 Mei vir die egpaar gehou in die NG Moederkerk in Wellington.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

al ·

Ek hoop die raaisel word opgelos. Sterkte aan die speurders met hul taak.

Werklik hartseer ·

Werklike hartseer storietjie, as al die gissings waar is, is ek woedend . Ek sal liewer as alles duidelik is kommentaar lewer. Ek dink net aan die onderskeie families, beide jong mense se vriende en familie word so diep geraak, ons kan net vir julle bid.

Stienie ·

en toe het die rook hom en die honde oorval.sy was nog nie dood,net bewusteloos,dis hoekom sy nog koolstofmonoksied ingeasem het,en ook dood is.Ek het by Ralie oor die draad gehoor,sy is op facebook.

Hennie ·

10 Mei het alles gebeur en nou nog geen antwoord nie? Hoeveel maande het die polisie nog nodig om basiese antwoorde te kry soos wat het die brand laat ontstaan? Hulle kon vasstel die vrou het nekbeserings en is dood van rook inaseming maar die forensies verslag is nog uitstaande! Geen wonder ons is in rommelstatus nie . . .

Baasspeurder ·

Daar is seker baie administrasie en forensiese voetwerk wat gedoen word, leidrade wat opgevolg, verklarings wat geneem moet word – speurwerk is nie kar koop nie.

jakoba ·

Dit is nie ‘n TV CSI nie daar is baie forensiese ondersoeke en ontrafelings wat gedoen moet word jong. Dinge word nie oornag opgelos nie.

Kaspaas ·

Sjoe Hennie dis net op TV waar n saak in 60 minute opgelos word. Die lykskouing is buite die polisie se beheer en word deur Staats pataloë gedoen. Die brand ondersoek het verskeie rolspelers wT betrokke is. Ek moet se ek is baie seker daar sal n arrestasie binnekort wees en ek is seker daar is verdagtes wat die polisie ondersoek. Die probleem is nie daar maar na die arrestasie met die regstelsel, dit gaan seker 2-3 jaar vat vir n skuldug/onskuldig bevinding

Elaine ·

Afrika tyd. Baie waar.
Hartseer vir die families oor al die stories en stertjies maar ons afrika land se mense het geen gevoel vir hul naaste…. laat ek liewer nie se wat ek dink.

Marisa ·

Vir my is die grootste raaisel waarom hulle nie uit die huis padgegee het toe die brand ontstaan het nie.

Onussie ·

Waar is die goedgelowiges nou wat kwaad was toe ons gesê het hulle dood lyk suspisieus? Nee maar ons ou nasietjie is nog so naief en op die verdediging. Wel wel. Kom ons kyk hoe draai dit uit. Net jammer vir die pragtige mense se families. Baie sterkte en simpatie met julle verlies!!

Adriana ·

Indien daar vuilspel was hoop ek daardie persoon slaap onrustig.

nhk ·

Die stelling is reeds gemaak in n laerskool koerant/brief. Hierdie was n huurmoord was vasgekeer gewees in die badkamer.

Okkie ·

Nhk dit wil so voorkom.Dan is daar ook die gesegde in hierdie tipe ding dat die skuldige/skuldiges gewoonlik terugkeer na waar die daad uitgevoer was.Indien ek verkeerd is sal ek julle wysheid aanvaar. Ek wonder maar net want lees ook maar net wat in die pers staan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.