Raaisel verdiep oor liggaam in Raslouw

Die toneel waar die liggaam gevind is. Foto: Verskaf

Die polisie in Pretoria kon steeds nie die identiteit vasstel van ʼn man wie se liggaam Vrydag in Raslouw, in die Centurion-omgewing, gevind is nie.

Kapt. Agnes Huma, polisiewoordvoerder, sê ʼn inwoner het op die liggaam afgekom nadat hy grond vir sy tuin in die gebied wou gaan oplaai.

“Daar was geen beserings aan die liggaam nie en hy het ʼn kombers oor sy voete gehad,” het Huma gesê.

“ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.”

Volgens die polisie was die man glo haweloos en het hy vermoedelik in sy slaap gesterf.

Rikus von Benecke, ʼn paramedikus wat op die toneel was, sê egter die man se hande en voete was vasgebind. Hy sê daar het reeds ontbinding begin plaasvind, hoewel die grond om die liggaam betreklik vars gelyk het.

Die man se voete was by sy enkels vasgemaak met wat soos ʼn kledingstuk gelyk het, het Von Benecke gesê.

Die man is vermoedelik in sy sestigs.

Enigiemand wat kan help om die man se familie op te spoor, kan ao. Van Rensburg by 082 335 2479 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Persheks Adri ·

Jy vat die woorde uit my mond uit! Maak glad nie sin nie, maar ja daai redenasie vermoë gaan my verstand te bowe ook ou Cele se trots die klomp…

Persheks Adri ·

Nou hoe moet ons help as ons GEEN beskrywing het nie? Die ras word nie eers genoem nie en ja slim polisie hy’s dood en vas gemaak en toe met ‘n kombers huh? Iemand is weer deur die marakkas eish

Zombie ·

Volgens die SAPD het die persoon in sy slaap gesterf. In ń vlak graf met hande en voete vasgebind.
Redenaar die SAPD dat die persoon sy hande en voete vasgebind het, in ń vlak graf gaan slaap het en toe in sy slaap tot sterwe gekom het?
Mag die afgestorwene se siel in vrede rus.

Casper ·

Hoe kan jy in jou slaap sterf met jou voete en hande vasgebind?Die liggaam was reeds besig om te ontbind so die liggaam het al ‘n geruime tyd daar gelê .Was daar nie so tyd terug op hawelose mense jag gemaak in Centurion nie en het die polisie nie gesien sy hande en voete is vasgemaak nie.Kom ons wag vir die nadoodse ondersoek maar dit klink of hy verwurg is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.