Raaiselagtige skietvoorval op KZN-plaas ondersoek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Boer (73) is in ʼn kritieke toestand nadat hy Woensdagoggend op sy plaas naby Byrne Village in Richmond, KwaZulu-Natal, geskiet is.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê dit het omstreeks 07:00 gebeur. “Nadat ʼn man die boer geskiet het, het hy homself na bewering doodgeskiet. Die motief vir die voorval is nie bekend nie en word nog ondersoek,” het Zwane gesê.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die huis ontbied en het ʼn man, wat glo ook in sy 70s was, se liggaam op die rusbank in die huis gevind met ʼn skietwond in sy bors. Die boer was ook op die toneel en het verskeie skietwonde in sy bolyf opgedoen. Hy was in ʼn kritieke toestand, het hy gesê.

“Die man is op die toneel gestabiliseer voordat hy na die Mediclinic Pietermaritzburg gehaas is,” het Meiring gesê.

Volgens Zwane is niks tydens die voorval gesteel nie. ʼn Saak van poging tot moord en ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen. Zwane wou nie die boer of die oorledene se naam bekendmaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Gesiggie ·

..Weereens nog n boer wat geskiet is…. hierdie was wraak, die oorledene het seker gedink hy het die boer dood geskiet…daarom homself ook geskiet. volgens berig n man ook in sy 70” ? hierdie klink soos kwaad vir kwaad vergeld… niks is gesteel, en die oorlede man was in die sitkamer gevind? hier was n gestry en baklei… sterkte Oom hoop jy herstel vinnig..sal ook nie weet wie het eerste geskiet ? na bewering is nie beslis?… Raaisel…

johann cb ·

KarooKlong, ek dink Gesiggie moes ‘n speurder geword het! (^_-)

Gesiggie ·

johann cb…. ja maybe moes ek, want die polisie raai te veel… en vat te lank….nou maak ons maar partykeer ons eie afleidings… (^ _- ) ha ha…

Liewe heksie ·

Dankie die Boer lewe nog en hopenlik sal ons nie te lank hoef te raai nie

vermeende ·

Hel man Maroela, wat gaan vandag met julle aan. Ek kom soek vandag so bietjie vermaak waarmee ek kan doen en daar is niks vandag oor die Zuma hanswors nie……nee man!
Net moord en geweld.

johann cb ·

Ek is bly jy het ‘n goeie sin vir humor Gesiggie! Groete.

Cherokee ·

Gesiggie, is jy nie lus om ‘n ander saak te ontrafel nie? Dit was so lank gelede dat selfs die name vergete gebly het van ‘n relatief welgestelde egpaar wat vermoor is en hul dogter wat met ‘geheue verlies’ in ‘n hospitaal beland het terwyl hul seun klaarblyklik heel daaruit gestap het. Heel behalwe vir ‘n stigma wat soos super glue geplak het. Daar word geen woord meer daaroor gesprak nie.

Rln ·

Sal ook graag wil weet wat het van die Stellenbosch moord geword…

Joann ·

Chrokee ek wag ok vir daai saak. Hoekom het polisie dan dit so swak ondersoek,maar Parys boere se saak word uitgerafel en als word ondersoek. Snaaks dat die Stellenboch mense se een seun nie veel oorgekom het nie.

Cherokee ·

Joann, dit is interessant dat daardie saak geen soos in geen mediadekking kry. So asof iets weggesteek word. Nêrens hoor jy ook enige navrae daaroor nie.

Oom Kalahari ·

Die ander 70jarige het seker sy pensioen loon kom haal en toe die boer weier skiet hy hom en gedink hy is dood na soveel skote en die laaste patroon op homself gebruik met die wete dat as hy skuldig bevind word gaan hy amper honderd wees in “KFC Valley” en was tevrede sy daad was voltooi.

Charmaine ·

Al julle sensasie soekers wat net te vrede is met wat hier gebeur het nie. Of die nou n plassmoord of net n skietery was, die boer was n persoonlike vriend van ons en hy het beswyk aan sy wonde. Dit bly tragies. Rus in vrede ou vriend. Dankie Meroela vir die berig.

Thea Gerber ·

Tragiese voorval. Klink vir my na twee vriende wat rusie gemaak het. Al so ver gevorderd in jare. Kon hulle maar hulle laaste jare in vrede deurbring nie. So ‘n groot verlies vir die familie en vriende.

Gesiggie ·

Cherokee…. ja ek onthou dit soos gister, maar ja die saak is so geheimsinig? maar ek het vas geglo, die seun is skuldig.. vir een of ander manier word hy beskerm? en wat sy suster aanbetref” ja geheue verlies, sy was gedwing om stil te bly? ek sou voorstel om haar onder hipnose te sit, sodat sy kan onthou, maybe het geld n rol hier gespeel… n mens vergeet eintlik van al die dinge wat nog nie afgehandel is, want elke dag is daar iets nuut… maar om terug te kom na die storie van 2 Ooms in hul 70”.. name word nie genoem, maybe was hul Familie, ek dink nogsteeds kwaad vir kwaad vergeld… of n geval van wat myne is : is myne…of soos volgens ig… passiemoord…. kom ons wag en kyk…

Annie ·

julle is verkeert die 2manne het russie gehat en op mekaar geskiet nadat hy agter gekom het wat hy gedoen het of hom self geskiet het of anders om my eie weer gawe net n bespiegeling nie bedoel om iemand sleg te se nie

Gesiggie ·

Charmaine… ons soek nie sensasie nie, en innige meegevoel met jul vriend wat beswyk het..ons maak maar net ons eie afleidings.. maar bedoel nie lelik met dit… hoop die saak word gou opgelos… sterkte aan die familie van die vriend…

LJ ·

Laat weet net die persoon wat geskiet is, is deur sy voorman geskiet. Die boer en sakeman het dit nie gemaak nie,hy is in die hospitaal oorlede. Alby is blank. Daar was nie n liefdes driehoek nie.

Maryna ·

Dankie, hoop die bespiegelings hou op! Dit is hartseer dat die ouer generasie ook geweld begin gebruik. Niks goed kom ooit uit daaruit nie.

Hartseer ·

Maak nie saak wat gebeur het nie, dit is hartseer dat mense nie net iets kan uitpraat nie, ek glo dit kon makliker opgelos gewees het, mag ons ander ‘n les hieruit leer en terugkeer na ons moraal. Sterkte aan die families aan albei kante, dit maak die seer net meer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.