Raaiseldood: Net man se voete brand

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Noordwes doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn 60-jarige man se liggaam op sy bed aangetref is met net sy voete wat brandwonde opgedoen het, nadat sy bed aan die brand geslaan het.

Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Donderdag omstreeks 04:00 in Wolmaransstad gebeur. Een van die man se familielede het glo rook in sy kamer geruik en ondersoek ingestel. Hy het die man se liggaam op sy bed, wat glo aan die brand was, aangetref. Die familielid kon daarin slaag om die vuur te blus en het die polisie in kennis gestel.

“Toe die polisie by die toneel opdaag, het hulle die oorledene gevind wat op sy rug lê met net sy voete wat gebrand is. Die oorsaak van sy dood en die oorsaak van die brand is nie in hierdie stadium bekend nie, maar sal deel vorm van die ondersoek,” het Moleko gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.