Raaiseldood van 2 in brandende motor ondersoek

Die uitgebrande motor. Foto: SAPD

ʼn Polisieondersoek is van stapel gestuur nadat twee liggame Dinsdagoggend in ʼn brandende motor langs die R103 naby Heidelberg in Gauteng aangetref is.

Kapt. Madeleine von Wielligh, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn lid van die publiek het omstreeks 05:45 ʼn brandende motor wat langs die pad staan by die polisie aangemeld.

Min inligting is egter nog in dié stadium bekend.

“Daar is twee liggame in die sitplekke van die motor aangetref, maar die liggame is so onherkenbaar verbrand dat dit nie in dié stadium moontlik is om die geslag of ouderdom van die oorledenes te bepaal nie. Die nommerplaat en kleur van die motor kan nie ook nie in dié stadium met sekerheid vasgestel word nie,” het Von Wielligh gesê.

Sy het gesê hoewel die polisie vermoed dat die motor aan die brand gesteek is, sal ʼn deeglike ondersoek eers gedoen moet word om die presiese omstandighede vas te stel.

Die oorsaak van dood van die mense in die motor kan ook nie onmiddellik bevestig word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

izette ·

Ai toggie….en ek dink ek het probleme….en dan lees jy die artikel…dan wonder jy….hoekom hoekom sulke dinge gebeur????
Dit moet vreeslik wees om jou dood so te ervaar…Jammer…die regte woorde ontgaan my nou…..

Piet OVS ·

Ek hoop die mense was dood voor die kar aan die
brand gesteek is !

Colleen ·

Wat ‘n wrede dood om te sterf. Ek hoop ook maar hulle was reeds dood toe die motor aan die brand gesteek is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.