Raaiselmoord in Vrystaat ondersoek

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Inwoners van Thabong in die Vrystaat het aan die polisie vertel hoe hulle gehoor het iemand skree en pleit om sy lewe, oomblikke voordat ʼn man se verkoolde liggaam in ʼn nabygeleë veld gevind is.

Lt. Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam is Sondag in die vroeë oggendure in ʼn veld naby Freedom Square gevind. Die liggaam is saam met ʼn klomp ou bande onherkenbaar verbrand.

“Volgens inwoners van die gemeenskap het hulle gehoor hoe iemand skree en smeek dat sy lewe gespaar word. Hulle beweer hulle het kort daarna gehoor hoe skote afgevuur word en toe gesien hoe iets in die veld brand,” het Khosana gesê. Die inwoners het die polisie ontbied.

Volgens Khosana kon nie een van die inwoners enige inligting gee oor wie vir die man se moord verantwoordelik was nie. Die motief vir die moord is ook nie tans bekend nie.

Die liggaam is deur forensiese patoloë weggeneem om ʼn nadoodse ondersoek te doen. Khosana het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting oor die saak, om konst. Klaas Mofukunyane op 072 611 4950 of 057 910 2397 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Bruno Stef ·

Kry die valke in hulle is blitsvinnig om die skuldiges aan te keer en om getuienis soos in die geval van Parys te indentifiseer”By hook or Crook”

Gertjie ·

Parys, Parys,Parys.. toe sien en weet die klomp niks nie en geen verdere ondersoeke gaan volg nie

Liewe Heksie ·

mop justice hulle staan saam en nie soos ons witmense wat teen mekaar draai nie Waar is die sogenaamde video Regtig my broers kon julle nie maar ok gese het julle het gehoor maar niks gesien nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.