‘Raaiselmoord’ op man wat glo sy vrou vermoor

Birgit Human. Foto: Facebook

Birgit Human. Foto: Facebook

Die ondersoek na die moord op Birgit Human (52) het Saterdag ʼn bisarre wending geneem toe haar man, wat van haar moord beskuldig is, se liggaam langs ʼn treinspoor buite Odendaalsrus aangetref is.

Kapt. Steven Thakeng, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Gert Human (51) se lyk is aangetref met ʼn enkele skietwond agter in sy kop. ʼn Tou is ook op die toneel gevind waarmee hy vermoedelik vasgemaak was. “Selfmoord is uitgeskakel en die polisie ondersoek ʼn saak van moord,” het Thakeng gesê.

Hy het gesê Human se motor is by die Goldfields-casino in Welkom gevind. Hy het glo vir sy dogter gesê dat hy by die casino gaan dobbel en dit is waar hy die laaste keer gesien is. “Ons vermoed iemand het hom by die casino ontvoer en hom na die treinspoor geneem waar hy vermoor is,” het Thakeng gesê. Hy kon nie bevestig of Human se persoonlike besittings gesteel is nie.

Human is kort voor sy dood van moord aangekla nadat Birgit op Vrydag 25 September dood op haar bed in die egpaar se huis in Virginia aangetref is. Sy het geen ooglopende beserings gehad nie en is vermoedelik verwurg.

Gert Human. Foto: Facebook

Gert Human. Foto: Facebook

Ao. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, het gesê Human is ook in die huis gevind met verskeie steekwonde aan sy bolyf. Die polisie beweer hy het homself met ʼn mes gesteek.

“Die egpaar het na bewering rusie gemaak en [Gert] het [Birgit] verwurg voordat hy haar liggaam op die bed neergesit het. Hy het daarna homself met ʼn mes oor sy hele lyf gesteek,” het Khosana gesê. Birgit se stiefseun het die polisie na die toneel ontbied.

Human is in die hospitaal opgeneem en vier dae later ontslaan. Hy is summier deur kapt. Ben Strydom in hegtenis geneem en van die moord op sy vrou aangekla. Human het daarna in die Virginia-landdroshof verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Hy sou op 21 Oktober weer in die hof verskyn het. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met een van die moorde nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

pop ·

Dalk het iemand gedink hierdie een gaan ook deur die krake val.

Sue ·

Hy het seker ñ paar rand gewen by die casino en is toe ontvoer en vermoor vir die geld? Daar behoort mos sekuriteirs kameras by die casino te wees? Dalk is dit self gereêl omdat hy nie kans gesien het vir die hofsaak en vonnis nie?

Pendoring ·

Die Polisie was lui met hulle eerste ondersoek. Hierdie gaan in alle waarskynlikheid as ‘n geval van selfmoord afgemaak word.

Alet ·

waar was hulle lui? Jy raak sommer goed kwyt waarvan jy niks weet nie. hy was die verdagte en die saak sou binnekort aangehoor wees. Hierdie was n gesinstragedie wat nie deur die krake sou val nie. Die man was erg getraumatiseerd en kon nie weer gaan werk nie omdat sy paspoort teruggetrek is. hy het in die Kongo gewerk.

ladybug ·

Kan wees dat iemand wat haar geken het wraak geneem het deur hom te vermoor?

Christine ·

Sjoe dis sad, twee families wat met groot hartseer sit , dit klink soos aksie belaaide movie en nie werklikheid nie. Ek dink aan julle in my gebede.

MM ·

Daar is mos kamaras in die Casinos. Die Polisie moet bietjie werk en na dit kyk dan sal hulle mos sien of hy saam met iemand daar uit is.

Jackie ·

Strydom-:Stryslim?????????? Lees weer die berig, dit wat jy se maak nie sin nie, die man wat volgens jou los rondloop na ‘n R5000 borg is OOK vermoor en nee die polisie kan dit NIE afmaak as selfmoord nie, Pendoring, dis bietjie moeilik om jouself vas te bind en dan ook sommer in jou agterkop te skiet. Al waaroor ek jammer is, is die feit dat die polisie so vining was om hom te arresteer vir moord op sy vrou, daar moet ek erken dink ek was hulle te lui om na die werklike moordenaar te soek en dus sommer die man suspect nommer 1 gemaak het, wonder wat se die slim SAP nou? LOL hoop hul kan die een uitfigure en die moordenaar vastrek!

lisa ·

Die Polisie sal nie sonder rede iemand aankla van moord, sonder gegronde rede nie. Die hof het borg toegestaan, dus daar is dus gegronde redes om Mnr. Human aan te kla

flippie ·

Ek kan vir jou se dat die polisie wel mense veral wit man’s sonder rede arresteer en in letterlik in aanhoudingselle gooi. Hulle doen dit veral met ouer wit mans, gooi hulle in oorvol selle vol swart misdadigers. Gewoonlik plaas die polisie ñ neet saam met die wit aangehoudene. Hierdie neet se opdrag is om die lewe van die wit ou in ñ nagmerrie te ontaard – ook nadat die ou op borg uitgelaat en selfs nadat hy vrygespreek is. Vra my ek weet.

annette duvenhage ·

You live by the sword you die by the sword…..

Alet ·

@ Jackie, die vrou is in huishoudelike insident dood, daar is en was genoeg inligting om die man te verdink. Hy is nie net sommer in hegtenis geneem nie,

lisa ·

Vry rondloop vir jare??? Lees die berig, dan sal jy sien dat dit alles 26 September gebeur het. Dis minder as ‘n maand Strydom

Beatrix Stevens ·

Ja … iets klink beslis nie reg in hierdie storie??? hoekom sou die man homself( soos volgens Polisie met n mes steek??? dit klink bietjie snaaks ?? dis jammer dat Mnr Human ook nou nie meer daar is om sy kant te stel??? voel jammer vir die gesin om deur al die Trama te gaan?? maar meskien is daar meer agter die storie as net….??? dit wat vermoed word…. n deeglikke ondersoek, sal kan bepaal?? hoe en wat??? Mag die waarheid uitkom…. en die saak opgelos word?? sodat die gesin ook berusting kan vind….. Sterkte aan jul amlal”

Strydom-:Stryslim eerder ·

Iemand was nie gelukkig dat hy so op borg uit was nie, dis hoekom hy geskiet is. En almal weet tog dat sulke saak jare gaan neem om klaar te maak, en dan is hy vry op borg intussen . dink tog verder mense, sien die groter prentjie!

HEVW ·

Ons het nie n speurdiens in die polisie nodig nie. Gee so gou as moontlik al hierdie moordsake aan hulle wat so holderstebolder kommentaar lewer en hul bevinding so oortuigend uitspreek!!!!

Gideon ·

Ek dink dié eerste moordenaar is ook die tweede een? My gevoel is dat daardie persoon ‘n bekende is!
SA is boos maar hierdie moorde is te toevallig!

PIXIE ·

Nee Gideon, die eerste moordenaar is NIE die tweede moordenaar nie. Onthou wat jy aan ander doen kom terug na jou. Sy was ‘n pragtige mens en haar heengaan is baie tragies en hartseer.

Asjas ·

Sy vrou is minder as ‘n maand gelede vermoor en hy gaan dobbel?? Hy was seker vreeslik lief vir haar …

bokkie ·

mense mense mt jul skerp en gulse tongetjies bepaal jul tonge by jul self en by jul dinge moeni dinge se en kwyt raak wat jul ni vn weet ni ….hy was ni onderhuis ares ni so hou op laster….hy was n beat vn n man wat als vi n vrou sl doen …..

Oore ·

Wys jou net hoe deer die blaare almal is dit was haar seun en nie stiefseun nie, en dit was vrydag die 25ste en nie vrydag die 26 ste nie!!!!

Nico Strydom ·

Dagsê Oore

Dankie vir die inligting. Ons het die datum verander – dit was verkeerdelik deur die polisie deurgegee. Die polisie het ook gesê dit was ‘n stiefseun.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.