Raaiselsterftes in Limpopo ondersoek

misdaadtoneel

Argieffoto

Die polisie in Limpopo ondersoek die dood van drie gesinslede wie se liggame gedeeltelik verbrand in hul huis gevind is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggame is deur inwoners van die Mahwibidung-nedersetting gevind.

“Die drie lyke is in ʼn slaapkamer van die huis gevind wat gebrand het. Die liggame was ook gedeeltelik verbrand,” het Ngoepe gesê. Die oorledenes is later as Samuel Sejaphala (86), Alice Sejaphala (78) en Seahlodi Sejaphala (16) geïdentifiseer.

Die oorsaak van die oorledenes se dood is nog nie vasgestel nie, maar die polisie ondersoek drie sake van moord.

Ngoepe het versoek dat mense met meer inligting dit by 0860 010 111 of by lt.kol. Cecil Machimane by 072 532 1725 aanmeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willie ·

Sjoe wat n manier om te sterf? Dis regtig uit beheer op alle vlakke in die reenboog nasie land van ons… Hierdie gedrag van n lewe beteken niks moet erens die hoof gebied word. Hoe lewe die een met so n gewete? Ook weer waar sommige het geen gewete. My hart bloei vir die die wat so moes sterf. RIP

Sinneloos ·

Dit is regtig sinneloos, 2 ou mense en ‘n kind. Ek wil nie die ding agter die berg gaan haal, maar ek hoop regtig die polisie kyk na moontlike verkragting asook na ‘n tik kop familie lid! Wens regtig die doodstraf kan teruggebring word!!!!!

Cobus ·

Gewetenloos, baarbaars . Dink net in watter angs en pyn die arme mense gewees het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.