Radebe: ‘Nkandla-opgraderings was nodig’

Jeff Radebe. Foto: Twitter

Jeff Radebe. Foto: Twitter

Jeff Radebe, minister van justisie, sê alle veiligheidsmaatreëls wat deur die veiligheidsgroepering voorgestel en deur die departement van openbare werke geïmplementeer is by president Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla was nodige veiligheidsopgraderings.

“Die keermuur, kraal en waterloop, swembad en reservoir en akkommodasie vir die veiligheidspersoneel en besoekers was noodsaaklike veiligheidsmaatreëls wat fisiese veiligheid en die doeltreffende werking van veiligheidstoerusting verseker,” het Radebe aan verslaggewers in Pretoria gesê. “Dit is kritiek om betyds veiligheidsdienste aan die president te lewer.”

Thuli Madonsela, openbare beskemer, het egter in haar verslag oor Nkandla bevind dat president Zuma en sy gesin onbehoorlik bevoordeel is deur die opgraderings. Madonsela het voorgestel dat Zuma ʼn gedeelte van die koste van R246 miljoen wat nie met veiligheid verband hou nie, moet terugbetaal. Radebe sê Madonsela se verslag het die belangrike bevindingings van die regering se eie ondersoek na Nkandla bevestig. Radebe het erken dat daar elemente van wanadministrasie, korrupsie en onbevoegdheid was met die uitvoering van die opgraderings by Nkandla.

Lees Maroela Media se omvattende nuuskommentaar oor die OB se verslag hier.

Lees ook:
DA wil Zuma laat vervolg oor Nkandla
Nkandla-verslag vrygestel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

alet ·

Jy weet. Wat sal hulle nog doen om te keer dat die president vry gespreek word van korupsie red n volk met so n nasie. Hoekom kan ons gewone mense nie ook soveel kry nie dit kan lekker wees

Slim Daan ·

n Disleksiese volk is gedoem. Daarom kan hul geen aanspraak maak ” om soos gewone mense ” lekka goete te ontvang nie. n Mens werk daarvoor deur jouself akademies op te hef. Jy vorstaan hom die deng ekke se vor jou ?

Dom Daan ·

Is daar nie in hierdie land ‘n baie slim regsgeleerde wat vir ons raad kan gee hoe om van so ‘n president ontslae te raak nie? Ook om die regering te stop om, nieteenstaande die openbaarmaking van al hulle ongemagtide uitgawes, verkwisting en doelbewuste plundering van die staatskas, voort te gaan met hierdie arrogante en uitdagende optredes?

Johan Viljoen ·

Natuurlik sal Jeff die leuns verkondig, indien Jacob wel sou moet bedank weens sy skelmstreke isou Jeff ook sy werk kwyt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.