Radebe: ‘SA sal nie renosterhandel wettig’

Argieffoto

Argieffoto

Suid-Afrika sal nie die handel in renosterhoring wettig nie, maar voortgaan om sy teenstropingstrategieë by die landsgrense op te skerp, het Jeff Radebe, die minister in die presidensie, Donderdag gesê.

Radebe het joernaliste buite die parlement toegespreek en gesê die bevindinge en aanbevelings van ʼn ondersoek oor die lewensvatbaarheid daarvan om die handel van renosterhoring te wettig, is verlede week tydens ʼn kabinetsvergadering bespreek.

“Die aanbevelings onderskryf Suid-Afrika se benadering van geïntegreerde strategiese bestuur om die probleem van renosterstropery en die onwettige handel van renosterhoring aan te pak,” het Radebe gesê. “Die komitee beveel aan dat daar by die huidige besluit gehou moet word om die land se voorraadvlakke te behou eerder as om die handel van renosterhoring te wettig.”

Die aanbevelings word ook deur ʼn interdepartementele tegnies raadgewende komitee ondersteun wat verlede jaar op die been gebring is om die wettige handel van renosterhoring te ondersoek.

Suid-Afrika se renosterbevolking word ernstig bedreig aangesien stropery oor die afgelope paar jaar aansienlik toegeneem het. Die statistieke vir 2015 toon egter ʼn effense daling in die getal renosters wat deur stropers vir hul horings doodgemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frederik ·

Die statistieke vir 2016 sal selfs ‘n nog groter daling toon in die getal renosters wat vir hul horings doodgemaak is, want die renosters word al hoe minder.

jakes ·

Sjoe! ” interdepartementele tegnies raadgewende kommitee” staan die kommitee net by! Groot beskrywing daardie- pas hul tegnies of raadgewende renosters op?

Justa ·

Daar is verlede jaar 1300 renonsters gestroop vir hulle horings. Trek julle sokkies op want oor n paar jaar is daar niks oor nie en die minister vertel ons dat hulle besig is om die stryd te wen. “You must be joking”.

dr Willie Strydom ·

Sulke kortsigtigheid teken ons renosters se ondergang. Wat die komitees nie verstaan nie is dat geld nodig is om renosters te beskerm. As mens handel wettig hou beskerming van renosters vir boere n voordeel in, want hulle kan geld maak. Sonder geldvoordeel soek ek nie n renoster naby my nie – dit lok probleme en die staat kan nie renosters beskerm nie – in Kruger kan hulle nie eers bekostig om die oostelike grensdrade, waar stropers na willekeur deurbeweeg, in stand te hou nie. Groet renosters.

Takkie Takuuza ·

Daar is te veel “hoog geplaastes” wat geld maak hieruit. Hoe strenger die maatreels is, hoe duurder word die horing. As die verkoop daarvan gewettig word kan hulle die tonne wat agter slot en grendel is verkoop en die mark versadig. Sodoende word die waarde van die horing baie minder en dit is dan nie die moeite werd om die goed te stroop nie. Dis maar wat gehelp het om Olifant stropery af te bring. Daar is natuurlik iemand wat gaan baat by die minister se besluit, miskien hy self?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.