Radebe se besluit oor privaat kragopwekking verwelkom

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Sakeliga verwelkom die minister van energie, Jeff Radebe, se besluit om die pad oop te stel vir die privaat sektor om moontlik elektrisiteit aan die kragnetwerk te verskaf. Dit volg na sy besluit om NERSA toe te laat om lisensies vir ʼn aantal aansoeke uit te reik sonder om te wag vir afhandeling van die nuwe Geïntegreerde Hulpbronplan.

“Daar moet egter nog baie gedoen word. Die bal is in NERSA se baan om daardie aansoeke spoedig goed te keur. Verder is daar nog baie burokratiese rompslomp wat vrye toegang tot die elektrisiteitsmark steeds belemmer,” het Daniel du Plessis, regsontleder by Sakeliga, gesê.

Dié selfstandige sakegemeenskap is van mening dat die minister heeltemal korrek is met sy stelling dat die tradisionele model van elektrisiteitsvoorsiening nie vir Suid-Afrika se huidige situasie geskik is nie. Die organisasie herhaal dus sy oproep vir ’n verspreide netwerk van privaat opwekkers van elektrisiteit.

“Die werklike toets lê nog voor – sal die minister en die reguleerder, in die eerste plek, die bestaande regulasies ten volle gebruik om toetrede tot die mark so maklik as moontlik te maak? Tweedens, sal die parlement en die minister stappe doen om ernstige probleme uit te skakel rakende die huidige strukturering van die Wet op Elektrisiteitsregulering en die gepaardgaande regulasies?”

Sakeliga het hom ook uitgespreek teen die presidensie se klaarblyklike onbereidwilligheid om markkragte toe te laat om in die elektrisiteitsektor te funksioneer. Die president het Woensdag op die Goldman Sachs-beleggingskonferensie herhaal dat hy tot ’n staatsbeheerde kragopwekkingsmaatskappy verbind is.

“President Ramaphosa se verklaarde voorneme om Eskom nooit te privatiseer nie, is nie goeie nuus vir ’n privaat en lewenskragtige elektrisiteitsnetwerk nie. Dit behoort ’n bron van ernstige kommer wees vir almal wat steeds gyselaar gehou word deur staatsvoorsiende krag,” het Du Plessis bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sarel ·

Ons weet teen die tyd al dat iewers is iets nie pluis nie. Wie is die “privaat sektor”wat krag gaan verskaf en wat ius die bande met die huidige regering en wie gaan geld maak.

Staatskaping rondte nommer ·

Jeff Radebe is getroud met die suster van die biljoener Patrice Motsepe African Rainbow Renewal Energy . . . . grootse in die land.
Cyril Ramaphosa is getroud met Patrice Motsepe se ANDER suster.

Die res kan jy seker self uitpluis . . .

Andreas ·

Jip, en Eskom se heffing wat hulle vir die privaat instansie gaan vra. Ek dink ook nou aan die Wes-Kaap, wat al die krag daar deur ingevoerde gas kan voorsien.

En dan wat Cyril se onderneming oor privatisering aan betref wil ek my verstout om te sê dat oor so 10 – 20 jaar bestaan nog net Eskom se naam, dan is hulle net verspreider van krag.

Gert van Wierdapark ·

Die nie -Verspreider van krag laat die land ly. Die klaarblyklik moedswilligheid van CR se a en see is ‘n verdere bydraende faktor om die familie bande te smee terwyl die opsitkers al laag brand en die belastingbetalers Eishkom moet probeer regop hou!?

Boerboel ·

Daar is omtrent al 4000 Mega watt wat deur privaat opwekkers opgewek word. Dit kan die las op Eskom verlig as Eskom bereid is om hulle te betaal. Die meeste is wind en sonkrag. ESKOM sal weer voordeel trek as dit kom met die prys.

jaco ·

ja, dan gaan dit soos met die besigheid wat n seewaterontsoutingsplan aan die kaapse stadsraad voorgelê het: dit so teen redelik goedkoop AL die kaap se waterprobleme opgelos het. Maar die DA-beheerde Kaapse stadsraad het die voorstel afgeskiet, SLEGS omdat die besigheid nie regstellende aksie en BEE reg toepas nie.
So water word eerder duur en min, solank die “regte” ras tog net bevoordeel word.
PRESIES dieselfde sal met voorstelle vir alternatiewe elektrisiteit gebeur en gewone mense sal eerder 12 ure per dag sonder elektrisiteit wees, totdat die “regte” ras bevoordeel word.

Jerry ·

Staatsbeheer sal nooit met sosialiste aan die stuur van sake verslap word nie.Privatisering wat deur die staat beheer word is nie privatisering nie. Wat ookal in plek gestel gaan word sal hoofsaaklik tot voordeel strek van die staatskaders. Groter probleme wag en meer geld gaan van belastingbetalers gevat word. Met CR en Radebe se onwilligheid om werklik te privatiseer sien n mens die lig aan die einde van die tonnel as die staatsbeheerde trein wat aankom!

Louis ·

Mens moet net in gedagte hou dat son-en windkrag baie onbetroubaar is. Boonop is sonkrag net vir ‘n paar uur per dag beskikbaar – as die son wel skyn. Voorts moet mens net nie vergeet nie dat ‘n steenkoolgedrewe kragopwekker nie goeds moets aan- en afgeskakel kane word nie: dit neem ongeveer ‘n week om die ding af te skakel en omtrent weer so lank om hom aan die gang te kry, dus kan son- en windkrag nie ingespan word om goedkoper krag op te wek nie en myns onnosele insiens kan dit ook nie beurtkrag voorkom om ingespan te word as ‘n steenkoolgedrewe opwekker skielik moeilikheid gee nie. Op nasionale vlak is son- en windkrag na my mening nie juis veel werd nie. Rig jou huis in om d.m.v. sonkrag jou minder afhanklik te maak van ESKOM.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.