‘Radikale herstrukturering’ by SAL beoog

(Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens gaan ʼn “radikale herstruktureringsproses ondergaan om finansiële en bedryfstabiliteit te verseker” het die departement van openbare ondernemings Sondag aangekondig.

Die SAL ondervind die afgelope paar jaar – en veral die afgelope paar weke – verskeie probleme.

Die staking deur die metaalwerkersvakbond Numsa en die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningsvereniging (Sacca) het die staatslugdiens se reputasie boonop enorme verdere skade berokken en die rederye net dieper in die skuld gedompel.

“Die SAL kan nie só aangaan nie. Die groep gaan nou ʼn radikale herstruktureringsproses ondergaan, wat sy finansiële en bedryfsvolhoubaarheid gaan verseker. Daar is net geen ander manier nie,” het die departement gesê.

Die departement sê die regering is verbind tot ʼn lewensvatbare, volhoubare en winsgewende redery. Om dít te behaal, word verskeie opsies oorweeg. Hy sê ook daar was die afgelope paar dae indringende samesprekings met moontlike finansiers om die nodige geld te kry om die operasionele en strukturele oorgang oor die volgende paar maande te kan bekostig.

Presies wát dié planne behels, het die departement nie gesê nie.

“Dit is ons gesamentlike verantwoordelikheid as Suid-Afrikaners om die SAL te ondersteun in sy pogings om weer vertroue onder klante en ʼn inkomste oor die kortste moontlike tydperk op te bou.

“Ons wil klante gerusstel en aanmoedig om kaartjies met vertroue te koop. Die SAL is vasbeslote om operasioneel te bly. Die bestuur is ook daartoe verbind om in die toekoms finansiële volhoubaarheid te verseker.”

Die reisagentskap Flight Centre het verlede week sy kliënte in kennis gestel dat hy nie meer vlugte op die SAL deel sal maak van sy reispakkette nie – in ieder geval nie voordat daar weer stabiliteit by dié lugdiens is nie.

Die agentskap het tot dié besluit gekom weens die lugredery se finansiële onstabiliteit en die risiko’s daaraan verbonde. Weens twyfel oor die SAL se lewensvatbaarheid op die lang duur, het Flight Centre se voorkeurversekeringsverskaffer besluit om nie die redery onder sy insolvensievoordeel te dek nie.

Flight Centre voer ook aan dat die regering gemengde seine stuur oor die moontlikheid van ʼn reddingsboei.

Die portefeuljekomitee oor toerisme het vroeër ook gevra dat pres. Cyril Ramaphosa by die sukkelende lugdiens moet ingryp.

Supra Mahumapelo, komiteevoorsitter, het gesê met die feestyd wat om die draai is, word ʼn spoedige reaksie benodig om Suid-Afrika steeds as ʼn bestemming te bemark.

Die departement het Sondag in sy verklaring gesê die SAL se raad en bestuur gaan sy bemarkingsveldtogte verskerp om vertroue in die lugdiens te herbou en gaan dapper stappe doen om sy markaandeel te vergroot.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Werner ·

Ook maar weer een van hulle niksseggende planne hule het seker vergeet om te se hulle gaan die pensioen fonds plunder om die geld vir hul briljante plan te kry

wilma ·

Vergeet vir eers van bemarkingsveldtogte en raak onmiddellik ontslae van soustreinryers!

Lala Land ·

Hoekom is SAL nodig om Suid-Afrika as vakansie bestemming te bemark? Toeriste kan steeds SA besoek sonder om van SAL gebruik te maak. Dit is tyd dat ons plaaslik veral SAL vermy en boikot sodat die regering geen ander keuse het as om SAL se deure te sluit nie. Genoeg belasting geld is al hier gemors en “wanbestee” – die mooi woord vir “ek soek n nuwe Mercedes”.

Oujongvrou ·

Mens hoef hulle nie te boikot nie, hulle boikot hulself met hulle hoë pryse.

Ray ·

Radikaal = Niks gaan gedoen word nie. Ons gaan net geld in die rigting gooi vir nou

Stef ·

Hoeveel verwoesting gaan die mense nog aanvang voor hulle besef hulle wil maar hulle kan nie?
Dit laat mens verbeisterd! Supra aan die stuur van n reddings poging!?

Merrie Perd ·

Jy is reg Stef, Ek vra al lankal, is die mense soos die regering en Supra die beste wat die swart gemeenskap kan bied. n Blinde kan SIEN hulle is nie eerlik met Suid Afrika nie.

Hanna Hoekom ·

Lees maar so tussen die lyne dat dit weereens van die vuisvoos belastingbetaler verwag gaan word om die “reddingsboei” vir SAL te wees. Wie anders? En oor ses maande het n klomp konsultante miljoene gemaak en die lugdiens is weer van voor af in sy peetjie in. Die speknekke (en hul aanhangsels) moet nou skep terwyl daar nog pap is. Sad but true.

Elbie ·

“Desperate times calls for desperate measures”, seg die Engelse spreekwoord. Dit is eerder ‘n geval van Groot lawaai, weinig wol. Enige vermindering van die hopeloos oorgrote arbeidsmag en/of salarisse, gaan lei tot totale anargie by SAA, en ook ‘n algehele ineenstorting. Geld gaan maar weer geleen word(waarskynlik by China), of die regering(ons) gaan hoes. Ons vlieg gereeld, maar maak bitter of nooit gebruik van SAA nie agv verskeie faktore. Belangrikste is die beter pryse wat ander rederye aanbied. Hulle kan dit bekostig agv ‘n baie kleiner en funksionele werksmag.

Chris ·

Radikaal in regerings terme beteken ons gaan meer kaders wat op n ander plek uitgevang is of nie kon prsteer nie daar heen verskuif en toegee aan elke eis van ons aliansie venote. . Kyk mooi wie is wie en wie word bevorder in die volgende paar maande

Gemaskerde Sopbeen ·

Die vraag is “Hoekom”? Hoekom wil enige iemand ‘n lugredery wat vir 25 jaar GEEN WINS maak nie, nou skielik red en omdraai en radikaal verander? Hoekom? Om wat te bereik? Wins? As jy dit nie in 25 jaar kon doen nie, wat laat jou dink jy gaan dit nou regkry? Die enigste logiese verduideliking is dit: As daar teveel snoete in die die trog is, moet die trog groter gemaak word, nie die snoete minder nie…..maar nou ja, logika is nie een van hierdie regering se sterk punte nie, is dit?

Erik ·

Ag nee wat, as dit so maklik was het hul lankal ge-‘herstruktureer’. Wat presies beteken dit en hoe gaan dit SAL red? Ek sal verseker nie by hulle ‘n vlug bespreek nie.
Dis mos die plan vir Eskom ook. Nou die dag sê Ramaphosa hulle sal nie Eskom verkoop en privatiseer nie, want dis soos om die familie silwer te verkoop? Hoe belaglik is dit nie? Ek sal dit eerder met die stukkende tweede handse familie motor vergelyk as met die familie silwer.

chrisjan ·

Te min en te laat.Radikale veranderinge moes 20 jaar gelede al gedoen gewees het.Dis net ‘n ge mooipratery om die man op straat nie te laat kwaad word as daar weer miljarde rande van die regering af geskenk word vir SAL om sy deure oop te hou nie.
Ek wonder wat die “radikale herstruktureering” wat hulle beplan eintlik beteken?As dit drastiese personeel vermindering insluit sowel as om ‘n bevoegde bestuur aan te stel kan dit dalk help maar ek twyfel.Dis weer net ‘n poging om kaders te verryk met ‘n “reddingsboei” voor die skip uiteindelik sink.So laat ons maar op die kantlyn sit en kyk wat gebeur regtig.

Thinus Erasmus ·

Dis maar net bluf om weereens die Sakereddings aansoek te fnuik.

Feite ·

SAL is in die moeilikheid agv radikale onregmatige botallige kaderontplooiing. Tien teen een sal die radikale herstruktureringproses bloot bestaan uit radikale herontplooiing van kaders sodat belastingbetalers steeds vir die kaders betaal!

Laetitia ·

Ek hoop regtig dat iets daadwerkliks gedoen word nou! Ek voel altyd so trots wanneer ek SAL vliegtuig sien.

John Ferreira ·

Supra….maak supra gou en verkoop SAL aan iemand wat met lugredery sukse behaal het.

Die regte Grassie. ·

Die regeringswoordvoerders se grootse planne en woordkeuses verstom ‘n mens. Dink hulle werklik die mense van die land is ‘n klomp idiote?
“Radikale herstrukturering” – hulle weet tog immers as hulle met die belangrikste deel van herstrukturering begin gaan die vakbonde histeries raak.
“Finansiële en bedryfsvolhoubaarheid verseker” – aag asseblief, hulle het dit 25 jaar gelede as ‘n gesonde bedryf geërf en dit daarna in die grond in geplunder. Hulle het nie die vermoë om die proses om te keer nie. Ek sien ou Supra sit wratig nou ook op daardie soustrein.
“Samesprekings met moontlike finansiers” – miskien bedoel hulle die staatsdienspensioenfonds. Die arme fonds is al so verniel dat dit begin lyk of die weer dit raakgeslaan het. Geen beleggers met ‘n greintjie verstand sal enige geld in daardie bodemlose put gooi nie.
“Gaan dapper stappe doen” – Ek het nog nooit enige dapperheid in die geledere van die regeerders raakgesien nie, net onbevoegdheid en ‘n onblusbare begeerte tot selfverryking.

Frikkie Geld en huis ·

Een van die ANC se MEESTERPLANNE kan behels dat die pilots almal afbetaal word, want hul salarisse is die hoogste.

Frm ·

Dis ons gesamentlike verantwoordelikheid.! Wie is julle ons en wie het die besigheid so verniel. Julle julle nie ons nie. Ga

HPV ·

“Herstrukturering” beteken vir die mense, reddingboei, dan weer staak vir groter salarisse en bonusse, dalk sommer ook ‘n klompie meer skeppers in diens neem, oeps!, die geld is weer op ens so word alles herhaal….
Maak toe die plek , tydens die staking het niemand dit gemis nie, en na die staking wil niemand dit meer gebruik nie. Ons belastingbetalers is moeg vir sulke instansies, moeg om oor en oor om gemelk te word!

Ja swaer ·

Pravin Promises Gordhan. Is dit net ek wat dit agterkom dat hy nie doeltreffend is nie?

John ·

Gaan Air India die radikale herstrukturering doen? Wanneer is die nuus vrygestel? Sondagaand na 9 uur toe almal slaap? SAL sal die besigheid word waaraan Suid-Afrikaners gedwing gaan word om baie geld te spandeer maar nie van die dienste gebruik gaan maak nie… Leè vlugte na Timboektoe is sy voorland…

Kabous ·

Ag, as hierdie wysgere se besigheids-savvy maar net so skerp was soos hul pseudo politiek-korrekte woordeskat, was SAA die besigheid van die jaar. Laat my onwillekeurig dink aan ʼn souped-up 1984 Ford Cortina XR6 – “big beat, no speed”.

Sven ·

‘n Minister se taak is om politieke leiding te verskaf, nie sakeleiding nie. Gordhan het nie die vermoë om enige van die twee te doen nie. Net nog ‘n prater.

Willem Grobler ·

Nou is dit “ons almal se verantwoordelikheid om die SAL te red”?? Nee mnr Gordhan – dit is nie my verantwoordelikheid nie. Dit is die ANC en sy ontplooide kaders se probleem. Die mense het jare lank gewaarsku maar julle het Dudu Mjeni toegelaat om saam met haar raad die oudste lugredery ten gronde te vlieg. So gaan vlieg julle nou. Ek sal nooit weer ‘n vliegkaartjie van die SAL koop nie al moet ek met my bakkie Europa toe ry.

Lou ·

Ek stem saam. Hy kan my gerus maar uit tel by daardie alle Suid Afrikaners waarna hy verwys. Ek vlieg nie gereeld nie maar die kere as ek wel vlieg dan is dit beslis nie met SAL of hulle filiaal Mango nie.
Die ANC moet maar Pa staan vir die gemors, hulle het dit eiehandig in die grond in gevlieg.

Anzel ·

Bemarkingsveldtogte is duur.. kry eers jul huis in orde voor nog geld vermors word, geen hoeveelheid bemarking gaan julle red nie!

Swerwer ·

Ons gaan volgende jaar dieselfde tyd weer oor SAL se getjommel hoor. Ja swaer en so gaan my volk ten gronde. Gee en gee en gee.. Regering glo nog wraggies dat belasting inspuiting werkskepping is… dit was 25 j gelede so en sal so bly,want Afrika werk nou maar so!

Johan Pretorius ·

Enige plek waar Supra is , is gedoem tot mislukking. Die SAA kan nie gered word nie. Die wat dit wil red het net nie die vermoë om dit te doen nie. Daar moes al jare gelede van die SAA ontslae geraak gewees het. Daar gaan weer baie geld in die bodemlose put gestort word.

Jc ·

Ons vlieg vandag Australia toe vir vakansie maar nie SAL nie. Dankie tog daar is ander wat beter is.

Nar ·

Hulle kon nie eers met die pas afgelope staking die regte ding doen nie.n Besigheid wat bankrot is kan nie salaris verhogings gee nie. Die klomp het geen idee hoe n besigheid werk nie.Ek dink die anc kaders moet van hulle self gered word.

HPV ·

Red Suid Afrika!
Red Aftreefondse!
Red die belastingbetaler!

Sluit SAL.
Verkoop Eskom aan ‘n internasionale operateur.
Stop alle reddingsboeie.

Piet parys ·

Ramaphosa is mos ryk so hy kan mos sy biljoene in SAL druk en dan kan hy maar die silwerware hou dit is dan syne.

Nic ·

Ek vlieg net op die redery as daar geen alternatief is nie. Ek weier selfs om op hulle “code share” saam met bv. Emirates te vlieg, want ek kry nooit ooit my “frequent Traveler” myle nie. Ek betaal eerder meer en vlieg met rederye wat klientediens verstaan en nie dink hulle doen my ‘n guns nie.

Danien ·

Hoekom hulle nog steun? Hulle het die land klaar tot in die afgrond gestroop. Nou moet nog net die blankes waai dan kan n plaag vliee en termiete hulle maar kom opvreet.

Koos ·

Geen normaleSuid-Afrikaanse burger is verantwoordelik vir SAL sê gemors, slegs die ANC.
Geen persoon met normale verstandelike vermoë, behoort met SAL te vlieg.
Sluit die plek.
Die regte egte goed opgeleide personeel, sal deur die nuwe rederye opgeslurp word.

Christien ·

Ek sal Gráág weer eendag SAL wil vlieg wanneer dit beter gaan daar.

PATTY ·

Jammer maar dit is nie my verantwoordelikeheid as Suid Afrikaner om die SAL te laat werk nie. As my besigheid nie kop bo water hou nie moet ek die deure sluit. Ek vra nie vir Suid-Afrikaners om my te help nie. So doen dit met SAL ook. Hul is bankrot. Maak die deure toe soos baie besighede die afgelope tyd hul deure mos toemaak agv ons regering se DEMANDS.

Adam ·

Daar is min twyfel dat wanneer die geldjies skraps raak, behoorlike onderhoud van bates nie gedoen kan word nie. SAL is tegnies insolvent en die laaste paar jaar se optrede het duidelik gewys dat hulle nie hul salarisrekening gaan snoei nie. Dit is die hoofrede hoekom ek nooit met SAL vlieg nie en dit ook nie in die toekoms sal oorweeg nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.