Omroeper afgedank ná uitlating oor Malema

Sasha Martinengo. Foto: Hot 91.9FM

Sasha Martinengo, aanbieder van die Breakfast Show op Hot 91.9FM, is die trekpas gegee ná ʼn uitlating Dinsdagoggend oor Julius Malema, leier van die EFF.

Lloyd Madurai, besturende direkteur van Hot91.9FM, het in ʼn verklaring gesê Martinengo het tydens Dinsdagoggend se uitsending van die ontbytprogram gesê “en mense luister steeds na die aap” met verwysing na Malema.

“Die waardes van hierdie radiostasie sluit ʼn volledige en onvoorwaardelike verbintenis tot die Suid-Afrikaanse Handves van Regte en ʼn allesomvattende respek vir al ons gemeenskappe, ongeag hul politieke standpunt, in. Die aanbieder se uitlating is strydig met die stasie se gedragskode en sy verbintenis tot ons nasionale demokratiese waardes en word in ʼn baie ernstige lig beskou.”

Volgens Madurai is daar besluit om Martinengo met onmiddellik effek van enige betrokkenheid by die radiostasie te ontneem. “Die stasie wil verder om verskoning vra aan mnr. Malema en het berou oor enige nadelige afleiding wat die gedrag van die aanbieder tot gevolg gehad het.”

Martinengo het intussen op Twitter gesê hy is jammer indien hy enigiemand beledig het, maar dat hy staan by sy uitlating. “Enigiemand – ongeag ras, kleur, geloof, godsdiens, geslag – wat nie ʼn vrou respekteer nie, is ʼn aap.” Dit was nie onmiddellik duidelik of Martinengo na ‘n spesifieke voorval verwys het nie.

Julius Malema (Foto: ANA)

Die EFF het intussen Martinengo se afdanking verwelkom. “In teenstelling met talle wat verskonings aanvaar van rassiste, het hierdie stasie geweier om daar te stop en dit ʼn stap verder geneem deur ʼn rassis af te dank,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê.

“Dit is duidelik dat die stasie beslissend opgetree het aangesien hulle geweet het hulle sou die volle mag van die EFF ervaar soos H&M het.”

Ndlozi het gesê die EFF is egter nie tevrede dat Martinengo net afgedank is nie en die party sal ook strafregtelike klagte teen hom aanhangig maak “aangesien rassiste in die tronk hoort”.

Ndlozi het gesê die howe moet hard neerkom op diegene wat voortgaan om die menslikheid en waardigheid van swart mense te ondermyn. Totdat rassisme, veral openlik uitgedruk, nie as ʼn kriminele oortreding beskou word nie, sal dit nie ophou nie. Wit mense moet weet dat elke keer as hulle die k-woord gebruik of swart mense ape noem, hulle in die tronk kan beland.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

118 Kommentare

jongste oudste gewildste
Schalk

Nou waar is die woord Aap rassisties?

Laurika

Die waarheid maak seer arme Juliaaaas

Afrikaanse Knaap

Die EFF is erg skeinheilig.
Ek wens iemand wil nou net ‘n Suid-Afrikaanse definisie vir rassisme formuleer.

Weereens dubbel standaarde

Malema mag se wat hy van wie hy wil maar, o wee, dat iemand waag om iets van hom te se-“it cuts both ways”

Anoniem

Die eff sal ontlasting in die toilet af ook verwelkom as dit van n witman af kom. Hulle is so voorspelbaar