Radio-aanbieder gepos oor suiwelbedryf-uitlatings

Daron Mann. Foto: Twitter

ʼn Aanbieder van Algoa FM in die Oos-Kaap is afgedank weens sy uitlatings oor die suiwelbedryf.

Daron Mann, een van Algoa FM se oggendprogram-aanbieders, is twee weke terug geskors voor hy die einde van die week via e-pos van sy afdanking in kennis gestel is.

Mann het op 27 September tydens ʼn gesprek met sy mede-aanbieder uitlatings oor die suiwelbedryf gemaak wat glo tot sy afdanking gelei het.

Mann het op die dag gepraat oor “Gee ʼn vegetariër ʼn drukkie-dag”. Hy het verduidelik dat hy self ʼn vegetariër is, maar dat hy tot sy spyt nog nie ʼn veganis is nie, aangesien die “suiwelbedryf afskuwelik” is.

ʼn Suiwelverskaffer wat op Algoa FM adverteer, het ʼn klag by die radiostasie aanhangig gemaak oor Mann se uitlatings.

Woodlands Dairy het intussen gesê dit is hy wat die klag by Algoa FM ingedien het. Die suiwelverskaffer het egter ontken dat hy instrumenteel was in Mann se afdanking. “Die beëindiging van sy kontrak was die besluit van Algoa FM.”

Mann het op sosiale media gesê “kontrakbreuk” is aangevoer as die rede vir sy afdanking en dat sy gewraakte uitlating ook opgehaal is.

Alfie Jay, besturende direkteur van Algoa FM, het aan Maroela Media bevestig Mann is afgedank. Volgens Jay het dit gevolg weens ’n wesenlike oortreding van sy plig om hom op ’n professionele en verantwoordelike manier te gedra. “Die inligting wat hy uitgesaai het, is nie deur hom gestaaf met feiteverwysings nie, en was ook nie gebalanseerd soos vereis deur die gedragskode nie.”

Rakende Woodlands Dairy se klag teen Mann het Jay gesê enige onderneming het die reg om vrae te vra oor uitlatings wat op die radiostasie gemaak word.

“Die besluit wat deur Algoa FM geneem is, het egter niks met ons kliënt se klag te doen gehad nie en was uitsluitlik ʼn kwessie tussen Algoa FM en Mann.”

Volgens Jay moet Algoa FM as ʼn gelisensieerde kommersiële uitsaaier ten alle tye verantwoordelik optree.

“Ons respekteer dit volkome dat mense individuele standpunte het. Die uitdrukking van ’n standpunt het egter die werklike en/of potensiële gevolg om die geldige en ewe belangrike belange van ’n ander te ondermyn.”

Jay het gesê radiopersoonlikhede kan nie die stasie gebruik om die publiek aan te moedig om hulle daarvan te weerhou om produkte te verbruik wat deur wettige en gereguleerde ondernemings geproduseer word nie.

“Die kommersiële lewensvatbaarheid van ons besigheid sowel as ons kliënte in enige bedryf, is afhanklik daarvan dat hierdie verantwoordelikheid ernstig opgeneem word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Heidi ·

Stem saam met jou. Wat my verder grensloos irriteer is die aanmatigende houding van vegans wat om een of ander bizarre rede hulself die reg toe eien om almal wat nie is nie te veroordeel.

Erica ·

Absoluut belaglik dat hy afgedank is – het hy dalk op n seer toon getrap?vra maar net.

Piet Snot ·

Erica, ek stem met jou saam. Sy uitlating was afskuwelik en het dissipline geverg. Maar om ‘n man af te dank, is bietjie erg.
Aan die ander kant, die stasie sê die afdanking het niks met die klag te doen nie. Ag ja.

Josephine ·

Dalk tyd dat die owerhede kyk na die plek se etikettering op hul produkte en veral hul aanspraak dat hul produkte vry is van patogene….is dit nie vals advertering nie?

Piet Le Roux ·

Dit is regtig tragies dat daar huidiglik meer sensuur toe gepas op vryheid van spraak as voor 1994 : elke persoon behoort ‘n reg op ‘n opinie te hê en dit is vanselfsprekend nie noodwendig die beleid van die radio stasie…..in die geval is dit nie eers ‘n opinie dit was sy’ rede vir sy’ eet gewoontes! Pateties en ek het nogal van Algoa gehou maar dit’ is onaantasbaar…

Eugene vab ·

Vryheiheid van spraak word baie selektief toegepas en glad nie meer vir die blanke beskore nie

humor ·

Wil julle hom ook maar nie n goue handruk gee nie. Of gee hom maar nog steeds sy volle salaris pensioen en alle byvoordele soos oa gratis besigheidsklasvliegkaartjies ens. Die staat stel mos darem n mooi voorbeeld.

Rubber ·

Bietjie erg. Kon maar net die man op die rooi tapyt gehad het. Nee wat daar is baie erger dinge op die lug wat ignoreer word.

Olga ·

Algoa FM en Woodlands het hierdie situasie baie sleg hanteer. Nou boycott meeste van ons albei. Ek eet vleis en gebruik suiwel en dink hy is die beste Radio DJ in SA. As ek Woodlands diary was sou ek dit as ‘n geleentheid gesien het, ek sou probeer het om ‘n eco warrior soos Mann te probeer oorwen, veral met sy aantal ondersteuners, ek sou hom nooi om die melkery te kom toer en presies te kom sien hoe dit werk. Woodlands en Algoa FM “jumped the gun” en ek is bevrees beide gaan skade lei daaroor.

Rina ·

Heerlike koue melk… jogurt …. kaas ….. alles …..suiwel is tops …… dankie togi vir koeie ons boer in die melk

Maria Boshoff ·

Olga, ek merk jy praat van Woodlands “diary”, wat n dagboek is. Ek sê maar net…

Koos ·

Was die man verkeerd? Diere word in alle bedrywe op baie slegte maniere behandel.

Vryheid ·

Ag koos kry n lewe, watter bedrywe? Al die boere wat melk produseer kyk na hul diere. As jy Dan Nou werklik weet van boere wat dit nie doen nie gaan kla hulle aan! Maar Moet asb om hemelsnaam tog net nie sulke uitlatings maak sonder feite Nie.

Gaitsigubib ·

Waar kom jy tog aan sulke snert Koos? Wil jy asb vir ons vertel by wie het jy gesien hoe sleg hul diere behandel was? Ek praat nie van die SAP se perde of minister se varke nie. Dit klink of al jou vriende vir die anc werk, geen wonder jy weet nie van beter nie.

Amelia ·

Presies, Koos. Hy is afgedank omdat hy die waarheid gepraat het. Maar mense verkies om dit nie te glo nie want die waarheid is heeltemal te moeilik om te verwerk.

Gaitsigubib ·

Amelia ek sien jy join die anti- boer club saam met Koos. Koos meen alle diere word sleg behandel en jy beaam dit. Dit laat jou in n reuse delema want alle kos wat jy eet word deur boere geproduseer. Ek wonder of jy dink dat die appels en pere wat jy eet val uit die lug uit? Weet jy dat boere moet ontbos om die goed te plant wat jy eet? Dit lei mos obviously tot habitat verlies vir wilde diere. As jy geen koolstof voetspoor wil laat nie sal jy ongelukkig nie langer op moederaarde kan woon nie. Ek wil jou verder waarsku dat jy sekere diere vette nodig het wanneer jy eendag verwag of jou kind wil soog. Hy sal sterf as jy nie luister nie. As jy weer iets eet spoeg dit uit want jy verdien nie die kos op jou tafel nie. Ek wonder of jy geweet het dat n melkbees ophou produseer as hy te warm kry. Daarom hou die boer hom aan waar dit koel is of onder dak. Hy vreet hom altyd knuppel dik want produksie word bepaal deur hoe goed hy eet. Ek dink dis n beter lewe as vir sommige mense.

PJC ·

Ek het geen simpatie met hierdie radikale outjies met hulle snaakse idees nie want daar is geen salf te smmeer aan hulle nie.

Boland ·

Ek haal my hoed af vir elke melkboer in SA.Julle is ysters.Julle het nie hierdie tipe behandeling nodig nie.Nooi hom vir n week na n melkplaas.Meskien sal hy besef sy uitlatings was onvanpas.

Gaitsigubib ·

Hy sit nie sy voete by my nie! Hy het mos alreeds besluit hoe dit hier lyk. Ek hoop hy kom nie weer op die lug nie!

Goed So ·

Goed So! Ten minste tree hulle op! Nie soos ‘n RSG omroeper wat op die lug, die spot dryf met die inwoners van Brakpan nie!

Fransie ·

Jammer om te hoor van Darren. Ons het al in baie plekke gebly en hy en Algoa FM is die heel beste in SA.

schaun ·

Miskien in 1960 kon jy iemand net so afdank ,nie vandag meer nie die radio stasie het wettiglik verkeerd opgetree en gaan hoes hy het sy reg gebruik van vryheid van spraak en sy opinie gegee niks mee verkeerd nie.

Gaitsigubib ·

Toe nie. Hy het daardie reg in sy privaat hoedanigheid maar nie by die werk terwyl hy op die lug is nie.

Amelia ·

Ek is bly hier is darem ‘n paar van ons wat met oop oë deur die lewe gaan.

Daan ·

Watse waarheid praat hy? Ek dink nie jy verstaan waaroor dit gaan nie

Alet ·

Gewonder waarom ek hom nie meer oor die radio hoor nie. Kan jy nou meer ….

Amelia ·

Ai Martin, dit klink nie of jy te veel weet van nuwe skoentegnologie nie. Dink maar aan ‘n paar Skechers. Uiters gemaklike skoene wat nie van leer gemaak is nie. Ek is nou nie ‘n Crocs fan nie, maar ek hoor hulle is ook lekker gemaklik. En nagemaakte leerprodukte is deesdae so na aan die ware Jakob dis moeilik om hulle van mekaar te onderskei.

Mel ·

Dit is heeltemaal regtig belaglik!
Wat gaan aan met die bestuur van besighede in die laaste paar jaar? Niemand gaan ophou melk drink of yogurt eet nie. Ook gaan die wat na die radio luister ophou luister nie. Niemand mag meer hulle eie opines hê nie. Wat het van goeie gesonde debattering geword? Miskien het hy iets êrens gesien waarvan ons almal moet weet. Laat hy ten minste verduidelik waarom hy so ‘n uitlating gemaak het en gee ‘n geleentheid vir ‘n apologie indien nodig en die bestuur, hulle is joernaliste, ondersoek die man se stelling. Gaan kyk wat gaan aan op die melk plase en rapporteer aan ons! Julle optrede is kommunisties.

Poot ·

@Mel
Die bestuur is bang hulle kry ñ siviele eis teen die stasie. So kom ons dank vir Mann af en “dotch the bullet”

Johann cb ·

Ek stem 100% met jou saam Mel! Die hele episode, en die meeste se kommentaar, is absoluut eensydig! Ek woon in PE en gaan nie nou meer of minder na Algoa luister, of Woodlands boikot nie! Gee elke ou ‘n regverdige kans op sy/haar eerlike opinie!

Hannah ·

Poot, dalk as jy ‘n bullet kan dodge, moet jy weer kommentaar lewer. Om ‘n bullet te “dotch” is onmoontlik. Hoor hoor vir AL die boere in ons land en sommer vir AL die boere in die wêreld. Julle kry beslis nie die erkenning of waardering wat julle toekom nie.

Cherokee ·

Wat van die modelle op Internet-advertensies wat produkte adverteer en hoog aanskryf terwyl hulle in werklikheid ‘n gly het daarin en iets absoluut anders gebruik? Ek drink Douw Egberts Espresso Style maar sal maak of Ricoffy werklik koffie is, as jy my genoeg betaal. Jy sal my meer moet betaal om dit te drink, egter!

Heidi ·

As of dit nie genoeg is dat ons boere afgemaai word op plase nie, maak mense ongegronde afleidings wat op plase aangaan. En Poot dis dodge (afgelei van Dodge ball) nie dotch nie. Ondersteun eerder die bedryf en boere as om klomp twak kwyt te raak.

Poot ·

@Heidi
Ag jammer tog vir my disleksie. Maar my siening bly dieselfde. Maatskappye is vinnig om werkers af te dank in die poging om nie aanspreeklikheid vir hul werknemers te aanvaar nie. Die Polisie is DIESELFDE.

Klippies ·

Ronaldo is n advertensie vir Herbalife, maar gebruik hy dit?

Blackies ·

Jammer om te hoor jou opinie tel nie meer. As jy nie sorg dat jou kinders vleis inkry nie en op n jong ouderdom ge-diagnoseer word as n kanker pasient nie of te kort aan yster is dit nou maar jou probleem of n tekort aan suiwel vir magnesium is dit ook jou probleem. Sorg dat jy n gebalanseerde dieet vir jou kind gee en nie op jou idee van voedsel probeer oordra aan ander nie.

SjN ·

Hoekom nie die reg om eers redes aan te voer tot sy skorsing nie, dit is mos tans voorwaardes

Wim ·

Die knaap moes ‘n wag voor sy mond geplaas het, want die betrokke produsent het sy salaris help betaal.

Vreters ·

Almal vreet lekker saam maar glo al die GOOGLE research wat hulle heeldag kamstig doen en is dan vinnig om vingers te wys teen allerande kos!!
dan hoor mens nee jy moet dit eet, dan hoor jy nee mens moenie, dan 10 jaar later is dit weer iets wat jy kan eet! Klomp leunaars man!
Die man het aanmerkings gemaak oor ‘n bedryf wat hy seker GEGOOGLE het oor wat gebeur pleks gaan kyk hy hoe dit daar gaan, die boere werk hulle alies af of julle almal se pense vol te hou, word daagliks vermoor en word ook elke dag deur SO CALLED vegans kritiseer, get a life.

JL ·

Daron Mann was ‘n fantastiese omroeper. Sy uitlatings kon altyd vertrou word, hy het geweet waarvan hy praat. Hy was nie soos van die ander omroepers wat net ‘n spul wind geblaas het nie. Dit is baie hartseer laat so ‘n goeie omroeper sy werk verloor het. Ek hoop hy duik erens anders op by ‘n groter en beter stasie.

Sirkus ·

Nou so lus vir ‘n stukkie kaas en ‘n glasie melk…Cheers!!

DVL ·

Sien dis tipies vegan / vegetarier moet altyd hulle opinie op ander wil afdwing en almal wat nie soos hulle is nie is evil of gee nie om vir diere of die mensdom nie. Net ter inligting plante lewe ook en daar is studies wat wys hulle “voel” ook pyn as hulle ge-oes / gesny word. Ek persoonlik sal nooit so kan eet nie is te lief vir my vleis maar respekteer ander as hulle nie wil nie dis hulle keuse, maar vegans wil dit op ander afdwing en het nie respek vir ander se leefstyl nie – tipiese libtards. As jy nie wil melk drink of vleis eet nie is dit jou keuse maar aanvaar dit as ek wil dis my keuse wat ek wil eet of drink dieselfde as joune. Dis ook die probleem met baie DJ’s op die lug wat dink hulle opinies is baie belangrik en almal behoort dit te hoor.

Amelia ·

DVL, as jy werklik glo plante voel pyn, dan is jy mos dubbel so erg as ‘n vegan want jy eet mos vleis EN plante.

Nog 'n PE-er ·

Dis jammer dat daar nie meer iets soos gesonde debatering is nie. Dis net ‘n oor-en-weer gebakleiery oor wie is reg en wie is verkeerd. Ek boikot Algoa FM na hiérdie insident. Ja die omroeper het moontlik buite se grense beweeg, maar was dit regtig nodig vir Algoa om die omroeper, wat baie gewild onder meeste luisteraars van Algoa was, in die pad te steek sonder om hom ‘n kans te gee om die skade te probeer herstel? Woodlands Dairy vervaardig First Choice produkte . Daar is nou ‘n roep onder baie ondersteuners om dié produkte te boikot so wie gaan die seerste kry as die boikot suksesvol is? Die boer natuurlik. Kyk wat het met Spur gebeur……….. Laat die klippe maar kom. My skouers is groot.

Heidi ·

Ek koop en sal steeds First Choice koop. Mr Mann moet dink voor hy op die lug uitbasuin. Veral tot die nadeel van ander.

GL ·

Dis belaglik om iemand af te dank oor so iets , wat van skriftelike waarskuwing. Is dit net Ek en hy wat al iets verkeerd gese het, die res van julle vat die besluit ondersteun seker nog nooit iets verkeerd gese.

Pieter ·

Ja, hy het nie reg opgetree nie, maar regverdig dit regtig sy afdanking???

Ian Smith ·

Wat ons nie weet nie is die knaap se houding toe hy oor sy aanlatings aangespreek was. Hy was tien teen een die geleenthied gebied om verskoning te vra en sy stelling te onttrek. As hy te verwaand en arrogant was om dit te doen dan is die trekpas die enigste opsie.

Frans C ·

Lyk vir my ‘n saak van botsende belange en het die radiostasie sy eie belang bo sy werknemer geplaas.’n Omroeper kan vervang word, maar ‘n adverteerder nie.Omroepers kos geld ,adverteerders beteken inkomste.

Wesley ·

Stem saam Frans. Pleks hul net so se. Maar hul kan nou nie na n klomp geld wolwe lyk nie, en sodoende die “altruïstiese” beeld voort gesit.

Dirk ·

Ek dink die afdanke was darem te kras.

Ek weet nie of dit nog so is nie maar die melkerye in die Ooskaap het 20 jaar gelede die boere lekker bevark, veral as hulle die tenke verskaf het. Hulle melk was altyd onder graad terwyl die boere wat hulle eie tenke gehad het ‘n beter bedingings mag gehad het.

Miskien moet ons van die boere self kommentaar kry.

Siende dat mense so persoonlik raak oor iets van geen belang, soos spelfoute; Maria Boshoff dit was onnodig om te noem dat Olga se spelling foutief was. Dit het niks met die onderwerp te doen nie.

Ema ·

Kleinsieligheid van melkbedryf asook AlgoaFm. Ek sal nie first choice Koop nie. Ek Boikot.

Wesley ·

Ek kom nie op vir wat Mann gese het nie, watookal sy gevoel oor die saak is syne, en sy werkgewer moet maar maak soos hul smaak, nes ek verder sal smul aan my steak en melk…

MAAR ek is so siek vir die klomp “corporates” by Algoa FM wat lieg vir die res van ons oor rede van om hom te pos. En dan glo mense dit? Rerig? Praat net die waarheid, dit gaan alles oor geld. Vra jouself, sou Algoa FM so vinnig en bedoelend hom pos as as die klagte gekom het van n gewone luisteraar soos ek en jy? Dit sou soos mis voor die son net verdwyn. Maar wanneer n sponsor nou kla, oo weee, dan het almal n “publieke diens” om te doen. Asb tog, hou net op lieg, dit is oor die geld.

Erika ·

Dit is belaglik om iemand aftedank oor dit! Of kry Algoa baie geld vir die advertensie by die Melkman?

Daan ·

Hoekom gan vegetariers altyd so an? Ek staan nooit en tjank by julle oor die diere se kos wat julle opvreet nie, nou hoekom staan en tjank julle altyd? As julle n probleem het met vleis en diere produkte, hou dit vir julle self. Dis reg dat die ou afgedank is want hy het vir my wat lief is vir suiwelprodukte indirek beledig.

M ·

Ek dink Algoa het bitjie te vinnig besluit hier. Mann was regtig die beste Dj in Suid afrika. Dit was bloot sy opinie, Vryheid van spraak is dan maar limited. Ek self eet vleis en suiwel produkte en tog verstaan ek sy punt. Slegte keuse Algoa, sal maar n ander radio stasie moet kry nou. Sterkte Mann.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.